WOORDSOORTE Flashcards

1
Q

Daar is 10 woordsoorte. Kan jy hulle noem?

A
  1. Selfstandige Naamwoorde - s.nw.
  2. Voornaamwoorde - v.nw.
  3. Byvoeglike Naamwoorde - b.nw.
  4. Lidwoorde
  5. Telwoorde
  6. Werkwoorde - ww.
  7. Bywoorde
  8. Voorsetsels
  9. Voegwoorde
  10. Tussenwerpsels
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

ONTHOU! Wanneer ons met woordleer (die 10 woordsoorte) te doen het, moet ons altyd in gedagte hou dat die woorde slegs aan hulle onderskeie funksies in ‘n sin herken kan word. Dit is so omdat dieselfde woord tot meer as een woordsoort kan behoort, byvoorbeeld …

A

Laat hom nou met rus - werkwoord
Jy is alweer laat. - byvoeglike naamwoord.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die 6 kenmerke van selfstandige naamwoorde?

A
  1. Het gewoonlik meervoud bv. motor-motors
  2. Het gewoonlik verkleining bv. motor - motortjie
  3. Soms geslag bv. bul - koei
  4. Word baie algemeen saam met die “die” en “‘n” gebruik bv. die bank, ‘n man
  5. Kan gewoonlik met jou sintuie waarneem
  6. Woorde wat met - isme, -heid, -skap, -ing, eindig is ook selfstandige naamwoorde bv. kapitalisme, eensaamheid, sportmanskap, eersteling.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is die 6 soorte selfstandige naamwoorde?

A

**1. Soortname: bank, radio, straat, olifant ens
2. Eiename: Afrika, Louis, Laeveld, Polokwane ens
3. Abstrakte: haat, liefde, jaloesie ens
4. Versamelname: orkes, swerm, trop, skool ens
5. Massaname: vleis, wol, sand, melk, goud ens (kan nie getel word nie)
6. Maatname: skottel vleis, sak koring, **emmer **water ens

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is die 9 voornaamwoorde in Afrikaans?

A
  1. Persoonlike voornaamwoord
  2. Besitlike voornaamwoord
  3. Betreklike voornaamwoord
  4. Vraende voornaamwoord
  5. Onpersoonlike voornaamwoord
  6. Onbepaalde voornaamwoord
  7. Wederkerende voornaamwoord
  8. Wederkerige voornaamwoord
  9. Aanwysende voornaamwoord
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is ‘n persoonlike voornaamwoord?

A

Kan vir mense, diere en dinge (sake) gebruik word.

Mense: ek, jy, sy, ons, julle, hulle, u
Diere: My hond was bly toe hy (sy) my sien.
Dinge: Daar lê die potlood. Bring hom (dit) hier.
Hier is die pen. Jy mag daarmee skryf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is ‘n besitlike voornaamwoord?

A

Hulle dui die besitter aan.
Dis my, sy, jou, julle, haar, ons boek
Die boek is myne, syne, hare, joune, julle s’n, ons s’n

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is ‘n betreklike voornaamwoord?

A

Het betrekking op selfstandige naamwoorde.
Die man wat hier woon, is ryk.
Die boek wat hier lê, is myne.
Die persoon aan wie ek skryf, is my suster.
Die fiets waarvan die saal stukkend is, is myne.
Die tak waaraan ek hang, is sterk.
Die seun wie se boek ek geleen het, is my nefie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is ‘n vraende voornaamwoord?

A

Hulle staan aan die begin van vraagsinne.
Wie, wat, watter, waarin, waarop, by wie?

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is ‘n onpersoonlike voornaamwoord?

A

Word gewoonlik by natuurverskynsels gebruik.

Dit reën.
Daar word voorspel dat dit gedurende 2009 baie gaan reën.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is ‘n onbepaalde voornaamwoord?

A

Hulle sê nie presies wie of wat nie, en verwys dus na enigeen en/of enigiets.

Niemand weet wat gebeur het nie.
Almal het die vergadering bygewoon.
Ek wil nog vir jou iets vertel.
Hy wou niks sê nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is ‘n wederkerende voornaamwoord?

A

Hulle kom voor in sinne wanneer die voorwerp en onderwerp dieselfde persoon is.

Jy moet jou beursie onthou.
Ek het my vererg vir die man.
Johan het hom lelik misgis.
Hulle behoort hulle nie daaraan te steur nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is ‘n wederkerige voornaamwoord?

A

“Gee mekaar die regterhand,” sê die dominee vroom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is ‘n aanwysende voornaamwoord?

A

Gee my liewer hierdie een.
Dit is die seun van wie ek jou vertel het.
Daardie fiets is Norman s’n.
Dié man weet waarvan hy praat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Noem die 3 kenmerke van byvoeglike naamwoorde.

A
  1. Beskryf die selfstandige naamwoord.
  2. Trappe van vergelyking bv. skoon -skoner -skoonste (stellend, vergrotend, oortreffend)
  3. Intensiewe vorme bv. baie blou = potblou
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Intensiewe vorme is altyd een woord BEHALWE …

A

Wawyd wakker
wawyd oop
bitter min
helder wakker

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Byvoeglike naamwoorde kan attributief en predikatief gebruik word. Wat is attributief en predikatief?

A

Attributief - die b.nw staan VOOR die s.nw.
Die digte bosse.

Predikatief - die b.nw staan NA die s.nw.
Die bosse is dig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Byvoeglike naamwoorde kan verbuig word om letterlike of figuurlike betekenisse te hê. Kyk na die volgende voorbeelde:

A

Letterlik: bitter koffie
Figuurlik: bittere lyding

Letterlik: duur meubels
Figuurlik: dure les

Letterlik: ‘n flou lig
Figuurlik: ‘n floue grap

Letterlik: nou tonnel
Figuurlik: noue ontkoming

19
Q

Wat is die 2 tipes lidwoorde in Afrikaans?

A
  1. Bepaalde lidwoord
  2. Onbepaalde lidwoord
20
Q

Verduidelik wat ‘n bepaalde lidwoord is?

A

Bepaalde lidwoord (die) dui iets spesifiek aan.

Ek sal more die skoene aantrek.
die skole, die bome, die huise ens
Jy moet my asseblief op die hoogte hou.

21
Q

Verduidelik wat ‘n onbepaalde lidwoord is?

A

Onbepaalde lidwoord** (‘n) is ‘n veralgemening.**

Ek sal more ‘n paar skoene aantrek.
‘n skool, ‘n boom, ‘n huis, ‘n radio

Die verouderde vorm van die lidwoord is de.

Wat de drommel gaan hier aan?
Ek is** de** bliksem in.
des doods.

22
Q

Getalle word met telwoorde aangedui. Ons kry 2 soorte telwoorde. Wat is dit?

A
  1. Hooftelwoorde
  2. Rangtelwoorde
23
Q

Verduidelik wat ‘n hooftelwoord is.

A

Bepaalde hooftelwoorde wat ‘n bepaalde getal aandui bv. **drie **kilogram, sewentig koeie ens.

Onbepaalde hooftelwoorde, as jy nie die presiese getal weet of aandui nie bv. baie mense, weinig belangstelling, min geld, verskeie mense, sommige mense, etlike huise, ens.

24
Q

Verduidelik wat ‘n rangtelwoord is.

A

Bepaalde rangtelwoorde, wat die presiese volgorde aandui bv. sestigste, tweede ens.

Onbepaalde rangtelwoorde wat die volgorde aandui, maar nie presies nie bv. hoeveelste, soveelste, laaste, middelste ens.

25
Q

Verduidelik wat ‘n werkwoord is.

A

Die werkwoord dui die handeling aan wat plaasvind.
Die aksiewoord.
bv loop, slaap, gesels, spring, sit, staan, sien, afkyk, gee ens.

26
Q

Wat is ‘n hoofwerkwoord?

A

Die hoofwerkwoord of selfstandige werkwoord kan alleen staan as werkwoord (gesegde) bv

Nadia skryf ‘n brief.

Dit kan ook oorganklik of onoorganklik wees.

Oorganklike werkwoorde is werkwoorde wat deur ‘n voorwerp gevolg word bv.

Andre skiet die buffel.

Onoorganklike werkwoorde is werkwoorde wat nie deur ‘n voorwerp gevolg word nie. (Onthou dit so - dit gaan nie oor op voorwerpe nie.

27
Q

Wat is ‘n hulpwerkwoord?

A

Hulp ww. of medewerkwoorde moet altyd saam met ‘n hoofwerkwoord optree in ‘n sin. Hulle kan nie alleen in ‘n sin optree nie. Dit help die selfstandige ww. om tyd, wyse en vorm uit te druk.

28
Q

Gee voorbeelde van Hulpwerkwoorde van tyd.

A
  1. Ons het gister gesing.
  2. Ons sal vroeg opstaan.
29
Q

Gee voorbeelde van hulpwerkwoorde van wyse.

A
  1. Ek sal/sou dalk weet.
  2. Ek wil/wou gaan.
  3. Ek mag/moes sit.
  4. Ek kan/kon eet.
30
Q

Gee voorbeelde van hulpwerkwoorde van vorm. (lydende en bedrywende vorm)

A
  1. Die gras word gesny.
  2. Die koeie is gemelk.
31
Q

Verduidelik wat ‘n koppelwerkwoord is en hoe dit werk.

A

Die koppelwerkwoord funksioneer nie alleen in ‘n sin nie, maar koppel met iets anders. Die koppelwerkwoord koppel met ander naamwoorde:
i) selfstandige naamwoord
bv. Hy word ‘n veearts.
ii) voornaamwoord
bv. Dit is hy.

Die koppelwerkwoord koppel met die b.nw (adjektief)
bv. Hy voel moeg.

Die koppelwerkwoord koppel met ‘n sin of sinsnede.
bv. Dit lyk asof dit die waarheid is.

32
Q

Leer die volgende koppelwerkwoorde uit jou kop.

A

is, was, word, lyk, blyk, skyn, heet, raak, voel, klink

bv.

Gerda is al op skool.
Carla lyk moeg.
Sy storie blyk reg te wees.
Hy skyn nie veel hiervan te weet nie.
Sy lyk siek.
Jolandi se verhaal klink interessant.

33
Q

By koppelwerkwoorde is dit baie belangrik op SINSVERBAND in ag te neem wanneer ons woordsoorte onderskei. Bv.

A

Koppelwerkwoorde
Hy skyn nie veel hiervan te weet nie.
Selfstandige ww.
Die son skyn vandag warm.

Koppelwerkwoorde
Marcel se verhaal klink interessant.
Selfstandige ww.
Die koppies klink teenmekaar.

34
Q

Wat is die infinitief?

A

Die infinitief is die vorm van die ww. ná te of om te en dit dui soms nie aan deur wie die handeling uitgevoer word nie.

Bv.
Is hierdie erf te koop?

Die infinitief kom ook alleen voor, dus sonder te of om te wat dit voorafgaan.

Bv.
Hou maar aan met speel. (saam met ‘n voorsetsel, met)
Hy hou baie van stap. (saam met ‘n voorsetsel,** van**)
Perdry is lekker. (as die onderwerp van ‘n sin)
Ek leer skaats. (as die voorwerp van ‘n sin)
Ek hoor die baba huil. (in uitdrukkings)

35
Q

Wat is deeltjiewoorde?

A

Dit is ook bekend as skeibare werkwoorde bv.

Hy gee die boek terug. - ww = teruggee
Hy stel ‘n nuwe hoof aan - ww = aanstel
Dit kom my voor dat Dawid baie lui is - ww = voorkom

Die verlede tyd by die deeltjiewerkwoorde is ook baie belangrik bv.
Die beseerde man het vinnig asemgehaal.
Die skaapwagter het die skape opgepas.

36
Q

Wat is die 3 tydsvorme van die werkwoord?

A
  1. Teenwoordige tyd
    Die kinders raas.
  2. Verlede tyd
    Die kinders het geraas.
  3. Toekomende tyd
    Die kinders sal raas.
37
Q

Wat is deelwoorde?

A

Deelwoorde is nie ‘n woordsoort nie.

Dit is werkwoorde wat van vorm en ook soms van woordsoortfunksie verander. Die naam ‘deelwoord’ dui daarop dat so ‘n woord deels ‘n werkwoord is en deels ‘n naamwoord. (s.nw of b.nw)

Ons kry 2 soorte deelwoorde:

1. Teenwoordige (onvoltooide) deelwoorde:
Hy is ‘n belowende atleet. (b.nw)
Die insittendes is almal lig beseer. (s.nw)
Moenie die staande water drink nie. (b.nw)
Die blaffende honde maak my mal. (b.nw)

Hierdie bg. woorde dui op ‘n onvoltooide handeling, iets wat nog aan die gang is.

2. Verlede (voltooide) deelwoorde: (2 soorte)
a) Die swak verlede deelwoord word gevorm met behulp van ge- en/of deur die -te of **- de **uitgang aan die werkwoord te voeg:
bv.
Die gekapte hout is deesdae duur.
Ek is dol oor ingelegde vrugte.
Ma maak graag gebakte pere.
Miriam dek die tafel met gestyfde servette.

b) Die sterk verlede deelwoord word gevorm deur stamklinkerverandering:
bv.
Die seun ly aan ‘n gebroke hart. (figuurlik) (gebreek)
Die opgewonde skare gaan maal. (opwen)
Die bedorwe kind het nie goeie maniere nie. (bederf)

38
Q

Wat is die funksie van bywoorde?

A

Vertel jou meer van die werkwoord ten opsigte van TYD, PLEK en WYSE.

39
Q

Wat is die funksie van die bywoord van TYD?

A

Vra die vraag WANNEER? saam met die werkwoord.

My boetie gaan slaap saans baie laat.
Vraag = gaan slaap wanneer? antwoord - saans.

Voorbeelde van bywoorde van TYD.
daagliks / saans / gister / netnou / onlangs / gereeld / binnekort / elke dag / betyds / vandag / snags

40
Q

Wat is die funksie van die bywoord van PLEK?

A

Vra die vraag WAAR? saam met die werkwoord.

Ons het lank hier gewoon.
Vraag = het gewoon waar? antwoord - hier

Voorbeelde van bywoorde van PLEK.
agter / voor / langs / hier / daar / nêrens / duskant / oorkant / elders

41
Q

Wat is die funksie van die bywoord van WYSE?

A

Vra die vraag HOE? saam met die werkwoord.

Jy moet vinniger ry.
Vraag = moet ry hoe? antwoord - vinniger

Voorbeelde van bywoorde van WYSE.
graag / stadig / vinnig / lag-lag / uit-asem / baie / stewig / reg / fluit-fluit / sing-sing

42
Q

Wat is voorsetsels?

A

Voorsetsels staan bekend as verbindingswoorde en verhoudingswoorde en kom saam met s.nw, bywoorde en voornaamwoorde in vaste verbindings voor, bv. Karel werk onder die boom langs die huis. Dit wys op plek en rigting.

Voorbeelde:
a) Hy het lank onder ‘n skuilnaam geskryf.
b) Die bestuurder is nou met verlof.
c) Die dogter wat geval het, is nou in trane.
d) Die motoris kon darem die motor onder beheer kry.
e) Die moordenaar in Amerika is ter dood veroordeel.
f) Ek is nie by magte om jou met jou toets te help nie.
g) Hulle was aan baie gevare blootgestel.
h) Hulle behoort so teen drie-uur tuis te wees.
i) Sport moet nie te veel inbraak maak op mens se tyd nie.

43
Q

Wat is die funksie van voegwoorde?

A

Die voegwoord verbind woorde, sinsnedes of sinner met mekaar bv.

Ek is moeg, daarom het ek gaan slaap.
Hy is slim, maar sy broer is kunstig.
Aangesien ek gesê het jy mag nie eet in die klas nie, gaan ek jou straf.
Namate die weer warmer word, begin die bome bot.
Sodra ek die teken gee, moet julle begin hardloop.
Sedert ek die pil gedrink het, het ek nog nie weer hoofpyn gehad nie.

Voorbeelde van voegwoorde:
dus / tog / tensy / mits / en / want / inteendeel / sodra / of / daarenteen / nietemin / trouens / vervolgens / ofskoon / derhalwe / sedert ens.

44
Q

Verduidelik wat tussenwerpsels is.

A

Die tussenwerpsel is nog ‘n woordsoort wat gevoelens uitdruk bv:

Foeitog, die arme kind!
Aitsa! Kyk net hoe mooi lyk jy!
Hiert! Staan nou maar eers stil my ou perd!
**Allawêreld! **Hy kan darem leuens versprei!
Sjoe, ek was só bly!