Hoofstuk 3 - IAS 16 EAT Kosprysmodel Flashcards
Definisie can EAT?
Is tasbare items wat:
1) Gehou word om te gebruik in:
Die produksie of verskaffing van goedere of dienste; of
Verhuring aan andere; of
Administratiewe doeleindes
2) Verwag om meer as 1 jaar te gebruik
Definisie van drabedrag?
Die bedrag waarteen die bate in die SFP erken word na aftrekking van opgelope waardevermindering & opgelope waardedalingsverliese
Definisie van kosprys?
Kontant of kontantekwivalent betaal; of
Billike waarde van ‘n ander teenprestasie gelewer om bate te bekom op datum van verkryging of konstruksie; of
Waar van toepassing, die waarde deur ander IFRS’e bepaal word (bv. IFRS 2)
Definisie van afskryfbare bedrag?
Kosprys min reswaarde
Definisie van waardevermindering?
Stelselmatige toewysing van ‘n bate se afskryfbare bedrag oor sy nutsduur
Definisie van nutsduur?
Die tydperk wat die bate na verwagting beskikbaar is vir ‘n onderneming se gebruik; of
Die aantal eenhede wat die onderneming verwag om te produseer deur die gebruik van die bate
Definisie van reswaarde?
Die geraamde bedrag wat die onderneming huidiglik uit die vervreemding van die bate sal kry;
Na die aftrekking van vervreemdingskoste;
Indien die bate nou reeds aan die einde van sy nutsduur en in die toestand verwag aan die einde van sy nutsduur, is.
Definisie van entiteit-spesifieke waarde?
Huidige waarde van kontantvloeie wat die entiteit verwag om te kry uit die voorgesette gebruik van ‘n bate & die verkoop aan die einde van die nutsduur; of
Verwag om te betaal in die geval van ‘n las
Definisie van billike waarde?
Prys wat ontvang sal word uit die verkoop van ‘n bate, of betaal sal word ter oordrag van ‘n las, in ‘n geordende transaksie tussen markdeelnemers op die metingsdatum.
Definisie van waardedalingsverlies?
Die bedrag waarmee die drabedrag van ‘n bate die verhaalbare bedrag oorskry
Definisie van verhaalbare bedrah?
Die hoogste van:
Bate se billike waarde min koste om te vervreem; of
Gebruikswaarde
Wanneer word die koste erken as ‘n bate?
Indien:
Dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele wat met die bate verband hou, na die onderneming sal vloei; en
Die koste van die bate betroubaar gemeet kan word
Identifiseering van onderdele?
Slegs erken as deel van IAS 16 indien voldoen aan definisie van EAT;
Anders erken as voorraad;
Gebruik oordeel & groepeer onderdele wat onbeduidend is saam;
EAT koste sluit in?
Aanvanklike koste aangegaan om bate te bekom of op te rig; en
Latere kostes aangegaan:
Om toe te voeg tot die bate; of
Om deel daarvan te vervang; of
Om die bate te diens
Identifikasie van wesenlike komponente?
Entiteit moet die bedrag wat aanvanklik as ‘n EAT item erken is, allokeer aan die wesenlike komponente van die item;
Wesenlike komponente word apart afgeskryf (waardevermindering apart bereken);
Wesenlike komponente is gewoonlik ‘n deel van die EAT item wat ‘n wesenlike koste tot die koste van die EAT item het;en
Waarvan die nutsduur van die wesenlike komponente wesenlik verskil van die nutsduur van die EAT item
Wesenlike komponente:
Wesenlike komponente word elk afgeskryf oor sy eie betrokke nutsduur;
Aanvanklike kostes?
EAT wat bekom is vir veiligheids- of omgewingsredes, en nie self tot toekomstige ekonomiese voordele lei nie, maar ‘n entiteit in staat stel om meer toekomstige ekonomiese voordele uit ‘n verwante bate verwante (related) bate te verkry as wat andersins verkry sou kon word:
Erken item/koste as bate;
Hersien drabedrag vir waardedaling
Latere kostes?
Normale dag-tot-dag dienskostes (herstelwerk & instandhouding) vorm nie deel van EAT nie, word as uitgawe erken in SOI;
Vervangingskostes van komponente:
Onderdele wat gereeld vervang moet word, se koste van vervanging word gekapitaliseer indien dit aan erkenningskriteria van bate voldoen;
Onterken enige orige drabedrag van vorige vervangde onderdeel
Groot inspeksies?
‘n Voorwaarde van die gebruik van die EAT item mag wees dat gereelde groot inspeksies uitgevoer moet word, ongeag of komponente vervang word.
Erken koste as deel van EAT item wanneer inspeksie uitgevoer word, indien dit aan die erkennigskriteria voldoen;
Dus kapitaliseer inspeksiekostes;
Koste word afgeskryf oor beraamde tydperk tot volgende inspeksie
Groot inspeksie (vervolg)
Onterken enige orige drabedrag van vorige inspeksie, ongeag of vorige inspeksie apart geïdentifiseer was tydens verkryging of konstruksie van die bate;
Indien nodig, kan beraamde koste gebruik word van ‘n soortgelyke toekomstige inspeksie koste, as ‘n indikasie van wat die inspeksie koste se koste was op datum van verkryging of konstruksie
Meeting by erkenning van EAT item as bate?
Indien item van EAT kwalifiseer vir erkenning, erken bate @ koste
Elemente van koste sluit in?
Aankooporys (insluitend invoerbelasting en ander nie-verhaalbare aankoopsbelastings) nadat handelskortings afgetrek is;
Enige regstreekse koste om die bate in ligging en toestand te bring vir die beoogde gebruik deur bestuur;
Aanvanklike beraming van koste van aftakeling (dismantling) en verwydering van EAT & herstel van oerseen waarop dit geleë was
Voorbeelde van regstreekse kostes?
Werknemersvoordele wat direk voortspruit uit die verkryging of konstruksie van die EAT item;
Koste van perseelvoorbereiding;
Aanvanklike aflewering- & hanteeringskostes;
Installasie- & aanmekaarsitkostes;
Koste om te toets of bate behoorlike werk, na aftrekking van netto opbrengs van items vervaardig & verkoop terwyl bate getoets was;
Professionele fooie
Koste van erkende EAT item sluit uit?
Koste om nuwe fasiliteite te open;
Koste om nuwe produk of diens bekend te stel (advertensie- & promosiekostes);
Koste om besigheid in nuwe area/lighing of met nuwe klant te bedryf;
Personeelopleidingskoste;
Administrasie & ander algemene kostes