AFKORTINGS EN AKRONIEME Flashcards
Reël 1 - Woorde kan afgekort word deur die eerste volle (soms plus tweede en soms ook derde) lettergreep plus die eerste letter (s) van die daaropvolgende lettergreep of lettergrepe te gebruik.
advertensie - advt.
chemie - chem.
Genesis - Gen.
Februarie - Feb of Febr.
Januarie - Jan.
elektries - elektr.
fisiologie - fisiol.
instrument - instr.
LET WEL: Daar is ook enkele gevalle waar die slotletter(s) van die betrokke woord deel van die afkorting uitmaak.
departement - dept.
adjudant - adjt.
Reël 2 - Woorde kan afgekort word deur middel van die eerste en laaste letter(s) van die woord, met soms ook die eerste letter(s) van die lettergrepe tussenin.
debiet - dt.
Eiendoms - Edms.
Maart - Mrt.
meneer - mnr.
Reël 3 - Woordgroepe kan afgekort word deur middel van die beginletter(s) van al die woorde waaruit die woordgroep bestaan.
as gevolg van - a.g.v.
deur middel van - d.m.v.
onder andere - o.a.
met ander woorde - m.a.w.
met betrekking tot - m.b.t.
na aanleiding van - n.a.v.
in plaas van - i.p.v.
ten opsigte van - t.o.v.
Reël 4 - Name van instansies (of name van lede van instansies) kan afgekort word deur middel van die beginletter(s) van die woorde of stamme waaruit die naam bestaan.
Universiteit Stellenbosch - US
Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging - ATKV
Suid Afrikaanse Steenkool, Olie en Gaskorporasie - SASOL
LET WEL: Geen punte word by hierdie afkortings gebruik nie!
hoofposkantoor - HPK of H.P.K
intelligensiekwosient - IK of I.K.
menslikeimmuniteitsgebreksindroom - MIV of M.I.V.
Reël 5 - geen punte word geskryf by afkortings van name wat as akronieme gebruik word nie.
Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika - NOKSA of Noksa
Suid-Afrikaanse Steenkool-Olie en Gaskorporasie - SASOL
Kaaplandse Raad vir Uitvoerende kunste - KRUIK of Kruik
CO(corona)VI(virus)D(disease) - COVID
Reël 6 - Geen punte met afkortingswaarde word geskryf by die simbole van die SI (Systeme International d’unites) nie.
sentimeter - cm
kilogram - kg
volt - V
liter - l
gigajoule - GJ
mililiter - ml
kilometer - km
watt - W
Reël 7 - Titelafkortings en voorletters kan met of sonder punte geskryf word.
dr. P.L. Mostert of dr P.J. Mostert
me. H.Z. Kotze of me H.Z. Kotze
mej. of mej
mnr. of mnr
prof. Van Zyl of prof Van Zyl
INTERESSANT: As ons bv. wil sê: Me. grobler, me. Van Dyk en me. Geyer was afwesig, skryf ons dit so:
Mes. Grobler, Van Dyk en Geyer was afwesig.
of
Mee. Grobler, Van Dyk en Geyer was afwesig.
Reël 8 - Rangtelwoorde kan afgekort word of met die syfer plus de of ste of met ‘n syfer plus e, ongeag of die volvorm op -de of -ste eindig.
10de of 10e
19de of 19e
21ste of 21e
100ste of 100e
5de laan of 5e laan
26ste straat of 26e straat
Waarvoor staan KKNK?
Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Waarvoor staan BTW?
Belasting op toegevoegde waarde
Waarvoor staan ATKV?
Afrikaanse Taal en kultuur vereniging.
Waarvoor staan AWS?
Afrikaanse woordelys en spelreëls
Waarvoor staan IK?
Intelligensie kwosïent
Waarvoor staan Mrt.?
Maart
Waarvoor staan Di.?
Dinsdag