Hoofstuk 7 - Groepstate: Teorie & Agtergrond Flashcards
Doelstelling?
IAS 27(1): voorgeskrewe rekeningkundige verantwoording en openbaarmakings vereistes vir beleggings in filiale/gesamentlike ondernemings/geassosieerdes wanneer afsonderlike state opgestel word;
IFRS 10(1): aanbieding en voorbereiding van gekonsolideerde finansiële state;
IFRS 12(1): openbaarmaking van inligting om gebruikers van finansiële state te help in evalueering van: • aard van, en risiko’s geassosieer met belang in ander entiteit; EN • effek van daardie belange op SFP en SOI
Omvang?
IAS 27(2): Verantwoording van beleggings in filiale/gesamentlike ondernemings/geassosieerdes wanneer afsonderlike state opgestel word;
IFRS 10(4): ‘n entiteit wat ‘n moeder is moet gekonsolideerde finansiële state opstel;
IFRS 12(5): toepas op belange in filiale/gesamentlike ondernemings/geassosieerdes
Definisies
Gekonsolideerde finansiële state =
Finansiële state van ‘n groep word aangebied asof dit een ekonomiese entiteit is;
Afsonderlike finansiële state =
State aangebied deur moeder/belegger met gesamentlike beheer/beduidende invloed in belegging, waarin belegging verantwoord word @ kosprys
Definisies
Beheer = ‘n belegger het beheer oor ‘n beleggernemer slegs indien aan AL die volgende vereistes voldoen word:
- Mag oor die beleggingnemer;
- Blootstelling aan of regte op veranderlike opbrengste a.g.v. betrokkenheid met beleggingnemer;
- Vermoë om mag te gebruik ten einde bedrag van belegger se opbrengs te beïnvloed
Definisies
Groep =
Moedermaatskappy met al die filiale;
Moder =
‘n Entiteit wat een of meer entiteite beheer;
Filiaal =
‘n Entiteit wat deur ‘n ander entiteit beheer word;
Nie-beheerende belang =
Ekwiteit in ‘n filiaal, nie ditek of ondirek toeskryfbaar aan moeder
Definisies
Mag =
Bestaande regte wat huidige vermoë verskaf om relevante aktiwiteite te bepaal;
Relevante aktiwiteite = aktiwiteite van ‘n beleggingnemer wat sy opbrengste wesenlike beïnvloed
Mag ontstaan uit stemregte of kontraktuele reëlings;
Bv: • > 50% stemreg; of
• < 50% stemreg + kontraktuele reëling
Definisies: Mag (vervolg)
Regte sluit volgende in:
• Stemreg uit aandele
• Potensiële stemreg
• Reg om lede van beleggingnemer se sleutelbestuurspersoneel aan te stel/af te dank
• Reg om ander entiteit wat relevante aktiwiteite bestuur aan te stel/af te dank
• Reg om beleggingnemer te lei in aangaan van transaksies / te veto tot voordeel van belegger
• Ander besluitnemingsregte in bestuurskontrak gespesifiseer
Elemente van beheer?
- Blootstelling aan/reg op veranderlike opbrengs;
* Vermoë om opbrengs te beïnvloed
Blootstelling aan/reg op veranderlike opbrengs
Is blootgestel/het reg op opbrengs indien opbrengs wissel a.g.v. Beleggingnemer se prestasie ;
Een belegger het beheer, maar meer as een belegger kan deel in opbrengs;
Opbrengs = dividende/rente/vergoeding vir dienste/fooie en blootstelling aan verliese/besparings a.g.v. kombineering van bedrywighede/toegang tot vertroulike inligting
Vermoë om opbrengs te beïnvloed
Moet vermoë hê om mag aan te wend om opbrengs te beïnvloed;
Prinsipaal se besluitnemingsregte sal opbrengs beïnvloed;
Agente tree op tot voordeel van opdraggewer, en beheer dus nie beleggingnemer nie
Opstel van afsonderlike finansiële state
Moeder moet belegging in filiale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings toon @ kosprys
Filiaal se verslagdoeningsdatum verskil van moeder s’n:
Filiaal stel state op, vir konsolidasiedoeleindes, op verslagdoeningsdatum van moeder, tensy onprakties; OF
Mees onlangse state met aansuiwerings vir beduidende transaksies of gebeure;
Verskil in verslagdoeningsdatum <= 3 maande, dan hoef nie verslagdoeningsdatum te verander nie
Begin en eindig van konsolidasie?
Begin konsolideer op dat wat belegger beheer verkry;
Staak konsolidasie wanneer belegger beheer verloor;
Moeder moet gekonsolideerde finansiële state aanbied TENSY aan AL die volgende vereistes voldoen word:
- Moeder self ‘n volfiliaal is of ander aandeelhouers is ingelig en maak nie daarteen beswaar nie;EN
- Skuld en ekwiteitsinstrumente is nie genoteer nie; EN
- Moeder is nie in die proses om aansoek te doen vir notering nie; EN
- Moeder van moeder publiseer finansiële state wat gekonsolideerd is en aan IFRS voldoen