Ensieme Flashcards
Wat is die funksie van ensieme in die liggaam?
Beheer alle chemiese reaksies.
Wat word die som van alle chemiese reaksies genoem?
Metabolisme
Wat word opbouende reaksies genoem?
Anaboliese reaksies
Wat word afbrekende reaksies genoem?
Kataboliese reaksies
As wat tree ensieme op tydens chemiese reaksies?
Katalisators.
Wat doen katalisators?
Verminder energie wat nodig is vir ‘n reaksie om plaas te vind. Laat reaksie vinniger plaasvind.
Neem katalisators aan reaksies deel en waarom is ensieme effektief vir die verteringsproses?
Nee.
Kan oor en oor gebruik word.
Wat word die medium waarop ensieme inwerk genoem?
Substraat.
Wat word ensieme genoem wat buite selle werk?
Ekstrasellulêre ensieme
Wat is ‘n voorbeeld van ekstrasellulêre ensieme?
Verteringsensieme
Wat word ensieme genoem wat binne selle werk?
Intrasellulêre ensieme
Wat is ‘n voorbeeld van intrasellulêre ensieme?
Ensieme wat fotosintese en respirasie beheer.
Waarvoor is ensieme sensitief?
Hoë temperature
pH
Waarom is die ensieme sensitief?
Hulle is proteiene
Wat beteken substraat-spesifiek?
Elke soort ensiem het ‘n spesifieke substraat waarop dit inwerk.