Biodiversiteit en klassifikasie Flashcards
Wat is biodiversiteit?
Dit is die verksiedenheid van lewende organismes op aarde: die aantal verskillende spesies, hulle genetiese kenmerke en die verkskeidenheid ekostelsel waarin hulle aangetref word.
Wat is die drie soorte biodiversiteit?
spesiediversiteit - die aantal spesies in enige gegewe omgewing, genetiese diversitiet - die verskeidenheid genetiese verskille binne ‘n spesie, ekologiese biodiversiteit - is die aantal ekostelsels in ‘n gegewe omgewing.
Beskryf die terme eksotiese
Eksotiese organismes is dit wat uit hulle habitat geneem is en na ‘n ander plek waar hulle nie voorkom gevat is.
Beskryf die terme inheemse
Inheems beteken dat die organisme kom natuurlik in meer as een gebied voor bv Suid Afrika.
Beskryf endemiese
Endemies beteken dat ‘n organisme slegs in een sekere gebied voor kom bv die wes kaap.
Wat is sensititiewe kerngebiede vir biodiversiteit?
Sensitiewe kerngebiede vir biodiversiteit verwys na spesifieke gebiede of ekosisteme wat buitengewone hoë vlakke van biodiversiteit het, met baie endemiese, skaars, of bedreigde spesies. Hierdie gebiede is dikwels ekologies uniek en speel ‘n kritieke rol in die ondersteuning en instandhouding van die wêreld se biodiversiteit. Sensitiewe kerngebiede is kwesbaar vir veranderinge en bedreigings soos habitatverlies, besoedeling, oorbenutting, en klimaatsverandering.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Selkern?
Prokariotiese selle: Het geen ware selkern nie; die DNA dryf vrylik in die sitoplasma.
Eukariotiese selle: Het ‘n ware selkern omring deur ‘n kernmembraan wat die DNA bevat.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Grootte
Prokariotiese selle: Klein, gewoonlik tussen 1-10 mikrometer in deursnee.
Eukariotiese selle: Groter, gewoonlik tussen 10-100 mikrometer in deursnee.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: DNA-stuktuur
Prokariotiese selle: DNA is sirkelvormig en enkel, wat beteken dat hulle een kring-DNA-molekule het.
Eukariotiese selle: DNA is in lineêre vorm en is georganiseer in verskeie chromosome in die kern.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Organelle
Prokariotiese selle: Het geen membraangebinde organelle nie, soos mitochondria of chloroplaste.
Eukariotiese selle: Besit membraangebinde organelle, insluitend mitochondria, endoplasmiese retikulum, Golgi-liggaampies, en, in plante, chloroplaste.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Selwand
Prokariotiese selle: Die meeste het ‘n selwand gemaak van peptidoglikaan (spesifiek bakterieë).
Eukariotiese selle: Plante het ‘n selwand van sellulose; dierselle het geen selwand nie, en fungi het selwande van chitien.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Voortplanting
Prokariotiese selle: Voortplanting vind plaas deur eenvoudige tweedeling (binaar-splitsing).
Eukariotiese selle: Voortplanting vind plaas deur mitose (liggaamselle) en meiose (geslagselle), wat meer kompleks is.
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Ribosome
Prokariotiese selle: Het kleiner ribosome
Eukariotiese selle: Het groter ribosome
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Beweging
Prokariotiese selle: Sommige het eenvoudige, roterende flagella wat anders is as dié in eukariote.
Eukariotiese selle: Het meer komplekse flagella en siliums wat ‘n “slag” beweging gebruik
Wat is die verskil tussen pro- en eukariotiese selle: Energiemetabolisme
Prokariotiese selle: Energieproduksie (ATP-produksie) vind plaas op die selmembraan.
Eukariotiese selle: Energieproduksie vind plaas in die mitochondria (en chloroplaste in plant- en algselle).
Gee ‘n opsomming van die verskille tussen pro- en uekariotiese selle
Prokariotiese selle is eenvoudiger, kleiner, en het geen membraangebinde organelle nie, terwyl eukariotiese selle meer kompleks is, groter, en spesifieke organelle het wat elkeen verskillende funksies verrig. Hierdie verskille maak eukariote beter geskik vir komplekse organismes en funksies, terwyl prokariote ideaal is vir eensellige organismes met eenvoudige behoeftes.
Wat is taksonomie?
Taksonomie is die studie van klassifikasie van organismes.
Wat is die binomiale naamgewingstelsel?
Dit is ‘n stelsel wat elke organisme ‘n tweedelige naam gee, bestaande uit die genus- en spesienaam (bv. Homo sapiens).
Wat is die volgorde van die taksonomiese rangorde?
Domein, Koninkryk, Filum, Klas, Orde, Familie, Genus, Spesie.
Wat beteken “genus”?
Genus is ‘n groep verwante spesies wat ‘n gemeenskaplike voorouer deel.
Wat beteken “spesie”?
n Spesie is die kleinste klassifikasiegroep, bestaande uit organismes wat kan voortplant en vrugbare nageslag kan produseer.
Wat is die drie domeine van lewe?
Bakterieë, Archaea, en Eukarya.
Watter vyf koninkryke bestaan in die tradisionele klassifikasiestelsel?
Monera, Protista, Fungi, Plantae, en Animalia.
Wat is die kenmerke van die koninkryk Monera?
Enkelsellig, prokarioties (geen selkern nie), soos bakterieë.
Wat is die kenmerke van die koninkryk Protista?
Enkelsellig of meersellig, eukarioties, soos alge en amoeba.
Wat is die kenmerke van die koninkryk Fungi?
Eukarioties, het ‘n selwand van chitien, en absorbeer voedingstowwe van hul omgewing (bv. sampioene).
Wat is die kenmerke van die koninkryk Plantae?
Meersellig, outotrofies (fotosintese), het ‘n selwand van sellulose.
Wat is die kenmerke van die koninkryk Animalia?
Meersellig, heterotrofies (kry energie deur ander organismes te eet), en het geen selwand nie.
Wat is die belang van klassifikasie?
Klassifikasie help om organismes beter te verstaan, te identifiseer en hul evolusionêre verwantskappe te bestudeer.
Wat beteken outotrofies?
Outotrofies beteken dat ‘n organisme sy eie voedsel kan maak deur fotosintese of chemosintese.
Wat beteken heterotrofies?
Heterotrofies beteken dat ‘n organisme afhanklik is van ander organismes vir voedsel.
Wat is filogenetiese klassifikasie?
Dit is die klassifikasie van organismes op grond van hul evolusionêre verwantskappe.
Wat is die gebruik van ‘n digotome sleutel?
‘n Digotome sleutel is ‘n instrument wat gebruik word om organismes te identifiseer deur ‘n reeks keuses tussen twee kenmerke
Beskryf die terme: nomenklatuur
Die proses van die benoemin van organismes
Beskryf die terme: sistematika
Die proses om organismes aan die hand van ooreenkomste en verskille in klassifikasiestelsels te organiseer
Beskryf die terme: Binominaal
‘n naam van ‘n organisme wat as ‘n genus en spesie geskryf word
Beskryf die terme: eubacteria
Prokatiotiese bakteriee
Beskryf die terme: Mycota
fungi
Beskryf die terme: Archea
Backteriee wat prokariote is en in uiterste omgewings leef, bv ysige koue.