Besigheid - Besigheids Omgewing (Gr10&11) Flashcards
Wat is twee metodes om stretegiee te ontwikkel in ‘n mikro omgewing?
Die sterkpunte en swakpunte van die SSGB analise (Strekpunte, swakpunte, geleenthede, bedreigings)
Wat is twee metodes om stretegiee te ontwikkel in ‘n mark omgewing?
Die geleenthede en bedreigings van die SSGB analise, en Porter se 6 kragte/faktore
Wat is twee metodes om stretegiee te ontwikkel in ‘n makro omgewing?
SSGB analise en die PESTLE analise
Waarvoor staan die PESTEL analise?
Politiek, ekonomie, sosiaal, tegnologie, omgewing (enviroment), wetgewing (Legal)
Wat is omgewingsontleding?
Is ‘n proses wat relevante data sistematies ondersoek en interpreteer om interne sterk en swakpunte, en eksterne geleenthede en bedreigings te indentifiseer, wat toekomstige besluite kan beinvloed.
Wat is die drie omgewings waarin ‘n besigheid kan ontwikkle?
Mikro, Mark, Makro
Wat is ‘n mikro omgewing?
Dit in die interne omgewing van ‘n besigheid wat jy kan beheer
Wat is ‘n makro omgewing?
Dit is buite die besigheid en kan nie beheer word nie
Wat is ‘n mark omgewing?
Dit is buite die besigheid en kan nie beheer word nie. Dit is die mark waarin die besigheid handel.
Wat is die twee sektore van die besigheidwereld?
Openbare sektor en die privaatsektor
Wat is besighede in die openbare sektor gedefinieer as?
Besighede wat besit is die deur regering om kollektiewe goedere en dienste te lewer.
Wat is besighede in die privaatsektor gedefinieer as?
Gestig deur entrepreneurs met die doel om kliënte se behoeftes en begeertes te bevredig.
In watter twee sektore kan die privaatsektor gedeel word?
Informeel en formeel
Wat se tipe besighede bestaan die formele sektor van die privaatsektor uit?
Die formele sektor bestaan uit besighede wat geadministreer en bestuur word volgens die wette van die land soos bepaal deur die regering en betaal belasting en dra by tot die BBP van die land.
Wat se tipe besighede bestaan die informele sektor van die privaatsektor uit?
Besighede wat nie voldoen aan die wetlike vereiste van belasting betaal nie en word dus nie ingelsuit by die berekening van BBP nie.
In watter vyf sektore kan die ekonomie verdeel word?
Primere sektor, sekondere sektor, tersiere sektor, kwaternere sektor, en vyfdelige sektor.
Wat se tipe aktiwiteite is betrokke in die primere sektor van die ekonomie?
Aktiewiteite in hierdie sektor van die ekonomie is betrokke by die betrekking of ontginning van rou-materiale/grondstowwe vanuit die aarde, bv boerdery, mynbou, visserye, ens.
Wat gebeur in die sekondere sektor van die ekonomie?
In die sekondere sektor word die grondstowwe wat ontgin word in die primere sektor, verwek tot vervaardigde goedere. Alle vervaardigings en konstruksie aktiwiteite in die ekonomie vind hier plaas
Wat gebeur in die tersiere sektor van die ekonomie?
In die tersiere sektor word goedere en dienste verkoop. besighede in hierdie sektor kan kleinhandel-besighede insuilt wat vervaardige goedere verkoop, verspreidingsbesighede, vermaaklikheid, ens.
Wat bestaan die kwartenere/vierdelige sektor van die ekonomie uit?
Hierdie sektor bestaan hoofsaaklik uit intellektuele aktiwiteite en kennisgebasseerde aktiwiteite wat gemik is op toekomstge groei en ontwikkeling.
Wat word die vyfdelige sektor van die ekonomie beskou as?
Hierdie sektor word dikwels beskou as ‘n uitbreiding op die vierdelige sektor en verwys na besluitneming op die hoogste vlakke van die samelewing.
Aktiwiteite in die vyfdelige sektor sluit in besluite op watter vlak?
Aktiwiteite sluit in besluite wat op regeringsvlak geneem word, topbestuurfunksies, in groot besighede en universiteite, sowel as kultuuraktiwiteitte en die media.
Besluite wat in die vyfdelige sektor geneem word het ‘n groot impak op die __________________ en die _______________________ ekonomie
gemeenskap. algemene.
Wat is die defenisie wat bedoel word met die term “besigheid”?
‘n Besigheid verwys na die spesifieke prosesse wat waarde toevoeg tot ‘n ekonomiese samelewing en/of tot die spesifieke land waarbinne dit funksioneer.
Wat is die vier produksiefaktore wat op ‘n volhoubare wyse gebruik moet word in ‘n besigheid?
grondstowwe, finansiele kapitaal, menskanitaal, en entrpreneurskap.
‘n Mededingende voordeel kan gebaseer word op en, of ‘n kombinasie van wat se faktore?
Gehalte, prys, gebruik van tegnologie, diensvlakke, voortreflike gebruik van hulpbronne, en ligging van die besigheid.
Wat is 7 langtermyn doelstellings van ‘n besigheid?
Oorlewing, winsgewendheid en groei, produktiwiteit en doeltreffendheid, mededingende voordeel, werknemer ontwikkeling en verhoudinge bou, tegnologiese ontwikkeling, sosiale verantwoodelikheid
Wat se elemente behels die mikro-omgewing
Die besigheidfunksies, hulpbronne, besigheidsbeleid, besigheidskutluur, skruktuur
Wat is topbestuursfunksie verantwoordelik voor in ‘n besigheid?
Die ontwikkeling van ‘n strategiese plan vir die besigheid met die doel om die algehele prestasie en winsgewendheid van die besigheid te verbeter.
Wat is ‘n besigheids visie?
Is soos die padkaart na die toekoms wat die besigheid gebruik om te bepaal en te beskryf waar die besigheid graag in die toekoms wil wees.
Wat is ‘n besigheids missie en wat behels dit?
Is die verfyning van die visie en spesifiseer die rede hoekom die besigheid bestaan. Dit beskryf wie ons is, wat ons doen en wat ons waardestelsel is
Wat is ‘n besigheid se doelwitte en doelstelling
Doelwitte is langtermyn-suksesse wat die besigheid wil bereik, terwyl doelstellings korttermyn-teikens is.
Wat is die besigheid-strategie?
Beskryf die plan van aksie wat geimplementeer moet word om die doelwitte en doelstelling te bereik.
Die taak van bestuur sluit in:
Beplanning, organisering, leiding, beheer, kommunikasie, koordinasie, belsuitneming, delegering, dissipline, motiveering