(GR10) Produksiebestuur Flashcards
Wat is produksiebestuur?
Produksiebestuur verwys na die bestuur van prosesse wat waarde skep om die behoeftes en begeertes van verbruikers te bevredig.
Wat is nog ‘n naam vir die produksiefunksie?
Bedryfsbestuur.
Wat is die rol van die aankoopfunksie in produksie?
Aankoopfunksie verkry die nodige materiaal/hulpbronne vir die produksiefunksie om goedere of dienste te vervaardig.
Wat doen die produksiefunksie met die aangekoopte hulpbronne?
Dit gebruik die hulpbronne om dienste of goedere te vervaardig wat aan die teikenmark bemark sal word.
Wat is die taak van die bemarkingsfunksie in produksie?
Die bemarking van vervaardigde goedere en dienste aan die relevante teikenmark.
Wat moet ‘n besigheid verseker voordat dit begin vervaardig (Inset)?
Die korrekte grondstowwe, kennis, kapitaal, inligting en gehaltemeganismes moet in plek wees.
Wat moet ‘n bestuurder verseker tydens transformasie?
Die korrekte fasiliteite, arbeid en kapitaal moet in plek wees om insette in uitsette om te skakel.
Wat is die finale produk of diens in die produksieproses?
Die uitsette wat volgens ‘n sekere gehalte of standaard vervaardig is.
Wat beteken ‘n fabriek se uitleg?
Die fisiese plasing van toerusting wat gebruik word vir die produksieproses in die fabriek.
Noem een voordeel van ‘n doeltreffende fabrieksuitleg.
Verbeterde produktiwiteit, veiligheid, of gehalte van goedere.
Wat is massaproduksie?
‘n Stelsel waar gestandaardiseerde produkte in grootmaat geproduseer/vervaardig word.
Wat is stukwerkproduksie?
Stukwerkproduksie verwys na ‘n stelsel waar een taak of vervaardigingsproses klaar gemaak word voordat ‘n nuwe proses begin word, dikwels volgens kliente se spesifikasies.
Wat is spul- of groepproduksie?
‘n Stelsel waar groot hoeveelhede van soortgelyke produkte op ‘n slag gemaak word, en een groep moet klaar wees voordat die volgende begin.
Wat is kombinasieproduksie?
‘n Stelsel wat massaproduksie, stukwerkproduksie, en spulproduksie kombineer deur middel van tegnologie.
Wat behels produkspesifikasie?
Die standaardisering van metodes en materiale in die produksieproses om gehaltestandaarde te bepaal.
Watter faktore beïnvloed die keuse van fabriekperseel?
Nabyheid van hulpbronne, beskikbaarheid van arbeid, beskikbaarheid van dienste, en streekregulasies.
Wat is die doel van materiaalbestuur?
Om te verseker dat die korrekte voorraad beskikbaar is op die regte tyd en plek vir gladde produksie.
Noem een veiligheidsmaatreël in produksie.
Gereelde opleiding van werknemers oor veiligheidsmaatreëls.
Wat is die verskil tussen voorkomend en deurlopende onderhoud?
Voorkomende onderhoud verhoed dat masjiene breek, terwyl deurlopende onderhoud roetine-ondersoeke insluit.
Wat behels die werkplan in produksie?
Die mees doeltreffende volgorde van die produksieproses bepaal.