(GR10) Inligtingsbestuur Flashcards
Wat is die definisie van data?
Data verwys na al die rou/onverwerkte syfers en feite wat ingesamel word deur die besighied of die verskillende besigheidsfunksies.
Wat is dataverwerking?
Dataverwerking verwys na die transformasieproses waardeur rou data omgeskakel word na bruikbare inligting.
Wat is die rol van inligtingbestuur in besluitneming?
Inligtingbestuur behels die gebruik van verwerkte inligting om ingeligte besluite te neem.
Wat gebeur na besluitneming op grond van inligting?
Nadat besluite geneem is, word die nodige aksies of optrede in werking gestel.
Watter tipe besluite neem topbestuur?
Topbestuur neem strategiese besluite.
Watter bestuurders maak taktiese besluite?
Middelbestuurders soos bemarkings- of produksiebestuurders neem taktiese besluite.
Wat is operasionele besluite?
Operasionele besluite verwys na dag-tot-dag besluite wat deur laervlakbestuur geneem word
Wat is die belangrikste kenmerk van ‘n goeie inligtingsbestuurstelsel in terme van kwaliteit?
Akkuraatheid is van kardinale belang vir die neem van kwaliteit besluite.
Hoekom moet ‘n inligtingsbestuurstelsel buigsaam wees?
Dit moet in staat wees om inligting in verskillende formate te verskaf om bestuur te help met besluitneming.
Wat beteken dit as ‘n inligtingsbestuurstelsel betroubaar is?
Die inligting wat dit verskaf, moet korrek en konsekwent wees.
Hoekom moet data verwerkingsprosesse simplisties wees?
Simplistiese prosesse verseker dat inligting akkuraat, betroubaar en maklik verstaanbaar is.
Wat is gesentraliseerde inligtingversameling?
Alle inligting word na een punt versamel en verwerk.
Wat is gedesentraliseerde inligtingversameling?
Inligting word by verskillende punte ontvang en verwerk, soos in verskillende departemente of geografiese areas.
Wat beteken bruikbaarheid in die konteks van ‘n inligtingsbestuurstelsel?
Dit verwys na die stelsel se vermoë om inligting te verskaf wat prakties en toepaslik is vir bestuursbesluite.
Waarom moet die koste van ‘n inligtingsbestuurstelsel laag gehou word?
Om te verseker dat die stelsel ekonomies is sonder om die kwaliteit van data verwerking te benadeel.