MORFOLOGIE Flashcards

1
Q

Wat beteken Morfologie?

A

Dit beteken die studie van ‘n woord se BOU. Ons ontleed woorde morfologies, m.a.w. ons breek die woord in morfeme op.

Woorde word in 2 groepe opverdeel naamlik SIMPLEKSE en KOMPLEKSE.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is ‘n simpleks?

A

‘n Woord wat nie in morfeme, d.w.s. betekenisvolle woorddele, ontleed kan word nie bv.

krieket, kind, kabouter, advokaat, battery, skool

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is ‘n kompleks?

A

‘n Woord wat uit meer as een morfeem betsaan, d.w.s. die woord kan in morfeme ontleed word bv.

wense, kinderlik, leierskap, handboekie, motorfietse, motortjie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Daar is 3 groepe kompleks woorde.

  1. Samestellings
A

Samestellings is die samevoeging van twee stamme bv.

boek + rak = boekrak
skaap + plaas = skaapplaas
seun + skool = seunskool
see + straat = seestraat

ONTHOU by samestellings funksioneer die een stam as die kern (hoofstam) en die ander stam funksioneer as die bepaler.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Daar is 3 groepe kompleks woorde.

  1. Afleidings
A

As ons ‘nuwe’ woorde vorm d.m.v.:

Premorfeme bv onthoof, hersien
Postmorfeme bv huislik, huurder
Pre-en postmorfeme bv beboste, bemoedig
Klinkerwisseling (klankwisseling, metamorfeme) bv
sluit - slot
geniet - genot
klink - klank
gryp - greep

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Daar is 3 groepe kompleks woorde.

  1. Samestellende afleidings
A

Dit is as ‘n ‘nuwe’ woord deur ‘n kombinasie van samestellings en afleidings gevorm word, d.w.s.** twee of meer stamme + ‘n afleidingsmorfeem**

bv

huiskopery
goedhartig

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die definisie van stam of basisvorm?

A

Die eenvoudigste struktuur van die woord, wat op sy eie betekenisvol is.

Laaste stam = kern

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is die definisie van ‘n premorfeem?

A

Dit is ‘n afleidingsmorfeem wat op sy eie geen betekenis het nie, bv. verhuis, herbou, ontbos, en wat saam met die stam ‘n nuwe woord vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die definisie van ‘n postmorfeem?

A

Dit is ‘n afleidingsmorfeem wat op sy eie geen betekenis het nie, bv. huislik, bouery, beboste, en wat saam met die stam ‘n nuwe woord vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is die definisie van ‘n verbindingsklank?

A

Die funksie van ‘n verbindingsklank is om die stamme aanmekaar te koppel, bv. kindertaal, wildsbok, lewensmoeg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

‘n Premorfeem kan ook na as wat verwys word?

A

‘n Voorvoegsel of ‘n Prefiks

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

‘n Postmorfeem kan ook na as wat verwys word?

A

‘n Agtervoegsel of ‘n Suffiks

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

‘n Verbindingsklank kan ook na as wat verwys word?

A

‘n Verbindingskomponent.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly