LEESTEKENS Flashcards

1
Q

Wanneer word die punt gebruik?

A

Einde van ‘n sin.
Afkortings bv asb.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wanneer word die komma gebruik?

A

a) tussen 2 of meer s.nwe of b.nwe
bv. Op my lessenaar is daar boeke, liniale en potlode.
of. Ouma is ‘n hardwerkende, hoflike mens.

b) tussen ‘n reeks werkwoorde
bv. Die kinders skreeu, lag, gil en spring.

c) tussen 2 werkswoorde
bv. Toe ek daar kom, was hy al skool toe.

d) Na JA en NEE wanneer dit die eerste woord in ‘n sin is.
bv. Nee, ek weet nie wie dit gedoen het nie.

e) voor WANT, MAAR as voegwoorde
bv. Ek gaan nou slaap, want dit is al tienuur.

f) tussen 2 voegwoorde
bv. Ons weet almal dat, as dit nie reën nie, die boere groot verliese gaan ly.

g) voor en agter ‘n bystelling / inlassin / parentese (gee ekstra inligting)
bv. Juf. Kok, ons netbalafrigter, is self ook ‘n goeie speelster.

h) voor of agter die naam van die persoon of dier wat aangespreek word.
bv. Stefan, sal jy asseblief die deur toemaak?

i) voor en agter sinne of sinsnedes wat ingevoeg word
bv. Ek moes, om nie te val nie, styf vashou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wanneer word die kommapunt gebruik?

A

a) wanneer die voegwoorde, EN, MAAR, en WANT tussen 2 hoofsinne weggelaat word
bv. Ek gaan nou; jy bly tuis.

b) voor NIETEMIN en DAARENTEEN
bv. Dis baie koud; nietemin gaan ek swem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wanneer word die dubbelpunt gebruik?

A

Dui aan dat iets volg / verduideliking (veral in poësie)

Die onderwyser sê: “Julle moet nou luister.”

Ons het die volgende diere gesien: leeus, olifante, buffels en renosters.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wanneer word aanhalingstekens gebruik?

A

Direkte woorde van mense of aanhalings uit boeke , tydskrifte, gedigte ens.

“Voertsek!” skree hy vir die kwaai hond.
Ons lees in die Bybel: “Jy mag nie steel nie”
My onderwyser sê: “Johan, jy het die woord ‘krokodil’ verkeerd gespel.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wanneer word die vraagteken gebruik?

A

Na ‘n vraag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wanneer word die uitroepteken gebruik?

A

Uitdruk van gevoel, emosie, verbasing, verontwaardiging

Skande!
Foei tog!
Pas op!

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wanneer word die hakies gebruik?

A

Invoeging van ekstra gedagte / parentese

In die betrokke artikel ( Beeld van 13 September 2008) sal jy die volle besonderhede kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wanneer word die aandagstreep gebruik?

A

Vestig die aandag op wat gaan volg. // Dui ‘n parantese aan.

Gertjie het sy beloning vir sy harde werk ontvang - ‘n doktersgraad.

Die skoonheidsfinaliste - almal uitsonderlik pragtig - se hare word deur House of Hair gedoen.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wanneer word die beletseltekens / stippels / ellips gebruik?

A

Word gebruik om die leser te laat wonder. / Betrek die leser leesstuk of suggereer iets.

Sy bloed begin dik te klop en sy naels skuif stadig uit hul kussings…

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly