KENMERKE VAN LETTERKUNDIGE TEKSTE Flashcards
Wat is ‘n idiomatiese uitdrukking?
‘n Vaste uitdrukking - eie aan ‘n taal
bv. noustrop trek
Wat is die literêre begrip van spreekwoorde?
Kort gesegde waarin gewoonlik ‘n les ingesluit is bv.
môrestond het goud in die mond.
Wat is die literêre begrip van ‘n retoriese vraag?
Vraag sonder direkte antwoord - leser word gedwing om oor die saak na te dink.
bv. Wie het nie die afgelope week gesondig nie?
Wat is die literêre begrip van ‘n versreël?
een reël in ‘n gedig - nie ‘n sin nie
Wat is die literêre begrip van uiterlike bou?
versreëls wat saam gegroepeer is in ;n gedig - strofes bestaan uit verskillende versreëls;
2 versreëls: koeplet
3 versreëls: tersiene
4 versreëls: kwatryn
5 versreëls: kwintet
6 versreëls: sestet
8 versreëls: oktaaf
Wat is die literêre begrip van ‘n rym?
eindrym: paarrym -aabb
kruisrym: abab
omarmende rym: abba
slagrym: aaaa
gebroke rym: rym is wel teenwoordig / sonder vaste patroon
Wat is die literêre begrip van ‘n halfrym?
ALLITERASIE: herhaling van dieselfde konsonant
ASSONANSIE: herhaling van dieselfde vokaal
- kernwoord word aan die hand van dieselfde klank uitgehef
- bepaalde atmosfeer word geskep / versterk
- versterk die musikaliteit van die gedig
Wat is die literêre begrip van ‘n enjambement?
een reël gaan oor na ‘n ander sonder ‘n leesteken.
- bevorder vloeiendheid
- versnel tempo
- bind verse en strofes tot ‘n eenheid
- woord aan die begin van ‘n reël word uitgehef
Wat is die literêre begrip van beeldspraak?
VERGELYKING: twee dinge word vergelyk a.g.v. tee of meer ooreenkomste deur nes, net soos, soos en as te gebruik.
METAFOOR: ‘n beknopte vergelyking, daar word egter nie gesê iets is soos ‘n ander nie, maar dit IS die ander.
PERSONIFIKASIE: nie-menslike voorwerp kry menslike eienskappe
Wat is die stylfiguur KLANKNABOOTSING en gee ‘n voorbeeld?
nabootsing van klanke
bv
die kar maak ‘brrrrrrr’
Wat is die stylfiguur KONTRAS en gee ‘n voorbeeld?
twee sake word in teenstelling met mekaar geplaas om ‘n beeld duideliker na vore te bring.
bv
swart tenoor wit
Wat is die stylfiguur METONIMIA en gee ‘n voorbeeld?
‘n saak word benoem volgens dit wat daarmee geassosieer word
bv.
die ketel kook (bedoelende die water kook)
Wat is die stylfiguur IRONIE en gee ‘n voorbeeld?
die teenoorgestelde gebeur as wat verwag word.
bv.
die beste elektrisiën is dood geskok.
Wat is die stylfiguur SARKASME en gee ‘n voorbeeld?
dit wat bedoel word, word direk gesê om die spot / ontevredenheid aan te dui.
bv
Jy gee dan die antwoord, jy is mos so slim.
Wat is die stylfiguur KLIMAKS ?
hoogtepunt