Ontkennende Vorm Flashcards
Hoeveel “nie’s” is daar in ‘n ontkennende sin?
Twee
Waar kom die eerste “nie”?
Na die werkwoord.
Waar kom die tweede “nie”?
Aan die einde van die sin.
Wat is die ontkennende vorm van:
Ek lees ‘n boek.
Ek lees nie ‘n boek nie.
Antwoord die bevel ontkennend:
Sit!
Nee, ek wil nie sit nie.
Antwoord die bevel ontkennend:
Staan!
Nee, ek wil nie staan nie.
Skryf die sin in die ontkennende vorm:
Ek het ‘n padda in die pad gesien.
Ek het nie ‘n padda in die pad gesien nie.
Skryf die sin in die ontkennende vorm:
Het jy al ooit die paddalied gehoor?
Het jy nog nooit die paddalied gehoor nie?
Antwoord ontkennend:
Staan jy vroeg op?
Nee, ek staan nie vroeg op nie.
As jy ‘n vraag ontkennend beantwoord, verander “jy” na…
“ek”
Soms word ‘n “n” vooraan ‘n woord gelas om die ontkenning te vorm. Hoeveel “nie’s” moet dan in die sin verskyn.
Nog een, aan die einde van die sin.
iemand
niemand
êrens
nêrens
al ooit
nog nooit
iets
niks