(Gr11) Risikobestuur Flashcards
As wat kan risikobestuur gedefinieer word as?
Risikobestuur kan gedefinieer word as die ontleding van die waarskynlikheid dat ‘n gebeurtenis kan plaasvind en dan moet pro-aktiewe beplanning in plek wees om die moontlike negatiewe impak op die besighied te minimaliseer / verminder / verklein.
Op watter maniere kan risiko bekou word?
Bloot onserkerheid, bedreiging, of geleentheid
Waar moet risikobestuur geintegreer word?
Risikobestuur moet dus geintegreer word in die strategiese beplanning van die besighied.
Hoekom word risikobestuur geimplementeer?
Om te verseker dat die strategiese plan en die besighiedsfunksies ooreenstem / in lyn met mekaar is.
Watter drie faktore beinnvloed hoe ‘n besighied risiko beskou?
Risikoprofiel en risikokultuur
Wat behels risikoprofiel?
Verwys na die mate waartoe ‘n besighied bereid is om risiko’s te aanvaar in hul strewe om waarde te skep of om die besighied se doelstellings te bereik.
Waarna verwys risikokultuur?
Die risikokultuur binne ‘n besigheid is die ruseltaat van ‘n besigheid se paktyke soos byvoorbeeld belongings vir optredes om risiko’s te waag of risiko’s te vermy.
Noem 6 tipe risiko’s:
Bedryfsrisiko, landsrisiko, omgewingsrisiko, finansiele risiko, strategiese risiko, reputasierisiko.
Wat behels bedryf’s risiko en wat sluit dit als in?
Die risiko wat geassosieer word met die interne bedryf van die besigheid. Dit kan insluit sisteme / prosesse, organisatoriese strukture, mense, produkontwikkeling
Wat behels landsrisiko en watter faktore moet in ag geneem word?
Die risiko’s wat verband hou met bedryf van besigheid in ‘n spesefieke land met inagneminng van politieke gebeure, ekonomiese toestande, regulerende stabiliteit / onstabiliteit binne ‘n land
Wat behels omgewingsrisiko’s?
Omgewingsrisiko’s kan fisiese omgewingsrisiko’s (vloede, brande, droogtes wat lei tot probleme om grondstowwe wat benodig word te verkry) wees of besigheidsomgewingsrisiko’s (sosio-ekonomiese faktore, tegnologiese ontwikkelinge, kompetievlakke).
Waht behels finansiele risiko’s en wat sluit dit als in?
Finansiele risiko’s word geassosieer met die finansiele bedryfsfunksies van die besigheid en sluit-in kredietrisiko, verandering in wisselkoerse, rentekoers verhoogings, faktore wat ‘n negatiewe impak kan he op die besighied se kontant vloei (likiditeitsrisiko)
Wat behels reputasei risiko?
Reputasierisiko is die skending van ‘n besighied se reputasie (handelsnaam) as gevolg van besigheidspraktyke.
Wat behels strategiese risiko’s?
Die risiko’s wat geassosieer word met die oorkoepelende formulering en implementering van die stratgie van die besigheid.
Wat is die volgende stap wanneer ‘n besighied die potensiele impak van die risiko bepaal het?
Dit besigheid moet bepaal hoe die risiko gehanteer gaan word deur te kapitaliseer op die besighid sesterkpunte, die interne swakpunte te hanteer en die mededinger se swakhede uit te buit.