Kreatiewe Denke (Gr10 & 11) Flashcards
Wat is die drie sleutelelemente wat die 3 P-model uit bestaan?
Persoon, Prosess, Produk
Waaroor gaan die eerste element in die 3 P-model, Persoon?
Dit is die persoon (die entrepreneur en sy/haar span) wat die belangrikstee pomponent van die kreatiwiteitsproses is in ‘n besigheidsomgewing.
Die linkerbrein laat watse tipe denke toe?
Logiese, rasionele, wiskundige, en gedetailleerde denke
Die regterbrein laat watse tipe denke toe?
Kuntige, emosionele, buigsame, en oorspronklike denke
Watse drie faktore vorm deel van ‘n kreatiewe persoon?
Kundigheid, Motivering, kreatiewe denkvaardigheid.
Wat sluit kundigheid in?
Sluit in ‘n persoon se kennis, vaardighede en ervaring wat in ‘n sekere situasie toegepas kan word.
Wat beslryf motivering, as ‘n faktor van ‘n kreatiewe mens?
Motivering kan beskryf word as ‘n katalisator wat ‘n handeling of aksie aanmoedig. Motivering kan die vorm van ‘n intrensieke of ekstrensieke belonning aanneem.
Wat is kreatiewe denkvaardighede?
‘n Manier waarop mense dink om probleme op te los.
Waaroor gaan die tweede element in die 3 P-model, Proses?
Verwys na die proses wat toegepas word om kreatief te dink
Wat is die vier stappe van kreatiewiteit?
1) Indeitifiseer ‘n geleentheid gebaseer op ‘n behoefte wat nie bevredig is nie.
2) Bedink die idee tot jy seker is jy verstaan dit heeltemal.
3) Verander die idee in ‘n produk of diens wat teen ‘n wins verkoop kan word.
4) Patenteer of kopiereg.
Wat is drie probleemoplossing-tegnieke vir kreatiewiteit?
SSGB analise, dinkskrum, PESTLE, 5W en H, Assossiasie, probleem-ommekering
Waarnaa verwys die 5W en H probleem oplossings tegniek?
Hierdie tegniek verei dat die persoon die volgende moet vra om kreatief ‘n probleem te kan oplos - Wie?, Wat?, Waar?, Wanneer?, Waarom?, Hoe?
Waarnaa verwys die Assosiasie-tegniek vir probleem oplossing?
Hierdie tegniek vereis dat ‘n persoon verbande tussen verbandhoudende of nie-verbandhoudende konsepte, situasies, voorwerpe, prosesse of idees kan identifiseer om ‘n probleem op te los.
Waarna verwys die probleem-ommekeringtegniek?
Probleem-ommekering dwing ‘n persoon om die probleem van alle kante te bekyk, om sodoende die hele probleem te kan oorweeg.
Waaroor gaan die derde element in die 3 P-model, Produk?
Moontlike opsies wat die entrepreneur aan kan dink om ‘n idee te kry wat in ‘n besigheidsgeleentheid omskep kan word.