Via Afrika - H5: Plant organe Flashcards
Wat beteken isobilaterale blare?
Albei oppervlakke lyk dieselfde.
dorsiventrale blare?
Twee opervlakke verskil van mekaar.
Wat is die hoof funksie van blare?
Fotosintese, gaswisseling, transpirasie.
Waaruit bestaan die interne weefselstrke van ‘n blaar?
epidermis,mesofil, en vaatbondels
Waar is die epidermis in ‘n blaar?
buitenste deel van n blaar wat die blaar beskerm en bedek.
Omskryf mesofil van ‘n blaar
Mesofil is die interne grondweefsel wat tussen die twee epidermale sellae van die blaar geleë is; en is saamgestel uit twee soorte weefsels: die palisade-parenchiem, ‘n boonste laag langwerpige chlorenchiem-selle wat groot hoeveelhede chloroplaste bevat; en die sponsagtige parenchiem, ‘n onderste laag sferiese of eiervormige selle met min chloroplaste en baie prominente intersellulêre lugruimtes
Watse twee parenchiem weefsels is belangrik vir fotosintese?
Palissadeparenchiem en sponsagtige parenchiem
Wat is die vaatbondels in ‘n blaar?
Ook beskou as are en bestaan uit floeem en xileem
Wat is die aparte funksies van xileem en floeem in blare se vatbondels?
Xileem vervoer water na die blare en floeem dra suikers weg van die blare af.
Hoekom is daar minder huidmondjies op die dorsale oppervlak van ‘n plant?
Om oormatige waterverlies in direkte sonlig te woorkom.
Hoekom is daar aansienlik meer huidmondjies op die ventrale opppervlak van ‘n plantblaar?
Vir maksimum transpirasie
Wat is transpirasie?
‘n proses van waterverlies in blare wat water uit wortels in die plant laat op beweeg.
Hoe beweeg koolstofdioksied en suurstof deur die blaar?
Deur diffusie
Hoe beweeg water deur die plant selle?
Deur osmose.
Wat is die verskil tussen diffusie en osmose?
Diffusie verwys na die beweging van molekules van ‘n gebied met hoë konsentrasie na ‘n gebied met laer konsentrasie. Osmose is ‘n tipe diffusie spesifiek vir watermolekules wat oor ‘n semi-deurlaatbare membraan beweeg.
Waar word glukosesuikers in plante gemaak?
Glukosesuikers word in die chloroplaste van die palisadeparenchiem en sponsagtige parenchiem gemaak.
Gee die korrekte weteskaplike terme vir: Die weefsel wat gaswisseling en waterverlies in die blaar beheer?
Epidermale weefsels
Gee die korrekte weteskaplike terme vir: Die weefsel wat in die middel van die blaar aangetref word?
Mesofil weefsel
Gee die korrekte weteskaplike terme vir: Die niervormige selle waaruit die huidmondjies bestaan?
Sluitselle.
Gee die korrekte weteskaplike terme vir: Die dee van die blaar wat vir die meeste fotosintese verantwoordelik is?
Palisade Parenchiem.
Gee die korrekte weteskaplike terme vir: Die weefsel wat glukose in oplossing uit die blaar voer?
Floeem
Die bewesing van water vabuit die sluitsel snags?
Eksosmose.
Verduidelik die oopmaak proses van huidmondjies gedurende die dag.
1) Huidmondjies maak tydens die dag oop.
2) Sluitselle fotosinteeer.
3) Glukosekonsentrasie neem toe
4) Endosmose van water in sluitselle in
5) Sluitselle swel
6) Dun buitenste wande van sluitselle bult na buite uit.
7) Porie gaan oop
8) Gaswisseling en transporasie vind plaas
Verduidelik die toemaak proses van huidmondjies gedurende die nag.
1) Huidmondjies maak gedurende die nag toe.
2) Sluitselle staak fotosintese
3) Glukosekonsentrasie, neem af
4) Eksosmose van water uit die sluitselle uit
5) sluitselle word pap
6) Dun buitenste wande van sluitselle ontspan na binne
7) Porie gaan toe
8) Gaswisseling en transpirasie hou op
Noem 9 aanpassing vir plant blare om te kan fotosinteer.
Huidmoondjies, dun epidermis, deurskynende epidermale selle, groot buite-oppervlakte, palisadeparenchiem, sponsparenchiem, klamwisselingsoppervlak, vervoerstelsel (xileem en floeem) en talle chloroplaste.