Bevolkingsekologie Flashcards
Wat is bevolkingsekologie?
Die studie van bevolkings
Wat is die kenmerke van ‘n bevolking?
Digtheid - aantal individue per eenheid area
Geslagsverhoudings - verhouding tussen manilike en vroulike individue
Patroon van verspreiding - hoe die bevolking oor ‘n gebied versprei wat hulle bewoon
Wat is bevolkingsparameters?
Faktore wat kenmerke van ‘n bevolking is. ‘n Bevolkingsparameter is ‘n faktor wat ‘n bevolking se grootte bepaal, asook die skommelinge wat dit oor tyd ondergaan
Noem vier bevolkingsparameters
- Geboortesyfers: die tempo waarteen nuwe individue voortplant
- Mortalitiet: Tempo waarteen individue binne ‘n bevolking sterf
- Immigrasie: Tempo waarteen nuwe individue van elders by ‘n bevolking aansluit
- Emigrasie: Tempo waarteen individue van ‘n bevolking daardie bevolking verlaat
Watter metodes word gebruik om die bevolkingsgrootte in ‘n gebied te meet?
Tel en steekproefneming
Wat is die formule om die bevolkingsgrootte te bepaal?
Bevolkingsgrootte = aantal in eerste steekproef x aantal in tweede steekproef oor aantal gemerkte individue in tweede steekproef
Watter voorsorg maatreels moet getref word met die merk-en-vrylaat-metode?
1) Kies ‘n bevolking wat stabiel is
2) Neem ewekansige steekproewe van die bevolking
3) Geen skade aan organisme berokken tydens merking
4) Merke moet hou
Noem ‘n paar digtheidsafhanklike faktore
Mededining, predasie en siektes. Dit betekn dat hulle ‘n al groter invloed op die bevolking het soos die grootte toeneem
Noem ‘n paar digtheidsonafhanklike faktor
Aardbeweing, vloede, en brande. Dit beteken dat hierdie faktore se uitwerking nie betrekking op die bevolkingsgrootte het nie.
Wat is drakapasitiet?
Die dra kapasitiet van ‘n ekosisteem bepaal die maksimum aantal individue van ‘n bevolking wat die ekosisteem kan ondersteun. Dit hou verband met die beskikbaarhied van hulpbronne
beskryf die terme omgewingsweerstand
Omgewingsweerstand verwys na die faktore in die omgewing wat die groei van ‘n bevolking beperk en keer dat dit sy biotiese potensiaal (maksimum moontlike groei) bereik. Hierdie faktore kan hulpbronbeperkings, predasie, siektes, kompetisie en ander omgewingsdrukke insluit. Omgewingsweerstand help om die grootte van ‘n bevolking binne die dra-vermoë van die ekosisteem te hou.
Omskryf die terme logiese groeikurwe
Logistiese groeikurwe verwys na ‘n bevolkingsgroeimodel wat die groei van ‘n bevolking beskryf wanneer hulpbronne beperk is. Dit toon hoe ‘n bevolking aanvanklik eksponensieel groei, maar dan stadiger raak namate hulpbronne skaars word en die bevolking die dra-vermoë van die omgewing nader
Wat is die drie hoof fases van die logiese groeikurwe?
Sloerfase, eksponensiele groeifase, stabiele fase
Wat is die twee sub-fases van die eksponensiele groeifase?
Versnelde groeifase en vertraagde groeifase
Omskryf intraspesifieke mededinging
Soort mededinging wat tussen individue van dieselfde spesei plaasvind
Wat is ‘n ekologiese nis?
‘n Ekologiese nis is die spesifieke rol en posisie wat ‘n organisme in ‘n ekosisteem inneem. Dit sluit in hoe die organisme sy hulpbronne gebruik, hoe dit met ander spesies interaksie het, en hoe dit bydra tot die funksionering van die ekosisteem. Die nis bepaal waar ‘n organisme woon, wat dit eet, en hoe dit oorleef en voortplant.
Omskryf territorialiltiet
Territorialiteit is die gedrag waar diere of organismes ‘n spesifieke gebied (terrein) afbaken en verdedig teen indringers van dieselfde spesie of ander spesies. Hierdie gebied bied toegang tot belangrike hulpbronne soos voedsel, water, skuiling en voortplantingsgebiede, en speel ‘n rol in die behoud van sosiale orde en oorlewing in ‘n ekosisteem.
Omskryf Interspesefieke mededinging
Soort mededinging wat tussen individue van verskillende spesies plaasvind