Ontkennende vorm (Negative Form) Flashcards
Wat is Ontkennende Vorm (Negative Form)?
Wanneer ‘n sin ‘n dubbel (NIE) kry
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm.
Bobby kan krieket speel.
Bobby kan nie krieket speel nie.
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm.
Sally spring ver.
Sally kan nie ver spring nie.
Jy kan ‘n vraag in die ontkennende vorm vra. Byvoorbeeld.
Hoekom het jy nie jou huiswerk gedoen nie?
Hoekom mag ek nie buite speel nie?
Jy kan ook ‘n vrae beantwoord in die ontkennende vorm. Die sin begin dan met NEE.
Byvoorbeeld.
Nee, ek het nie my huiswerk gedoen nie.
Nee dankie, ek wil nie nou eet nie.
Wanneer iemand ‘n bevel (order) gee, wat begin die sin met?
Moenie
Moet asseblief nie
BV. Moenie oor die pad hardloop nie!
Moet asseblief nie die hond jaag nie!
Die volgende woorde kan die plek van die EERSTE NIE in ‘n sin vat:
Wat is die vier woorde?
nie + iemand = niemand
nie + erens = nerens
nie + iets = niks
nie + ooit = nooit
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm?
Julle mag buite speel.
Nee, julle mag nie buite speel nie.
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm?
Hy het geld.
Hy het niks geld nie.
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm?
Jy maag dit weer doen.
Jy mag dit nooit weer doen nie!
Sit die volgende sin in Ontkennende vorm?
Jy mag ‘n prentjie teken.
Nee jy mag nie ‘n prentjie teken nie.