KLANKLEER Flashcards
Noem die 3 hoofgroepe van spraakklanke in Afrikaans.
- Vokale
- Konsonante
- Diftonge
Wat is die rympie wat kan jy gebruik om die diftonge te onthou?
Ai, my ou koei met die toiing ore en fraai ooi eet ‘n ui van die meeu in die vlei.
Noem al die vokale.
A E I O U - Arme ek is oupa uil.
Wat is ‘n ander naam vir ‘n diftong?
‘n Tweeklank
Noem 5 twee letter konsonante.
ps - psigiater
nn - Jannie
sj - sjarmant
ng - bang
gh - ghoen
Wat is konsonante?
Al die oorblywende letters van die alfabet (behalwe die AEIOU vokale) en ps, nn, sj, ng, gh
Wat is ‘n ander woorde vir standaard-uitspraak van Afrikaans?
Algemeen-Beskaafd (AB) uitspraak
Wat is die klankverskynsel RONDING?
Klank wat met geronde lippe uitgespreek word is word geronde klanke genoem.
BV: eu - neus
Wat is die klankverskynsel ONTRONDING?
Geronde vokale word dikwels sonder die nodige lipronding uitgespreek, maw ons spreek geronde klanke met spleetvormige lippe uit.
Ontronding kom in informele praatsituasies voor.
BV.
seun word seen
rug word rig
muur word mier
deur word deer
buite word beite
huis word hys/heis
reuk word reek
stuk word stik
Wat is die klankverskynsel OORRONDING?
Wanneer klanke met oordrewe geronde lippe uitgespreek word.
Oorronding kom in informele praatsituasies voor.
neef word neuf
sewe word seuwe
lewe word leuwe
skewe word skeuwe
bees word beus
Wat is die klankverskynsel ASSIMMILASIE?
Dit is die invloed wat naburige klanke op mekaar uitoefen. Dit beteken dat ‘n klank onder die invloed van sy buurman ‘n ander klankwaarde aanneem as wat hy self besit.
BV:
op die word oppie
onmiddelik word ommidelik
anders word anners
hoenders word hoeners
Wat is die klankverskynsel PALATALISASIE?
Palatalisasie vind plaas wanneer die g0klank en die k-klank as gj(sj) en kj(tj) uitgespreek word en ‘n j ingevoeg word by die h.
BV:
geel word gjeel
keel word kjeel
hemel word jemel
Benoem die volgende klankverskynsel:
Ek het vandag ‘n ompaar skoene aan.
Assimilasie
Benoem die volgende klankverskynsel:
Die seun het seuwe drieë gedruk.
Oorronding
Benoem die volgende klankverskynsel:
Julle moet die hys se deure toesluit.
Ontronding
Benoem die volgende klankverskynsel:
Jemel, maar dit is warm vandag.
Palatalisasie
As daar een vokaal (klinker) tussen twee konsonante (medeklinkers) staan, vind die skeiding van lettergrepe plaas NA die vokaal Byvoorbeeld?
beker * be-ker
grote * gro-te
telefoon * te-le-foon
oral * o-ral
By lettergrepe , as daar 2 konsonante tussen 2 vokale staan, val die skeiding die meeste van die tyd tussen die 2 konsonante BV:
eksamen * ek-sa-men
kristal * kris-tal
deftig * def-tig
bossie * bos-sie
koppie * kop-pie
UITSONDERING - BI-BLI-O-TEEK
By lettergrepe, as daar 3 of meer konsonante tussen 2 vokale staan, val die skeiding die meeste van die tyd na die eerste konsonant BV:
aktrise * ak-tri-se
kunstenaar * kuns-te-naar
By lettergrepe, wys deëltekens die messte van die tyd vir ons waar die skeiding moet plaasvind. MAW die skeiding vind net voor die deelteken plaas BV:
spieël * spie-ël
geëet * ge-ëet
koeël - koe-ël
bedrieër - be-drie-ër
By lettergrepe, val die skeiding altyd tussen N en G BV:
ingenieur * in-ge-ni-eur
banger * ban-ger
By lettergrepe, word die s en j nie geskei as dit een klank voorstel nie. Bv:
masjien * ma-sjien
brosjure * bro-sju-re
By lettergrepe, in die geval waar die s en j afsonderlike klanke voorstel, word hulle geskei BV:
asjas * as-jas