Assimilasie Flashcards
Wat is assimilasie?
Wanneer geabsorbeerde voedsel vervoer word na die selle deur bloed en in die selle deel word van die protoplasma
Waarvoor word koolhidrate(Glukose) gebruik na absorpsie by diere?
Respirasie en die bou van glikogeen.
Waar word glikogeen geberg?
Indie spier- en lewerselle en in vetweefsel.
Waarvoor word koolhidrate(Glukose) gebruik in plante?
Vervaardiging van stysel en sellulose.
Waar kom stysel en sellulose voor in plante?
Stysel: leukoplaste en sitoplasma
Sellulose: selwande
Waarvoor word proteiene(aminosure) gebruik?
Gebruik om ander proteiene op te bou.
Dien as reserwe energie(Glikogeen)
Aminosure word afgebreek tot glukose en ureum
Waarvoor word vette gebruik?
Selmembrane
Isolering rondom organe en onder die vel
Reserwe energie