(Gr11) Spanwerk en Konflikbestuur Flashcards
Wat is die eerste fase van spanontwikkeling?
Vormingsfase
Wat gebeur in die stormfase van spanontwikkeling?
Spanlede besluit met wie hulle persoonlike verhoudings vorm, kompiteer met mekaar, en daag mekaar selfs uit.
In watter fase is spanlede gemaklik in hul rolle en kommunikeer vrylik?
Normeringsfase
Wat kenmerk die prestasiefase van spanontwikkeling?
Spanlede weet wie wat hoe moet doen en ondersteun mekaar.
Wat is die laaste fase van spanontwikkeling?
Ontbindingsfase
Hoe kan spandinamika gedefinieer word?
As die interaksie tussen spanlede se persoonlikhede, karaktereienskappe en verhoudings met mekaar.
Wat is die gevolg van goeie spandinamika?
Beter produktiwiteit en ‘n positiewe atmosfeer binne die span.
Wat kan slegte spandinamika veroorsaak?
Swak spanwerk en prestasieverlies.
Watter rol vervul die Evalueerder volgens Belbin se teorie?
Die Evalueerder monitor situasies om geleenthede te identifiseer en strategieë te ontwerp.
Watter tipe spanlid is die Plant volgens Belbin se teorie?
‘n Kreatiewe persoon wat buite die boks dink om probleme op te los.
Watter spanrol vervul die Voltooier?
Pligsgetrou en proaktief, soek vir foute en leemtes om seker te maak die eindproduk word betyds gelewer.
Watter rol het die spanwerker volgens Belbin se teorie?
‘n Diplomaat wat luister en probeer almal kalm hou om konflik te vermy.
Wat is funksionele konflik?
Konflik wat hanteer word op ‘n manier met ‘n positiewe uitkoms, wat kan lei tot verbeterde kommunikasie en kreatiewe probleemoplossing.
Wat is disfunksionele konflik?
Konflik wat lei tot laer produktiwiteit en ‘n negatiewe werksomgewing.
Hoe kan jy voorkom dat jy oorlaai word by die werk?
Jy het die reg om “nee” te sê vir addisionele werk.