Via Afrika LW - H1 - Kontinu Flashcards
Wat is proteiene?
Proteïene is organiese verbindings wat van koolstof, suurstof, waterstof en stikstof gemaak is; party kan fosfor, swael en yster bevat.
Proteiene bestaan uit 20 verskillende soorte _______________, wat in ’n spesifieke volgorde is. Proteïene is veselagtig, ______________ en ____________________.
aminosure. bolvormig. membraangebonde.
Wat is aminosure?
Aminosure is enkel molekules wat deur alle lewende dinge gebruik word om proteïene te maak. Jou liggaam benodig 20 verskillende aminosure om reg te funksioneer.
Noem 3 tipes enkel molekule aminosure en hulle spesefieke doeleindes.
Tripofaan - Die liggaam gebruik triptofaan om melatonien en serotonien te help maak
Glisien - Glysien dien as neurotransmitter in die sentrale senuweestelsel en het baie rolle soos antioksidant, anti-inflammatories, kriobeskermend en immunomodulerend in perifere en senuweeweefsels.
Alanien - Dit word gebruik om triptofaan en vitamien B-6 af te breek. Dit is ‘n bron van energie vir spiere en die sentrale senuweestelsel.
Wat is dipeptiede? Noem een voorbeeld.
2 verbinde aminosure - aspartaam (Kunsmatige versoeter)
Wat is tripeptiede? Noem een voorbeeld.
3 Verbinde amonisure - glutatioon (anti-oksidant)
Wat is peptone? Noem een voorbeeld
3 - 10 verbinde aminosure - peptoon of triptoon.
Wat is polipeptiede?
10-50 verbinde amonisure - verteerde dele van proteiene.
Wat is proteiene?
‘n organiese molekule bestaande uit aminosure en is veratnwoordelik vir struktuur van organisme, gespesialiseerd om ensieme en hormone te vorm.
Wat is ‘n primere proteien struktuur?
Die volgorde van aminosure wat aaneengeskakel is.
Hoe lyk ‘n sekondere proteien struktuur?
Die manier waarop ‘n ketting gevou (geplooi) of opgerol (spiraal) is.
Hoe lyk ‘n tersiere proteien struktuur?
die veselagtige of bolvormige vorm van die proteïenpolimeer
Hoe lyk ‘n kwarternere proteien struktuur?
bolvormige vorm van twee of meer proteïene wat saamgevoeg is
Hoe word proteiene gedenatureer?
Proteïene word gedenatureer wanneer die aminosuurketting of struktuur van die proteïen as gevolg van hitte, pH en sout verander. Die kettings kom los of vou weer en die proteïen funksioneer nie meer behoorlik nie.
Noem 9 gebruike van proeteiene
- stoor potensiële energie.
- bron van aminosure.
- verskaf struktuur.
- verskaf steun.
- vervoer selle in die liggaam.
- koördineer chemiese stowwe as hormone.
- verskaf beskerming as teenliggaampies.
- versnel metaboliese reaksies as ensieme.
- laat beweging deur membrane toe.
’n Deurlopende gebrek aan proteïen in ’n daaglikse dieet veroorsaak die siektes
___________ of ________________.
kwasjiorkor. marasmus.
Wat is marasmus?
Marasmus is ernstige ondervoeding - ‘n tekort aan al die makrovoedingstowwe wat die liggaam benodig om te funksioneer, insluitend koolhidrate, proteïene en vette.
Wat is kwasjiorkor?
Is ‘n ernstige vorm van wanvoeding wat veroorsaak word deur ‘n tekort aan proteïene.
Millon se reagenstoets: positief → ____________; negatief → _______________
wynrooi kleur. wit/room kleur
Biuret-toets: positief → ______________; negatief → ____________________.
violet tot pers kleur. blou kleur
Noem die toestande wat nie die stuktuur en funksie van proteiene beinvloed nie.
Lae temprature, suiwer water, neutrale pH vlakke.
Verduidelik wat ‘n model is en hoe dit in wetenskap gebruik word.
‘n Model is ‘n voorstelling van die realittiet en word gebruik om te verduidelik hoe strukture en prosesse funksioneer.
Wat is ensieme?
Ensieme is organiese verbindings met ’n spesifieke struktuur, en word gemaak van koolstof, suurstof, waterstof en stikstof; party daarvan bevat swael.
ensieme is gemodifiseerde __________.
proteïene