Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (KSV) (GR11) Flashcards
(32 cards)
Wat is korporatiewe sosiale verantwoordelikheid?
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KSV) is ‘n maatskappy se verbintenis om die sosiale, omgewings- en ekonomiese gevolge van sy bedrywighede verantwoordelik en in lyn met publieke verwagtinge te bestuur.
Bv die drie P’s van besigheid - Planeet, sosiaal(people), wins(profit)
Wat se 8 kwessies moet die besighied aanspreek, in terme van KSV implementeering?
Misdaad, armoede, onvoldoende opvoeding, werkloosheid, omgewingskwessies, swak gesondheidsdienste, ongelykhede, gelukkige behuising.
Besighede het KSV verantwoordelikeheid op watter twee vlakke?
Primere verantwoordelikheid en sekondere of breer verantwoordelikeheid.
Wat is die primere verantwoordelikheid van ‘n besigheid?
Die besigheid se verpligting om die belange van die belanghebendes wat direk deur die sukses van die besigheid geaffekteer word, in ag te neem. Dit sal werknemers en aandeelhouers insluit.
Wat is die sekondere or breer verantwoordelikheid van ‘n besigheid?
Verantwoordelikheid teenoor belanghebendes wat indirek deur die besighied se aktiwiteite geaffekteer word, bv die gemeenskap, die regering, en die omgewing.
Volgens Blowfield en Murray, moet besighede ‘n piramide, met vier vlakke, te gebruik om hul vlak van verantwoordelikheid te bepaal, wat is daai vier vlakke?
Diskresionere verantwoordelikeheid (op die boonste punt van die piramide), etiese verantwoordelikheid, regsverantwoordelikheid, eknonimiese verantwoordelikheid (op die onderste punt van die piramide)
Wat is ekonomiese verantwoordelikeheid?
OP die mees basiese vlak, is ‘n besigheid verantwoordelik daarvoor om te verseker dat dit ekonomies aktief is, dit wil se dat goedere/ dienste teen ‘n wins aangekoop word en waaruit werknemers en aandeelhouers dan kan voordeel trek.
Wat is regsverantwoordelikheid?
Alle besigehede het die verantwoordelikheid om te verseker dat dit die wette van die land waarbinne dit funksioneer onderhou. Deur die wette van die land te gehoorsaam is die besigheid ‘n verantwoordelike burger binne die breer gemeenskap.
Wat is ‘n etiese verantwoordelikheid?
Op hierdie vlak moet die besigheid verseker dat dit eties-gensonde besighiedsbesluite neem wat nie ‘n negatiewe impak op die belanghebbendes of die volhoubare toekoms van die gemeenskap en die omgewing sal he nie.
Wat is ‘n diskresionere verantwoordelikheid?
Die besigheid moet besin oor hoe en aan wie dit gaan teruggee. Dit gaan oor die bou van ‘n handelsnaam wat staan vir waardes en om dan te verseker dat hierdie waardes uitgeoefen word deur al die besigheidsaktiwiteite, intern sowel as ekstern.
Wat is die kiteria as ‘n besigheid die fokus wil plaas op volhoubaarheid?
Maak sy eie funksies omgewings-volhoubaaren en sosiaal-volhoubaar. Dra by tot ‘ volhoubare samelewing. Beinvloed verskaffers.
Wat beteken dit as ‘n besigheid sy eie funksies en ondernemings omgewingsvolhoubaar maak?
Met ‘n bewustheid en besorgdheid van die impak van besoedeling, uitputting van natuurlike bronne, en die toename in die vernietiging van die eko-sisteme moet die besigheid verseker dat dit op ‘n verantwoordelike manier optree en manier soek om vermorsing tee te werk.
Wat beteken dit as ‘n besigheid sy onderneming en optrede sosiaal-volhoubaar maak, en wat moet aangespreek word in die werksplek?
Die besighied is verantwoordelik om seker te maak dat belangrike kwessies soos SEB/BBSEB, Vig en ander gesondheids-kwessies, ontwikkeling van vaardighede, OHS-wetgewing, vakbond betrokkenheid.
Wat beteken dit as ‘n besigheid probeer om by te dra tot ‘n volhoubare sameleweing en hoekom is dit belangrik?
Die besighied fokus op die impak wat sy aktiwiteite het op die gemeenskap, omdat besighede beter funksioneer in ‘n sterk, gelukkige, en stabiele gemeenskap. Die besigheid spreek ook sosiale kwessies aan deur programme wat gemik is op gehalte onderwys en gesondheidsorg.
Wie is die belanghebendes in ‘n besigheid?
Persondeel, kliente, aandeelhouers, reguleerders, regering, media, gemeenskap, verskafers, vakbonde.
Wat is ‘n belanghebende groep?
Dit is mense wat indirek of direk geaffekteer word deur die besigheid.
Wat is die 9 stappe om ‘n suksesvolle KSV-program te ontwerp en te implimenteer?
1) Bestuur moet die belangrikheid van KSV kommunikeer met almal in die besigheid.
2) Bestuur moet ‘n KSV-beleid vir die onderneming opstel.
3) Dis Ksv-beleid word nou gekommunikeer na almal in die onderneming om seker te maak almal “koop-in”
4) Bestuur koppel KSV aan prestasie-beoordeling
5)Alle werknemerd behoort betrokke te wees by dinkskrums om KSV-idees te genereer
6) Kyk na vaardighede beskikbaar en hulpbronne benodig om KSV-programme te implementeer.
7) KSV word geimplementeer.
8) KSV programme word gemonitor.
9) Aanpassings word gemaak en verdere dinkskrums word gebruik en fasiliteerd .
Wat is die 6 beginsels waaraan ‘n besighied moet dink terwyl ‘n KSV-strategie geimplementeer word?
Konsep van burgerskap, stretegiese plan, leierskap, struktuur en bestuur, belangegroepe-verhoudings, deursigtingheid.
Waaroor gaan die KSV beginsel, Konsep van burgerskap?
Die besighied moet sy posisie binne die gemeenskap verstaan en sy verantwoordelikhede teenoor die verskillende belangegroepe besef
Waaroor gaan die KSV beginsel, Strategiese plan?
Om te bepaal wat die doel van die KSV-inisiatief gaan wees en om te verstaan hoe die KSV deel vorm van die besigheid.
Hoe pas leierskap in by ‘n KSV-strategie.
Topbestuur moet verseker dat hulle visie van die besigheid as ‘n korporatiewe burger, deel word van die allerdaagse lewe in die besigheid.
KSV inisiatiewe kan offensief of defensief, of ‘n kombinasie van die twee. Waar of Nie?
Waar.
Wat is ‘n Offensiewe KSV-inisiatief?
Offensiewe KSV sal op pro-aktiewe wyse sosiale en omgewingskwessies opneem.
Wat is ‘n defensiewe KSV-inisiatief?
Defensiewe KSV hanteer die reputasie van die besigheid/handelsnaam van die besigheid deur seker te maak dat alle aktiwitiete volgens wetlike vereistes is.