Aanpassings van die villi vir absorpsie Flashcards
Uit hoeveel sellae bestaan die kolomepiteel van die villi?
1 sellaag
Waarom is die kolomepiteel van die villi net een sellaag dik?
Sodat voedingstowwe vinnig kan deurbeweeg.
Wat kom op die epiteelselle van die villi voor?
Mikrovilli.
Wat is die funksie van die mikrovilli?
Dit vergroot die oppervlak vir absorpsie.
Wat kom rondom die villi voor?
Kappilêre bloedvate.
Wat maak die kappilêre vate rondom die villi hoogs doeltreffend?
Bestaan net uit een laag plaveiselepiteel.
Waarom is die kappilêre vate rondom die villi net een sellaag dik?
Sodat glukose en aminosure vinnig geabsorbeer kan word.
Wat sekreteer die in die kolomepiteel van die villi bekerselle?
Mukus.
Waarom word mukus uit die bekerselle in die kolomepiteel van die villi gesekreteer?
Dit hou die absorpsie oppervlak klam.
Vergemaklik diffusie.
Waar is die lakteaal geleë?
In die middel van die villi.
Hoekom is die lakteaal in die middel van die villi geleë?
Sodat vetsure en gliserol apart geabsorbeer kan word.
Wat sekreteer die kripte van Lieberkuhn?
Ensieme.
Wat verteer die ensieme wat die kripte van Lieberkuhn vrystel?
Groter voedsel molekules.
Wat sekreteer die Brunner klier?
‘n Alkaliese vloeistof.
Wat is die funksie van die alkaliese vloeistof wat die Brunner klier vrystel?
Dit neutraliseer die suur van die chym.
Maak die pH alkalies vir ensiem werking.