ADVERTENSIES Flashcards
1
Q
Wat is die ABBA-beginsels?
A
A - AANDAG
B - BELANGSTELLING VAN VERBRUIKER
B - BEGEERTE: VERBRUIKER WIL DIT HÊ
A - AKSIE: VERBRUIKER WIL DIT DADELIK KOOP
2
Q
Wat is ‘n teikenmark?
A
Dit is die persoon / groep persone waarvoor die advertensie gemik is
3
Q
Vra jouself die volgende vrae wanneer jy na ‘n advertensie kyk…
A
- Wat is die visuele fokus van die advertensie? (prente, grafieke,woorde)
- Wie is die teikenmark?
- Watter menslike behoeftes is die dryfkrag agter die adv?
- Hoe probeer die adv. jou oorreed om die produk of diens te kies?
- Watter gevoelens of emosies maak die adv. in jou wakker?
- Wat is die geimpliseerde betekenis vd adv.?
- Hoe pas die beelde by die woorde? (visuele elemente en teks)
- Watter visuele tegnieke is gebruik om aandag te trek? (groot/klein skrif, donker lettertipe, verskillende lettertipes?)
- Watter taal en stilistiese tegnieke is gebruik? (oorredende, motiverende taalgebruik?)
- Is die adv. feite of menings?