Hoofstuk 1 - IAS 2 Voorraad Flashcards
Meeting van voorraad?
Voorraad word gemeet @ laagste van kosprys of NRW
Wat is vaste produksie bokoste?
Indurekte koste wat konstant bly ongeag die volume van produksie;
Toegedeel aan normale kapasiteit
Wanneer vind onderverhaling plaas?
Werklike produksie < normale kapasiteit is;
Vaste produksie bokoste per eenheid word nie aangepas as gevolg van onderverhaling nie;
Ongeallokeerde vaste produksie bokoste word erken as uitgawe in periode waarin dit aangegaan is:
Formule = (vaste produksie bokoste / normale kapasiteit) x (normale kapasiteit - werklike produksie);
Formule vir allokasie = (vaste produksie bokoste / normale kapasiteit) x werklike produksie
Wanneer vind oorverhaling plaas?
Werklike produksie > normale kapasiteit;
Verminder die vaste produksie bokoste per eenheid sodat voorraad nie teen > as kosprys getoon word nie:
Formule = (vaste produksie bokoste / werklike produksie) x werklike produksie
Wat is veranderlike produskie bokoste?
Indirekte kostes wat verander soos wat volume van produksie verander;
Toegedeel aan werklike produksie
Wat is ander kostes?
Enige kostes aangegaan om voorraad in huidige ligging en toestand te bring
Koste van voorraad = ?
Aankoopskoste + verwerkingskoste + ander kostes
Wat is normale voorraadverliese?
Deel van die verwerkingskoste om produk te vervaardig;
Word ingesluit by koste van voorraad
Wat is abnormale voorraadverliese?
Is nie deel van proses om voorraad in ligging en toestand te bring nie;
Word as ‘n uitgawe as deel van koste van verkope erken
Wat is die tegnieke vir meeting van kostes?
Standaardkoste metode;
Kleinhandelmetode;
Werklike koste
Standaardkoste metode?
Gebasseer op normale vlakke van: Materiaal Arbeid Effektiwiteit Kapasiteitsbenutting
Evalueer op ‘n gereelde basis en pas aan indien nodig
Kleinhandelmetode?
Gebruik vir groot hoeveelhede items wat vinnig verhandel & soortgelyke winsmarges het;
Gebruik wanneer onprakties om ander metodes te gebruik;
Koste van voorraad bepaal deur verkoopprys te verminder met toepaslike bruto winspersentasie
Wat is die koste formules?
Spesifieke identifikasie metode;
Eerste-in-eerste-uit metode;
Geweegde gemiddelde metode
Spesifieke identifikasie metode?
Koste van voorraad of items wat nie normaalweg uitruilbaar is nie en goedere & dienste geproduseer en afgesonder vir spesifieke projekte;
Toegewys deur spesifieke identifikasie van die individuele koste
Eerste-in-eerste-uit metode?
Voorraad word waardeer met die veronderstelling dat alle voorraad wat eerste aangekoop is, eerste verkoop sal word
Geweegde gemiddelde metode?
Koste per item voorraad word bereken deur die geweegde gemiddelde van koste van soortgelyke items aan die begin van die periode & koste van soortgelyke items geproduseer of vervaardig gedurende die periode te bereken;
Gemiddelde mag bereken word op n periodieke basis (einde van elke jaar) of na ontvangs van elke aankope ;
Kosprys / aantal eenhede (geproduseer, aangekoop & begin voorraad)
Wat is NRW?
Soms is koste van voorraad nie ten volle verhaalbaar nie, as gevolg van beskadiging, veroudering of afname in verkoopprys;
Voorraad kan nie getoon word @ bedrae wat hoër is as waarvoor dit gerealiseer kan word nie ;
Formule = geraamde verkoopprys - geraamde koste om te voltooi - geraamde koste om verkoop te bewerkstellig
Wat is NRW? (Vervolg)
Terugskrywing van afskrywing na NRW vind plaas indien die faktore wat gelei het tot die afskrywing nie meer bestaan nie;
Grondstowwe gebruik in produksie van klaarprodukte word nie afgeskryf benede hul kosprys, indien die klaarproduk verkoop word @ n bedrag hoër as die kosprys van die klaarprodukte;
Indien die klaarproduk se kosprys wel hoër as NRW daarvan is, word grondstowwe wel tot NRW afgeskryf