Hoofstuk 9 - IAS 12 Inkomstebelasting Flashcards
Loopende belasting: voorsiening en betaling van lopende belasting
Voorlopige belastingbetalings word gedurende die jaar gemaak:
• 1ste voorlopige betaling 6 maande voor jaareinde;
• 2de voorlopige betaling op jaareinde;
• 3de voorlopige betaling vind plaas indien 1ste en 2de betalings nie die belasbare bedrag, bereken deur die maatskappy se belasbare inkomste te gebruik, ten volle dek nie
Joernaal:
Dt Voorsiening vir belasting/SAID (SFP)
Kt Bank (SFP)
Loopende belasting: voorsiening en betaling van lopende belasting (vervolg)
Op jaareinde voorsien maatskappy die lopende belasting aanspreeklikheid i.t.v. Inkomstebelastingwet;
Joernaal:
Dt Inkomstebelastinguitgawe (W/V)
Kt Voorsiening vir belasting/ SAID (SFP)
Loopende belasting: voorsiening en betaling van lopende belasting (vervolg)
- Dien belastingopgawe in;
- Ontvang aanslag vanaf SAID met werklike belastingverpligting;
- Verskil tussen belasting betaalbaar volgens aanslag en maatskappy se voorsiening op jaareinde = onder- of oorvoorsiening.
Ondervoorsiening joernale: maatskappy skuld SAID
Dt Inkomstebelastinguitgawe (W/V)
Kt Voorsiening vir belasting/ SAID (SFP)
Oorvoorsiening joernale: SAID skul maatskappy
Dt Voorsiening vir belasting/ SAID (SFP)
Kt Inkomstebelastinguitgawe (W/V)
Tydelike verskil; Uitgestelde Belasting-saldo; beweging in Uitgestelde Belasting
Tydelike verskil = Verskil tussen drabedrag en die belastingbasis;
Uitgestelde Belasting-saldo = tydelike verskil x belastingkoers;
Beweging in Uitgestelde Belasting = Uitgestelde Belasting-saldo in jaar 1 - Uitgestelde Belasting-saldo in jaar 2
Erkenning van lopende belasting bate/las
Indien lopende belasting nog nie betaal is nie = las
Idien lopende belasting wat reeds betaal is > as bedrag verskuldig volgens die aanslag = bate
Wanneer word Uitgestelde Belasting bate en las nie erken nie?
Indien tydelike verskille ontstaan uit aanvanklike erkenning van bate;
MAAR op transaksiedatumbword nóg die rekeningkundige wins, nóg die belasbare wons geraak;
Word geen Uitgestelde Belasting erken nie
Bv: Grond en sekere geboue wat nie gewoonlik slytasie toelaes geniet nie;
Slegs v.t.o. AANVANKLIKE ERKENNING
Wanneer word Uitgestelde Belasting bate en las nie erken nie? (Vervolg)
- Indien bate later herwaardeer word, is vrystelling nie v.t.o. Tydelike verskille wat moontlik uit herwaardasie ontstaan nie;
- aangesien dit nou nie meer aanvanklike erkenning is nie
Uitgestelde Belasting en Leenkostes:
Kapitaliseer rente wat as deel van bate erken moet word;
Gedeelte van rente wat nie gekapitaliseer word nie, word erken as uitgawes deur W/V wanneer aangegaan word;
Voorsien waardevermindering op bate sodra dit gereed en in toestand vir gebruik soos beoog deur bestuur;
Leenkoste het nie ‘n belastingbasis nie, maar bate het wel, belastingbasis word vergelyk met bate se drabedrag + leenkoste