Vertering van proteiene Flashcards
Wat word die groep ensieme genoem wat proteiene verteer?
Proteases
Proteases kom in die maagsap voor. Op watter deel van die pH spektrum lê die maagsap?
Suur
Wat word a.g.v. proteases in die maag verteer tot watter produk?
Proteiene tot stukke proteiene
Waarom is die inhoud van die maag suur?
Die maagwand skei soutsuur af. Dit skep ‘n suur medium vir proteases en maak bakterieë dood.
Wat keer dat die maagwand beskadig word deur ensieme en suur?
Die mukus wat deur die bekerselle afgeskei word.
Daar kom proteases in die pankreassap voor. Is die medium alkalies of suur?
Alkalies
Wat word deur die proteases in die pankreas verteer tot watter produk?
Stukke proteiene tot kleiner stukke proteiene
Proteases kom in die dundermsap voor. Wat word verteer tot wat?
Stukkies proteiene tot aminosure
Waar kom ensieme wat proteiene verteer orals voor?
In die maagsap(Proteases), die pankreassap(Proteases) en die dundermsap(Proteases)