Almal verstaan LW - Fotosintese: Die Proses van fotosintese Flashcards

1
Q

Wat is die hoofdoel van die ligfase in fotosintese?

A

Die hoofdoel van die ligfase is om sonenergie om te skakel in chemiese energie in die vorm van ATP en NADPH, wat gebruik word in die donkerfase (Calvinsiklus) om koolhidrate te vervaardig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watter energiebron is nodig om die ligfase te begin, en waar word hierdie energie geabsorbeer?

A

Sonlig is die energiebron wat nodig is. Dit word deur die chlorofilpigmente in die chloroplaste geabsorbeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Watter molekules word tydens die ligfase gevorm en wat is hulle funksies in die proses van fotosintese?

A

ATP en NADPH word tydens die ligfase gevorm. ATP verskaf energie en NADPH lewer elektrone (vir die reduksie van CO₂) vir die chemiese reaksies in die donkerfase van fotosintese.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Hoe dra water (H₂O) by tot die ligfase van fotosintese, en wat gebeur met die suurstof wat vrygestel word?

A

Water word gesplits (fotolise) om elektrone, protone (H⁺) en suurstof vry te stel. Die suurstof word as ‘n neweproduk vrygestel en in die atmosfeer vrygelaat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is die hoofdoel van die donkerfase in fotosintese?

A

Die hoofdoel van die donkerfase (Calvinsiklus) is om koolstofdioksied (CO₂) te bind en dit om te skakel in organiese molekules, soos glukose, met behulp van die energie wat in die ligfase gegenereer is (ATP en NADPH).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Watter energie-draende molekules wat in die ligfase geproduseer word, word in die donkerfase gebruik, en waarvoor dien hulle?

A

ATP en NADPH, wat tydens die ligfase geproduseer is, word in die donkerfase gebruik. ATP verskaf energie, terwyl NADPH elektrone verskaf om die CO₂ te reduseer tot glukose.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Watter rustowwe verskaf a) die koolstofatome, b0 die waterstofatome en c) die suurstofatome aan ‘n glukosemolekule?

A

Koolstofatome: Koolstofdioksied (CO₂)
Waterstofatome: Water (H₂O)
Suurstofatome: Koolstofdioksied (CO₂) en Water (H₂O

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verduidelik die stappe om die teenwoordigheid van stysel in blare te toets

A

1)Pluk die blaar:
Pluk ‘n gesonde blaar van ‘n plant wat vir ‘n rukkie aan lig blootgestel is. Dit verseker dat fotosintese plaasgevind het en stysel gevorm is.

2) Kook die blaar in water:
Plaas die blaar in kookwater vir 1-2 minute. Dit help om die selwande sag te maak en die blaar sag te maak vir verdere behandeling.

3) Verwyder chlorofil (ontkleur):
Haal die blaar uit die water en plaas dit in ‘n beker met alkohol (etanol). Plaas hierdie beker in ‘n waterbad of kook dit saggies totdat die blaar kleurloos word. Alkohol verwyder die chlorofil (groen pigment), wat dit makliker maak om die kleurverandering te sien wanneer die jodiumoplossing toegedien word.

4) Spoel die blaar in koue water:
Na die alkoholbad, spoel die blaar in koue water om dit sag te maak en dit makliker hanteerbaar te maak.

5) Toets vir stysel met jodium:
Plaas die ontkleurde blaar op ‘n skottel of piering en drup jodiumoplossing daarop. As stysel teenwoordig is, sal die blaar ‘n donkerblou of swart kleur aanneem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verduidelik die moontlike resultate wat tydens ‘n eksperiment gekry sal word om te toets vir die teenwoordigehid van stysel.

A

Positief vir stysel: Die blaar word blou-swart, wat aandui dat stysel teenwoordig is en fotosintese plaasgevind het.

Negatief vir stysel: As daar geen kleurverandering is nie, het die blaar nie stysel geproduseer nie, wat beteken dat fotosintese nie plaasgevind het nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Beskryf die stappe van ‘n ondersoek of lig vir fotosintese nodig is:

A

1) Berei die plant voor:
Kies ‘n plant wat in die sonlig gegroei het. Bedek een of meer van die blare gedeeltelik met swart papier of foelie. Dit sal verseker dat sommige dele van die blaar nie aan lig blootgestel word nie.

2) Laat die plant in lig staan:
Laat die plant vir ‘n paar uur in helder sonlig staan. Gedurende hierdie tyd sal fotosintese in die dele van die blare wat aan lig blootgestel is, plaasvind.

3) Pluk die bedekte blare:
Na ‘n paar uur, pluk die blaar/blaar wat bedek was met swart papier.

4) Kook die blaar in water:
Plaas die blaar in kookwater vir 1-2 minute om die selwande sag te maak.

5) Verwyder chlorofil (ontkleur):
Plaas die blaar in ‘n beker met alkohol (etanol) en kook dit in ‘n waterbad totdat die blaar ontkleur is en al die chlorofil verwyder is.

6) Spoel die blaar in koue water:
Spoel die blaar daarna in koue water om dit sag te maak.

7) Toets vir stysel met jodium:
Drup jodiumoplossing oor die blaar. Die jodium sal stysel in die blaar aandui.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik die moontlike resultate wat tydens ‘n eksperiment gekry sal word om te toets of sonlig nodig is vir fotosintese.

A

Blaardele wat aan lig blootgestel is: Hierdie dele van die blaar sal blou-swart kleur as ‘n teken dat stysel gevorm is, wat aandui dat fotosintese plaasgevind het.

Blaardele wat in donker bedek was: Hierdie dele van die blaar sal nie van kleur verander nie, wat aandui dat geen stysel gevorm is nie, wat bevestig dat fotosintese nie sonder lig plaasvind nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Beskryf die stappe van ‘n ondersoek of koolstofdioksied vir fotosintese nodig is:

A

1) Berei die plant voor:
Kies twee groen plant wat in sonlig gegroei het. Dit is belangrik dat die plante vir ‘n paar dae in ‘n verligte omgewing gestaan het om seker te maak dat dit gesond is.

2) Gebruik twee blare:
Kies twee iendtiese plante wat jy vir die ondersoek wil gebruik. Elke plant sal aan verskillende omstandighede blootgestel word.

3) Dek die blare af met plastieksakke:
Plaas ‘n groot plastieksak oor elke plant en verseël dit deeglik om seker te maak dat geen lug in of uit die sakke kan beweeg nie.

4) Plaas ‘n potjie met natriumhidroksied-oplossing (NaOH) in een van die sakke. NaOH absorbeer koolstofdioksied uit die lug in die sak, wat die lug in daardie sak koolstofdioksiedvry maak.

5) In die ander sak plaas jy potjie met natriumkarbonaatoplossing, voeg koolstofdioksied by die lug

6) Laat die plant in sonlig staan:

7) Pluk die blare:
Na ‘n paar uur, pluk die twee blare van die plant af vir verdere toetsing.

8) Kook die blare in water:
Plaas albei blare in kookwater vir 1-2 minute om die selwande sag te maak en fotosintese te stop.

9) Verwyder chlorofil (ontkleur):
Plaas die blare in ‘n beker met alkohol (etanol) en kook dit in ‘n waterbad totdat die blare ontkleur is en al die chlorofil verwyder is.

10) Spoel die blare in koue water:
Spoel die blare daarna in koue water om hulle sag te maak.

11) Toets vir stysel met jodium:
Drup jodiumoplossing oor beide blare. Die jodium sal stysel in die blare aandui.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verduidelik die moontlike resultate wat tydens ‘n eksperiment gekry sal word om te toets of koolstofdioksied nodig is vir fotosintese.

A

Blaar met koolstofdioksied (kontrole): Hierdie blaar sal blou-swart kleur as gevolg van styselvorming, wat aandui dat fotosintese plaasgevind het.

Blaar sonder koolstofdioksied (met NaOH): Hierdie blaar sal nie van kleur verander nie, aangesien daar geen stysel gevorm het nie, wat aandui dat fotosintese nie plaasgevind het nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Beskryf die stappe van ‘n ondersoek of suurstof tydens vir fotosintese vervaardig is:

A

Berei die plant voor:
Plaas ‘n Elodea-stingel of ‘n ander waterplant in ‘n proefbuis of groot beker wat met water gevul is.

Bedek die plant met ‘n omgekeerde tregter:
Plaas ‘n omgekeerde tregter oor die plant met die steel van die tregter bo die plant. Dit sal help om die borrels van suurstof wat vrygestel word, te versamel.

Vul die proefbuis of beker met water:
Vul die proefbuis of beker verder met water sodat daar geen lugborrels is nie.

Voeg sodiumbikarbonaat (koeksoda) by:
Voeg ‘n klein hoeveelheid koeksoda by die water. Dit dien as ‘n bron van ekstra koolstofdioksied, wat die fotosinteseproses sal stimuleer.

Plaas die opstelling in sonlig of onder ‘n lamp:
Plaas die proefbuis of beker in helder sonlig of onder ‘n lamp. Fotosintese sal nou begin plaasvind en die plant sal suurstofborrels vrystel.

Wag vir borrels:
Wag vir ‘n paar minute of langer, afhangend van die ligintensiteit. Jy sal begin om suurstofborrels te sien vorm aan die stingel van die plant.

Versamel suurstof:
As jy genoeg borrels gesien het, kan jy die borrels wat bo die wateroppervlak in die tregter of proefbuis opgevang is, gebruik vir die volgende stap.

Toets vir suurstof:
Om te bevestig dat die gas suurstof is, hou ‘n gloeiende houtspatel of vuurhoutjie by die mond van die proefbuis waar die borrels gevorm het. As die vuurhoutjie helder opvlam, is dit ‘n bewys dat die gas suurstof is, aangesien suurstof vlamme bevorder.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verduidelik die moontlike resultate wat tydens ‘n eksperiment gekry sal word om te toets of suurstof tydens nodig fotosintese vrygestel is.

A

As die houtspatel of vuurhoutjie helder opvlam, beteken dit dat suurstof vrygestel is. Dit is ‘n bewys dat suurstof tydens fotosintese deur die plant geproduseer is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Vir watter toets word jobium oplossing gebruik?

A

Om vir stysel te toets.

17
Q

Die oortollige glukose wat tydens die donkerfase van fotosintese vervaardig word, kan glukose in wat omskep word?

A

Dit kan in stysel geskep word om die energie wat die plant later mag nodig he te berg.

18
Q

Wat is fotosintese?

A

Fotosintese is die proses waardeur groen plante ligenergie gebruik om koolstofdioksied en water om te skakel in glukose en suurstof.

19
Q

Wat is die algemene vergelyking van fotosintese?

A

6CO₂ + 6H₂O + ligenergie → C₆H₁₂O₆ + 6O₂
(Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Glukose + Suurstof)

20
Q

Waar vind fotosintese plaas?

A

Fotosintese vind plaas in die chloroplaste van plantselle, hoofsaaklik in die blare, waar chlorofil die ligenergie absorbeer.

21
Q

Wat is die rol van chlorofil in fotosintese?

A

Chlorofil is die groen pigment in chloroplaste wat sonlig absorbeer en dit in chemiese energie omvorm vir die fotosinteseproses.

22
Q

Wat is die twee hoofstappe van fotosintese?

A

Ligfase (ligafhanklike reaksies) – Gebeure wat ligenergie vereis.
Donkerfase (Calvin-siklus of ligonafhanklike reaksies) – Waar glukose gevorm word.

23
Q

Waar vind die ligfase plaas?

A

Die ligfase vind plaas in die tielakoïedmembrane van die chloroplaste.

24
Q

Waar vind die donkerfase plaas?

A

Die donkerfase vind plaas in die stroma van die chloroplaste.

25
Q

Waarom is koolstofdioksied noodsaaklik vir fotosintese?

A

Koolstofdioksied word gebruik in die donkerfase van fotosintese om saam met water glukose te vorm, wat as energiebron vir die plant dien.

26
Q

Hoe word suurstof tydens fotosintese vrygestel?

A

Suurstof word vrygestel wanneer watermolekules gesplits word tydens die ligfase van fotosintese, as gevolg van die absorpsie van ligenergie deur chlorofil.

27
Q

Wat is die rol van water in fotosintese?

A

Water verskaf die elektrone en waterstofione wat nodig is vir die produksie van energie (ATP en NADPH) in die ligfase, en suurstof word as ‘n neweproduk vrygestel.

28
Q

Hoe beïnvloed ligintensiteit fotosintese?

A

Hoe helderder die lig (hoër ligintensiteit), hoe vinniger vind fotosintese plaas totdat dit ‘n maksimum tempo bereik waar ander faktore (soos koolstofdioksied of temperatuur) beperkend raak.

29
Q

Hoe beïnvloed temperatuur fotosintese?

A

Fotosintese werk optimaal binne ‘n spesifieke temperatuurbereik. Te hoë of te lae temperature kan die ensieme wat betrokke is, vertraag of ondoeltreffend maak.

30
Q

Wat is die rol van ATP en NADPH in die donkerfase?

A

ATP verskaf energie, en NADPH lewer die waterstofatome wat nodig is om koolstofdioksied in glukose om te skakel tydens die donkerfase van fotosintese.