Mensilke impak op die omgewing Flashcards
Omskryf klimaat
Die aarde se klimaat is die langtermyn patroon van weertoestande vir die hele planeer oor ‘n tydperk van derduisende jare en langer. Die aarde se klimaat sluit in weerkenmerke soos reenval, temprature, wind en lugdruk.
Omskryf klimaatsverandering
Klimaatsverandering is enige verandering aan die bestaande klimaatspatroon wat ‘n tydperk van honderde jare lank duur.
Omskryf globale klimaatsverandering
Dit is klimaatsverandering wat die hele planeet beinvloed.
Wat is die natuurlike oorsake van klimaatsverandering
1) Verandering in die aardas
2) Verandering aand die aarde se wentelbaan om die son
3) Verandering aan die hoeveelheid energie wat die son uitstraal
4) Verandering aan seestrome
5) Vulkaanuitbarstings
6) Veranderings aan die vlakke van kweekhuisgas in die atmosfeer
Wat is ’n kweekhuisgas?
Kweekhuisgasse is gasse in die atmosfeer wat hitte vasvang en help om die aarde warm genoeg te hou vir lewe.
Gee drie voorbeelde van kweekhuisgasse.
Koolstofdioksied (CO₂)
Metaan (CH₄)
Waterdamp (H₂O)
’n Paragraaf om die kweekhuiseffek te beskryf.
Die kweekhuiseffek is ’n natuurlike proses waardeur sekere gasse in die atmosfeer hitte van die son vasvang en terughou, wat veroorsaak dat die aarde se oppervlak warmer bly as wat dit andersins sou wees. Sonlig dring die atmosfeer binne, en die aarde straal hitte uit. Kweekhuisgasse absorbeer en reflekteer ’n deel van hierdie hitte terug na die oppervlak, wat ‘n stabiele temperatuur handhaaf. Sonder hierdie effek sou die aarde te koud wees vir lewe soos ons dit ken.
Verduidelik waarom die kweekhuiseffek vir lewe op aarde belangrik is.
Die kweekhuiseffek is noodsaaklik omdat dit die aarde se temperatuur op ’n vlak hou wat geskik is vir lewe. Dit verseker dat water in vloeibare vorm kan bly, plante kan groei, en diere en mense in ‘n bewoonbare omgewing kan oorleef. Sonder die kweekhuiseffek sou die aarde vries en onleefbaar wees.
Wat is die stappe van die kweekhuis proses?
1) Die son straal kortgolfstraling in die vorm van ultravioletstraling en kort-golfhitte-energie uit.
2) Somminge kortgolfstraling word dadelik na die ruimte toe teruggekaats en sommige dring die atmosfeer binne en verwarm die lug, land- en wateroppervlaktes van die aarde
3) Die verwarmde land- en wateroppervlaktes stel hitte-energie in die vorm van langgolfstraling in die atmosfeer vry.
4) Kweekhuisgasse in die atmosfeer absorbeer die langgolfhitte-energie wat die atmosfeer verwarm.
5) Die atmosfeer dra die langgolfhitt-energie weer oor na die land- en wateroppervlaktes sodat hulle warmer word.
6) Sommige langgolfhitte-enegrie ontsnap in die ruimte in
Wat is die hoof twee menslike aktiwitiete wat klimaatverandering kan aanspoor?
Kweekhuigasuitlatings en ontbossing
Wat is die industriele rewolusie?
Die Industriële Revolusie verwys na die tydperk in die 18de en 19de eeu (ongeveer vanaf 1760 tot die middel van die 1800’s) waarin daar groot veranderinge in tegnologie, ekonomie en samelewing plaasgevind het. Dit was ‘n oorgang van handvervaardigde produksie na gemeganiseerde produksie.
Beskryf die terme die groen rewolusie
Die Groen Revolusie verwys na ‘n tydperk (ongeveer 1940’s tot 1970’s) waarin groot vooruitgang in landboupraktyke gemaak is, met die doel om voedselproduksie wêreldwyd te verhoog om hongersnood te bekamp en groeiende bevolkings te voed. Dit is gekenmerk deur die gebruik van nuwe tegnologieë, verbeterde gewasvariëteite, en intensiewe boerderypraktyke.
Wat is die gevolge van klimaatsverandering op die aarde as geheel?
1) Meer uiterste weertoestande
2) Seevlakke wat styg
3) Veranderings aan ekosisteme
4) Verandering aan landbou
Wat is die belangrikste maniere om kweekhuisgasuitlatings te verminder?
1) Verander na hernubare vorms van energie
2) Bespaar energie
3) Herwin afval
4) Gebruik openbare vervoer
5) Gebruik skoon tegnologiee
Wat is die belangrikste maniere om koolstofputte te vermeerder?
Die bestaande bome en woude te beskerm en nuwe bome te plant
Omskryf die terme koolstofvoerspoor
‘n Koolstofvoetspoor verwys na die totale hoeveelheid kweekhuisgasse (soos koolstofdioksied, metaan, en stikstofoksiede) wat direk en indirek deur ‘n individu, organisasie, produk, of aktiwiteit oor ‘n spesifieke tydperk veroorsaak word. Dit word gewoonlik in ton of kilogram koolstofdioksied-ekwivalent (CO₂e) gemeet.
Waarna verwys die osoonlaag?
Osoon is ‘n gas wat natuurlik in die atmosfeer voorkom. ‘n Osoonmolekule is saamgestel uit drie suurstofatome en het die chemiese formule O3. Die meeste osoon word gevind in die osooslaag gevind wat in die stratosfeer is.
Wat is die doel van die die osoonlaag?
Dit beskerm die aarde teen skadelike ultraviolet-bete-straling (UVB) van die son. Osoonmolekules in die osoonlaag absorbeer UVB-straling wat die atmosfeer uit die ruimte inkom. Dit verander die hoeveelhied UVB-straling wat die aarde se oppervlakte bereik.
Omskryf Osoonuitputting
Dit is die vermindering van die hoeveelheid osoon in die stratosfeer
Wat is die twee belangrikste menslike aktiwiteite bydra tot osoonuitputting?
Gasse gebruik wat chloor bevat en broom
Omskryf waterbeskikbaarheid?
Waterbeskikbaarheid is die hoeveelheid vars water wat vir mense beskikbaar is en vir die ekosisteme wat daarvan afhanklik is.
Omskryf vars water
Vars water is water met lae vlakke opgeloste soute en is geskik om te drink. Vars water is noodsaaklik vir alle lewe, goeie higiene, landbou, mynbou, industriee en die gesonde funksionering van ekosisteme
Wat is die twee belangrikste voorrade van vars water?
Oppervlakwater en grondwater
Omskryf oppervlakwater
Di is die water wat op die oppervlak van die grond in waterstukture soos riviere voorkom
Omskryf grondwater
Dit is die water wat ondergronds gevind word in ruimtes tussen sanddeeltjies en die krake in rotse. Grondwater word gevorm wanneer reenwater in die grond insink deur die proses van infiltrasie en in die ruimtes wn krake in die rotse daaronder inloop.
Omskryf ‘n waterdraer
‘n water draer is ‘n ondergrondse laag los sand of rots met baie ruimtes en krake wat water deurlaat
Watter faktore beperk waterbeskikbaarheid?
1) Lae jaarlikse reenval
2) Oneweredige verspreiding van reenval
3) Seisoenale reenval
4) Wisselende reenval
5) Hoe verdampingsvlakke
6) Lae oppervlakafloop
Waarvoor word water die meeste gebruik?
1) Stedelike en huisgebruik
2) Besproeiing en bosbou
3) Mynbou en industriee
4) Omgewing
Watter menslike aktiwitiete beinvloed waterbeskikbaarheid?
1) Bou van damme
2) Vernietinging van vleilande
3) Swak landboupraktyke
4) Boorgate
5) Eksotiese plantasies
6) Verkwisting
7) Verstedeliking
8) Besoedeling
Omskryf die nationale waterwet van Suid Afrika
Die Nasionale Waterwet is in 1998 ingestel om Suid-Afrika se waterhulpbronne op ‘n volhoubare en billike manier te bestuur. Hierdie wet erken dat water ‘n nasionale bate is wat behoorlik bestuur moet word om aan die behoeftes van alle Suid-Afrikaners, die ekonomie en die omgewing te voldoen.