Aerobiese respirasie Flashcards
Watter stadiums van aerobiese respirasie vind in die mitochondria plaas?
1) Kreb-siklus:
Dit vind plaas in die matrix van die mitochondria. Hier word asetiel-CoA (afgelei van glukose) verder afgebreek om energie (in die vorm van NADH en FADH₂) te produseer, en koolstofdioksied word as neweproduk vrygestel.
2) Oksidatiewe fosforilering (Elektronvervoerketting en Chemiosmose):
Dit vind plaas op die binne membraan van die mitochondria. Elektrone van NADH en FADH₂ word deur ‘n reeks proteïene in die elektronvervoerketting oorgedra, wat ‘n proton (H⁺) gradient skep. Hierdie energie dryf die sintese van ATP deur ATP-sintase, en suurstof dien as die finale elektronontvanger, wat water vorm.
Wat word energie as vrygestel wanneer glukosemulekules afgebreek word.
ATP
Omskryf Aerobiese repsirasie
Aërobiese respirasie is ‘n proses waardeur energie in die vorm van ATP gegenereer word deur die afbreek van glukose in die teenwoordigheid van suurstof, en koolstofdioksied en water word as neweprodukte te vorm.
In watter drie stadiums word aerobiese respirasie verdeel?
Glikolise, die krebs-siklus, oksidatiewe fosfolirasie.
Omskryf glikolise.
Glikolise is die eerste stadium in beide anarobiese en aerobiese respirasie en vind in die sitoplasma van die sel plaas. Glukose word in die sel afgebreek in twee pirodruiwesuur molekules en ‘n klein hoeveelhied energie word in die vorm van ATP genereer
Wat is drie produkte van glikolise?
2 Pirodruiwesuur (word gebruik tydens die krebs-siklus in aerobiese respirasie), 2 ATP (nettowins), 2 NADH (energiedraes wat elektrone na die elektronvervoerketting vervoer)
Wat gebeur tydens glikolise?
Glukose word afgebreek in twee piruvaatmolekules, met ‘n netto wins van 2 ATP en die vorming van 2 NADH. Dit vind plaas in die sitoplasma.
Wat is die Kreb-siklus?
Die kreb-siklus vind in die mitochondria plaas. Pirodruiwesuur wat tydens glikolise geproduseer word, word heeltemal in energieryke waterstofatome en koolstofdioksied afgebreek.
Wat gebeur tydens die oorgangsreaksie?
Piruvaat word omgeskakel na Asetiel-CoA, en koolstofdioksied (CO₂) word vrygestel. NADH word ook gevorm.
Wat is oksidatiewe fosforilering?
Dit is die proses waar NADH en FADH₂ elektrone aan die elektronvervoerketting oordra. Dit skep ‘n protongradient wat ATP-produksie deur ATP-sintase aandryf.
Die energieryke waterstofatome wat tydens die krebs-siklus geproduseer word, word tydens oksidatiewe fosforlilasie gebruik en die koolstofdioksied word as gas afgegee, wat uiteasem word.
Wat is die rol van suurstof in aërobiese respirasie?
Suurstof is die finale elektronontvanger in die elektronvervoerketting, wat met waterstofione bind om water te vorm.
Wat is die totale ATP opbrengs van aërobiese respirasie?
Aërobiese respirasie genereer ongeveer 36-38 ATP per glukosemolekule.
Wat is die afvalprodukte van aërobiese respirasie?
Koolstofdioksied (CO₂) en water (H₂O).
Hoekom is suurstof nodig tydens aerobiese respirasie?
Suurstof is die eindelektronontvanger in die elektronvervoerketting, en is nodig om die vloei van elektrone te handhaaf en sodoende die waterstofioongradiënt te skep wat nodig is vir ATP-sintase om te funksioneer.
Waarna verwys metaboliese tempo?
Verwys na die tempo waarteen al die chemiese reaksies in die liggaamselle plaasvind