Via Afrika LW - H2: Selle Flashcards
Wat is “µm” in wetenskap
Mikrons, ook bekend as mikrometers is ‘n lengte van meting gelykstaande aan een miljoenste van ‘n meter. (1 000 µm is gelyk aan 1 mm.)
Wat is ‘n sel?
’n Sel is die klein lewende eenheid of “boublok” waaruit die liggame van lewende organismes bestaan.
Waarvoor word ‘n ligmikroskoop gebruik?
Die ligmikroskoop (wat uit lense bestaan) word gebruik om onsigbare, mikroskopiese detail te bestudeer.
How bereken jy wat die totale vergroting van ’n mikroskoop is
die vermoë van die oogstuk (okulere lens) × die krag van die objektief wat gebruik word (objektieflens)
Wat is die formule om die werklike grootte van ’n vergrote monster te bereken?
grootte van monster (voorwerp) = grootte van beeld “oor” totale vergroting.
Wat is die formule om oorspronklike grootte met behulp van ’n skaalbalk wat op ’n mikrograaf verskaf word te bereken,
werklike grootte = grootte op diagram x getal op skaalbalk [oor] gemete lengte van skaalbalk
alle selle bestaan uit ….
‘n selmembraan, ‘n kern, sitoplasma, en organelle.
Wat is ‘n sel kern?
die beheersentrum van die sel.
Wat is ‘n selmembraan?
’n dun skeiding wat die sitoplasma omring; die sitoplasma en die selmembraan saam word protoplasma genoem.
Wat is die sitoplasma van ‘n sel?
– ’n dik, jellieagtige vloeistof wat partikels en strukture bevat
Wat is organelle in ‘n sel?
strukture wat as enkeleenhede binne die sel voorkom en waaruit die sel bestaan, wat spesifieke funksies vir metabolisme het.
Wat is die funksie van die primere selluloseselwand struktuur in ‘n plantselwand?
- Deurlatend vir gasse en water
- Verskaf vorm
Wat is die funksie van die sekondêre lignienselwand struktuur in ‘n plantselwand?
- Deurlatend vir gasse en water
- Verskaf sterk en beskerming
Wat is die funksie van die middelste lamella struktuur in ‘n plantselwand?
Gemaak van pektien en Verbind selle
Wat is die funksie van die Putte struktuur in ‘n plantselwand?
Porieë (holtes) in die selwand vir kommunikasie en vervoer
Wat is die funksie van die Plasmodesmata struktuur in ‘n plantselwand?
Drade sitoplasma wat deur die porieë in die selwand loop en die sitoplasma van selle verbind – vir kommunikasie en vervoer
Die membraan is _____________, wat beteken dat sekere stowwe daardeur kan
beweeg.
selektief-deurlatend.
In verband met eenvoudige diffusie, wat is die vereistes vir die membraan?
Hoef nie lewend te wees nie
Wat is endosmose is plantselle?
water beweeg in ’n sel in