Oksidatiewe Fosforilering Flashcards
Waar vind Oksidatiewe Fosforilering plaas?
Op die kristas van die mitochondrium.
Is Oksidatiewe Fosforilering ‘n aerobiese of anaerobiese fase?
Aerobies
Van watter vorige fases kom die energieryke H-atome vandaan?
Vanaf Glikolise en die Krebssiklus
Waardeur word die energieryke H-atome tot in die Oksidatiewe Fosforilering fase gedra?
Ko-ensieme
In die Oksidatiewe Fosforilering fase word die H-atome van een waterstofontvanger na ‘n ander gedra. Wat word hierdie waterstofontvangers genoem?
Ko-ensieme
Wat gebeur elke keer wanneer ‘n H-atoom van een ko-ensiem na ‘n ander oorgedra word?
Chemiese potensiële energie word vrygestel
Waarvoor word die chemiese potensiële energie wat vrygestel word gebruik?
Om ‘n fosfaat-molekule met ADP te verbind om ATP te vorm.
Wat is die finale waterstofontvanger?
Suurstof
Wat word gevorm wanneer 2 H-atome met een O-atoom verbind?
Water
Wat is die enigste produk wat oorbly van die glukose wat afgebreek is tydens selrespirasie?
Die energie in die ATP
Wat gebeur met die water wat tydens Oksidatiewe Fosforilering vrygestel word?
Word uitgeasem in die vorm van waterdamp
Uitgeskei as urine of sweet