Die rol van anaerobiese respirasie in die industrie Flashcards
1
Q
Watter organismes word gebruik in die vervaardiging van alkoholiese drankies soos bier en wyn?
A
Gisselle en ander swamme
2
Q
Waarvoor word gisselle gebruik in die bakproses?
A
Om die brood te laat rys
3
Q
Hoe laat gisselle die brood rys?
A
Koolstofdioksied vorm borrels en die alkohol wat gevorm word verdamp a.g.v. die hitte
4
Q
Hoe word sekere bakterieë gebruik om kaas, joghurt en suurmelk te produseer?
A
Sekere bakterieë kan onder anaerobiese toestande en in die teenwoordigheid van laktose die produkte produseer
5
Q
Wat is biotegnologie?
A
Die gebruik van lewende organismes in industriële prosesse.