Hoofstuk 5 - IAS 38 Ontasbare Bates Flashcards
Definisies: Amortisasie
Stelselmatige afskrywing van die afskryfbare bedrag van ‘n ontasbare bate oor sy nutsduur (dieselfde as waardevermindering)
Definisies: Bate
Hulpbron;
Beheer deur die entiteit as gevolg van gebeure wat in die verlede plaasgevind het; en
Waaruit verwag word dat toekomstige ekonomiese voordele na die entiteit sal vloei
Definisies: Drabedrag
Bedrag waarteen die bate in die SFP getoon word na die aftrekking van opgelope amortisasie en opgelope waardedalingsverlies
Definisies: kosprys
Kontant of kontantekwivalent betaal; of
Billike waarde van ‘n nie-monetêre teenprestasie gelewer; of
Waar van toepassing, die waarde deur IFRS’e aan bate toegewys
Definisies: afskryfbare bedrag
Kosprys van bate - reswaarde
Definisies: ontwikkeling
Toepassing van navorsingsnevindings op ‘n plan of ontwerp;
vir die produksie van nuwe of substandieel verbeterde materiale, produkte, prosesse, stelsels of dienste;
Voor die begin van kommersiële produksie of verbruik
Definisies: entiteit-spesifieke waarde
Huidige waarde van kontantvloeie wat entiteit verwag om te kry uit voorgesette verbruik van bate en die verkoop daarvan aan die einde van die nutsduur; of
Wat die entiteit verwag om te betaal in die geval van ‘n las
Definisies: billike waarde
Prys wat ontvang sal word uit die verkoop van ‘n bate; of
Betaal sal word ter oordrag van ‘n las;
In ‘n geordende transaksie tussen markdeelnemers op die metingsdatum
Definisies: waardedalingsverlies
Bedrag waarmee die drabedrag van ‘n bate die verhaalbare bedrag oorskry
Definisies: ontasbare bates
- Identifiseerbaar
- Nie-monetêre bate
- Sonder fisiese substansie
Definisies: Monetêre bates
Geld gehou (bv. Bank en kontant); en
Bates wat in vaste/bepaalbare bedrae ontvang sal word (bv. Debiteure, beleggings, lenings toegestaan)
Definisies: navorsing
Oorspronklike en beplande ondersoeke onderneem met die doel om nuwe wetenskaplike of tegniese kennis en begrip te bekom
Definisies: reswaarde van ontasbare bates
Geraamde bedrag wat die entiteit huidiglik uit die vervreemding van die bate sal kry;
Na aftrekking van vervreemdingskoste;
Indien bate reeds op ouderdom en toestand is, wat dit sou wees aan die einde van die nutsduur
Definisies: nutsduur
Periode waarvoor ‘n bate na verwagting beskikbaar is vir gebruik deur die entiteit; of
Die aantal produksie eenhede wat die entiteit na verwagting uit die bate sal verkry
Definisies: identifiseerbaarheid
Indien:
Skeibaar is, d.w.s. moontlik om van entiteit te skei/verdeel deur verkoop, oordra, verhuur, verruil of gelisensieër kan word;of
Ontstaan uit kontraktuele of ander wetlike regte, ongeag of die regte skeibaar is van die entiteit of van ander regte en verpligtinge
Definisies: beheer
• Entiteit oefen beheer uit oor ‘n bate indien:
Die mag het om toekomstige ekonomiese voordele wat uit die bate vloei te verkry; EN
Die mag het om toegang van andere tot daardie voordele te beperk
• ontstaan normaalweg vanuit ‘n wetlike reg, maar is nie ‘n vereiste nie;
Definisies: toekomstige ekonomiese voordele
Inkomste uit verkoop van item;
Koste besparings;
Bv. Gebruik van intellektuele eiendom in produksie kan moontlik toekomstige produksiekostes verlaag eerder as om inkomste te verhoog
Wyses waarop ontasbare bates bekom kan word?
Afsonderlike verkryging (aankoop);
Uit ruiltransaksie;
Intern gegenereerd;
Aanvanklike meeting van ontasbare bates?
Aanvanklik gemeet @ kosprys
Erkenning en meting: Afsonderlike verkrygde ontasbare bates
Prys betaal verteenwoordig verwagting van waarskynlikheid sat toekomstige ekonomiese voordele vanuit bate na entiteit sal vloei;
Dus kan altyd aanvaar dat aan erkenningskreteria voldoen indien afsonderlik verkry;
Koste by afsonderlike verkryging kan normaalweg betroubaar geraam word, veral wanneer aankoopsvergoeding in die vorm van kontant of ander monêtere bates is
Erkenning en meting: Afsonderlike verkrygde ontasbare bates (vervolg)
Kosprys =
Aankoopsprys, insluitend invoerheffings en nie-terugeisbare belasting, na aftrekking van handelskorting en rebates; +
Enige koste direk toedeelbaar aan die bate om gereed te kry vir beoogde gebruik
Erkenning en meting: Afsonderlike verkrygde ontasbare bates (vervolg)
Nie deel van koste van ontasbare bate =
Koste om nuwe produk of diens bekend te stel (advertensie- en promosiekostes);
Koste om besigheid in nuwe ligging of met nuwe klas kliënt te bedryf;
Opleidingskoste van personeellede
Erkenning en meting: afsonderlike verkryging (vervolg)
Erken kostes as deel van koste van bate, slegs tot bate in toestand is wat nodig is sodat dit gebruik kan word soos deur die bestuur beoog;
Sluit volgende kostes uit ongeag of bate in toestand is soos bestuur beoog:
•Kostes nadat bate gereed is vir gebruik, maar nog nie ingebruik is nie;
•aanvanklike bedryfsverlies
Erkenning en meting: afsonderlike verkryging (vervolg)
Inkomstes en verwante uitgawes uit toevallige bedrywighede word dadelik erken in wins of verlies;
Indien betaling langer as normale krediettermyn uitgestel is:
• Kosprys = kontantekwivalent
• Verskil tussen kosprys en totale betalings = rente uitgawe erken oor krediettermyn