SINSLEER (SINTAKSIS) Flashcards

1
Q

Verduidelik wat ‘n stelsin is.

A

‘n Stelling word gemaak of iets word gesê op ‘n doodgewone manier.

bv. Die gras is mooi groen.

ALLE STELSINNE IS AANWYSEND.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Verduidelik wat ‘n vraagsin is.

A

‘n Vraag word gevra.
bv. Wanneer gaan julle met vakansie?

ALLE VRAAGSINNE IS VRAEND.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik wat ‘n bevelsin is.

A

Iets word aan iemand beveel: Kan ook bestaan uit slegs een woord.
bv. Loop!
Staan op!

ALLE BEVELSINNE IS GEBIEDEND.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik wat ‘n uitroepsin is.

A

Emosies word meestal weergee: Kan ook bestaan uit slegs een woord.
bv. Hoera!
Eina, man!

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Verduidelik wat ‘n enkelvoudige sin is.

A

Het net een gesegde (ww)
bv. Die kinders speel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verduidelik wat ‘n saamgestelde sin is.

A

Het twee of meer gesegdes (ww)
bv. Ons soek ‘n boom waaronder ons kan skuil.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Watter deel van ‘n sin is die gesegde?

A

Die handeling in die sin. Dit wat jy kan doen.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter deel van ‘n sin is die onderwerp?

A

Vra die vraag WIE of WAT? voor die werkwoord.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter deel van ‘n sin is die voorwerp?

A

Vra die vraag WIE of WAT? na die werkwoord.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is ‘n byvoeglike bepaling?

A

Onderwerp of voorwerp word uigebrei. Dit het dieselfde funksie as die b.nw. wat ons meer vertel vd s.nw. of voornaamwoord.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is ‘n bywoordelike bepaling?

A

Gesegde word uitgebrei.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is ‘n saamgestelde sin?

A

‘n Sin wat minstens 2 gesegdes bevat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoe word ‘n saamgestelde sin gevorm?

A

Word gevorm deur die volgende soorte bysinne, by die hoofsin te voeg.

1. Byvoeglike bysin.
Die man, wat daar loop, is my swaer.

(wat daar loop vertel ons meer van die man, wat die s.nw is)

2. Bywoordelike bysin.
Hulle vertrek more voor die son opkom.

(voor die son opkom vertel ons meer van wanneer hulle gaan vertrek, m.a.w. die werkwoord)

3. Onderwerpsin
Dit is onbekend wanneer hulle vertrek het.

4. Voorwerpsin
Ek weet nie wat hy doen nie.

5. Gesegdesin
Dit lyk of dit wil sneeu

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is direkte en indirekte rede?

A

Een persoon se direkte woorde word indirek oorvertel. Dan verander tyd en plekwoorde asook voornaamwoorde dikwels.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Die volgende voornaamwoorde verander in die indirekte rede.

A

ek, jy - hy of sy
ons, julle - hulle
myne, joune - syne, hare
ons s’n, julle s’n - hulle s’n

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Die volgende bywoorde van tyd en plek verander in die indirekte rede.

A

vanmiddag - daardie middag
vandag - daardie dag
môre - die volgende dag
gister - die vorige dag
vanaand - daardie aand
oormôre - twee dae later
eergister - twee dae tevore
nou - toe
hier - daar
hiernatoe - daarnatoe

17
Q

Die volgende woorde verander in die indirekte rede.

A

hierdie - daardie
sal - sou
wil - wou

18
Q

Jy mag ook woorde invoeg as jy iets in die indirekte rede moet oorskryf bv.

A

Juffrou Geyer het ontsteld uitgeroep en gevra wat Marcel toe weer aangevang het.

word…

“O, aarde! Wat het Marcel nou al weer aangevang?”

19
Q

Verduidelik die verskil tussen lydende en bedrywende vorm. (passief en aktief)

A

A. Die jagter skiet die springbok.

Die onderwerp (wat die handeling uitvoer) in die boonste sin word eerste genoem en die sin is dus in die bedrywende(aktiewe) vorm geskryf.

B. Die springbok word deur die jagter geskiet.

Die voorwerp (wat die handeling ondergaan) in die boonste sin begin nou die sin en daarom is die sin in die **lydende vorm(passiewe) geskryf.

20
Q

Wat is 2 baie belangrike dinge om te onthou wanneer die kom by lydende en bedrywende (aktiewe en passiewe) sinne?

A
  1. Die tyd moet altyd dieselfde bly.
  2. Ontleed eers jou sin en stel vas wat die onderwerp en voorwerp is, want in die lydende vorm, begin die sin met die voorwerp.
21
Q

Kyk na die volgende woorde wat verander wanneer ons van ontkenning gebruik maak in Afrikaans.

A

iets - niks
al ooit - nog nooit / nog nie
iemand - niemand
êrens - nêrens
of - nog
al dikwels - nog nooit
altyd - nie altyd / nooit
al - nog nie
nog - nie meer
almal - niemand