STYLLEER Flashcards
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Die kalf is in die put.
daar is onversiene moeilikheid wat dadelik uit die weg geruim moet word
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie.
nie so dom wees soos wat ander miskien sal dink nie
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Ganse aanja
weens besopenheid slingerend loop
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Elke haan is koning op sy eie mishoop.
elkeen voel baas oor sy eie gebied
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Jakkals trou met wolf se vrou.
liggies reën terwyl die son skyn
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Die kat uit die boom kyk.
kyk en wag hoe die saak verder ontwikkel
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Soos ‘n vis op droë grond.
heeltemal magteloos
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Die vere maak die voël.
‘n mens word aan sy klere beoordeel
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Hy is nes ‘n volstruis, waar hy kom , is hy tuis.
pas maklik by omstandighede en nuwe situasies aan
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: ‘n Wolf in skaapsklere.
‘n skurk met ‘n onskuldige voorkoms
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Op alles ja en amen sê.
met alles saamstem
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: ‘n Kat in die sak koop.
‘n slegte koop maak
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Vir iemand ‘n klip uit die pad rol.
vir iemand ‘n guns bewys
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Iemand oor die kole haal.
iemand berispe - betig
IDIOMATIESE UITDRUKKINGS.
Wat beteken?: Die spyker op die kop slaan.
die regte ding op die regte oomblik sê