Vertering van koolhidrate Flashcards
Wat word groepe ensieme genoem wat koolhidrate verteer?
Karbohidrases
Watter ensiem bevat die speeksel in die mond?
Speekselamilase
Watter ensiem kom in die pankreassap voor?
Pankreasamilase
Daar kom ander karbohidrases voor in die dunderm. Wat breek hierdie karbohidrases af?
Breek suiker af tot glukose
Daar kom speekselamilase in die mond voor in die speeksel. Op watter deel van die pH spektrum lê speeksel?
Alkalies
Wat word in die speeksel afgebreek deur speekselamilase en wat is die produk?
Gaar stysel word afgebreek tot suiker
Daar kom pankkreasamilase voor in pankreassap. Op watter deel van die pH spektrum lê pankreassap?
Alkalies
Wat word in pankreassap deur pankreasamilase afgebreek en wat is die produk?
Alle stysel word daar afgebreek en die produk is suiker.
Daar kom karbohidrases voor in die dundermsap. Is die dundermsap alkalies of suur?
Alkalies
Wat word in die dundermsap deur karbohidrases afgebreek en wat is die produk?
Suikers word afgebreek en glukose bly oor.
Waar kom ensieme wat koolhidrate verteer orals voor in die spysverteringstelsel?
In die speeksel(speekselamilase), die pankreassap(pankreasamilase) en die ileum in die dundermsap(karbohidrases)