(GR11) Bemarking Flashcards
As wat kan bemarking beskryf word?
Bemarking kan beskryf word as al die aktiwiteite wat ‘n impak het op die beeld van die besighied en die klient se besluit om die produk of diens te koop of nie te koop nie.
Watse tipe aktiwitiete betrek bemarking?
Bemarking betrek alle aktiwiteite wat geemik is op ontwikkeling en die behoud van ‘n mededingende voordeel.
Wat behels marknavorsing en -ontwikkeling?
Navorsing om die gedragpatrone van die verbruiker te verstaan, en ook om te verstaan op watter manier die verbruiker verag dat die produk / diens gelwer moet word.
Wat behels promosie?
Om die teikenmark in te lig oor die produk of diens van die handelsmerk.
Wat behels logistiek en verspreiding?
Die beweging van die produk / diens om te verseker dat die produk / dien die gewenste mark betyds bereik.
Waarna verwys verkope?
Verwys na die oordrag van eienaarskap van die produk of diens van die besighied na die klient.
Noem drie mikpunte vir die bemarking funksie.
1) Die skep en instandhouding van ‘n mededingende voordeel
2) Ontwikkeling van nuwe produkte of verbetering van bestaande produkte / dienste
3) Indentifiseering van nuwe markte om te betree, globaal of plaaslik.
Wat word bedoel met die term Marksegmentasie?
Marksegemtasie verdeel die algehele mark in verskillende groepe et die doel om die besighied se bemarkingshulpbronne te fokus op kliente wat soortgelyke kenmerke en dus soortgelyke behoeftes en begeertes het
Wat is die elemente van bemarkingsamestelling?
Produk, prys, plek, promosie-kommunikasie
Wat behels die bemarkingsamestelling element produk?
Sluit in die kenmerke van die produk / diens, verpakking, logo, en handelsmerk in.
Wat behels die bemarkingsamestelling element prysbeleid?
Die prysbeleid hou die geld ingedagte wat die teikenmerk bereid is om te betaal in ruil vir die produk/diens
Wat behels die bemarkingsamestelling element plek?
Verwys na verskillende kanale wat gebruik kan word om te verseker dat die produk / diens binne die marksegment se bereik geplaas word.
Wat behels die bemarkingsamestelling element promosie?
Betrek die inligting wat aan die teikenmark verskaf word rakende die produk/diens
Wat is die model wat tydens die ontwikkeling van ‘n nuwe produk gebruik word?
1) Genereer idees
2) Ondersoek / filter die verskillende idees
3) Doen lewensvatbaarheid- en uitvoerbaarheidstudies
4) Bou ‘n prototipe en identifiseer probleme
5) Toets die produk in die mark deur die produk aan ‘n klein marksegement bekend te stel.
6) Stel die produk bekend of skraap dit
Wat is die verskillende stadiums van ‘n produk se lewensiklus?
1) Ontwikkeling
2) Bekendstelling
3) Groei
4) Volwasse
5) Afname / ontrekking
Wat moet die besighied van bewus wees tydens die Groei fase?
Die besigheid moet bewus wees van hoe mededingers reageer op die bekendstelling van die produk ten einde sy promosie- en prysstratgiee aan te pas om sy mededingend te bly.
Op watter maniere kan die lewensiklus van ‘n produk/diens verleng word?
Nuwe variasies, nuwe markte te betree, ontwikkeling, verpsreidingskanale, promosie, prys
Hoekom is verpakking belangrik?
1) Beskerm die produk teen skade.
2) Maak die produk makliker om te hanteer
3) Maak die produk makliker om te gebruik.
4) Help met vervoer en berging
5) Advertensiedoeleindes
6) Dra by tot die versterking van die handelsmerk se beeld.
7) Bevat belangrike inligting oor die produk.
Noem en beskryf 6 prysstrategiee
1) Kosteplus-pryings: Kyk na die vervaardigingskoste van die produk en reken dan ‘n persentasie wins byvoeg.
2) Prysglyery: Die produk word teen ‘n hoe prys verkoop en regverdig die prys op grond van die uniekheid daarvan
3) Penetrasieprysing: Die produk word teen ‘n lae prys verkoop wanneer dit die mark betree om so veel as moontlik mense te lok.
4) Mededingende Prysing: Die besigheid en mededingers het soortgelyk dieselfde.
5) Promosieprying: Die besigheid sal ‘n laer prys aandbied oor ‘n sekere tydperk of selfs twee items verkoop vir die prys van een.
6) Sielkundige prysing
Waarna verwys verspreidingskanaal?
Verwys na die verskillende stukture/plekke waardeur die produk beskikbaar moet wees om die beplande teikenmark te bereik.
wat moet ingedagte gehuo word wanneer ‘n besigheid besluite maak oor ‘n verspreidings kanaal?
Tipe produk, ligging van kliente, kooptyd/kooptendense en mededingers
Wat is handelsooreenkomste?
Ooreenkomste wat aangegaan word tussen verskillende lande met die doel om handel tussen die lande te verhoog.
Wat is invoerbelasting?
Tipe belasting wat aan SAID betaal word wanneer goedere ingevoer word.
Wat is uitvoersubsidies?
Waar die prys om produkte uit te voer laag gehou word sodat besighede in internasionale markte kan handel.
Wat is invoerkwotas?
Die hoeveelheid produkte wat die land mag inkom.
Waarna verwys IE?
Intelletuele eiendom verwys na die beskerming van ‘n persoon se werk (uitvindings, kunswerk, simbole, name, beelde, geskrewe werk ens)
Waar word IE gerigestreer?
Companies and inntellectual property’s commission (CIPC)