Inleiding tot selrespirasie Flashcards
Wat is selrespirasie?
Dit is die afbreek van organiese verbindings(glukose) met die geleidelike vrystelling van energie wat in ATP-molekules geberg word. Suurstof word benodig en koolstofdioksied en water word vrygestel.
Hoe word die Wet van Behoud van Energie gedefinieer?
Energie kan nie geskep of vernietig word nie, maar slegs van een vorm na ‘n ander omgeskakel word.
Wat is die primêre bron van energie op die aarde?
Die son.
Tydens watter proses word stralingsenergie van die son na chemiese potensiële energie omgeskakel?
Fotosintese.
Waarin word die chemiese potensiële energie ingebou tydens fotosintese?
In organiese koolhidraatmolekules(glukose).
Tydens watter proses word hierdie organiese verbindings(glukose) afgebreek?
Selrespirasie.
Wat word vrygestel wanneer hierdie organiese verbindings(glukose) tydens selrespirasie afgebreek word?
Gebergde chemiese potensiële energie.
Wat gebeur met die chemiese potensiële energie wat tydens selrespirasie vrygestel word?
Word deur ATP na alle dele van die liggaam gedra.
Slegs ‘n gedeelte van die energie word in ATP gestoor. Wat word van die ander energie wat vrygestel word tydens selrespirasie?
Word as hitte aan die omgewing afgegee deur straling deur die vel en ekskresie.