Die verskille en ooreenkomste tussen aerobiese en anaerobiese respirasie Flashcards
Wat is die ooreenkomste tussen anaerobiese en aerobiese respirasie?
- Koolhidrate is die primêre energiebron
- Koolstofdioksied word by albei vrygestel
- Energie word vrygestel en geberg in ATP
- Glikolise vind by beide plaas
Hoe verskil anaerobiese en aerobiese respirasie ten opsigte van suurstof?
Aerobies-Vind plaas wanneer suurstof beskikbaar is
Anaerobies-Vind plaas in die afwesigheid van suurstof
Waar vind anaerobiese en aerobiese respirasie onderskeidelik plaas?
Aerobies-In sitoplasma en mitochondria van plant- en dierselle
Anaerobies-In sitoplasma van sekere fungi,bakterieë,lint- en modderwurms en spierselle
Watter fases vind onderskeidelik plaas tydens anaerobiese en aerobiese respirasie?
Aerobies-Glikolise, Krebssilus, Oksidatiewe Fosforilering
Anaerobies-Slegs Glikolise
Hoeveel energie lewer anaerobiese en aerobiese respirasie?
Aerobies-38 ATP’s(baie energie)
Anaerobies-2 ATP’s(min energie)
Tot wat word glukose afgebreek tydens anaerobiese en aerobiese respirasie?
Aerobies-Koolstofdioksied, water en ATP
Anaerobies-Glukose slegs gedeeltelik afgebreek
Tydens anaerobiese respirasie, word koolstofdioksied by beide plant- en dierselle vrygestel?
Nee. Koolstofdioksied word slegs by plantselle vrygestel tydens anaerobiese respirasie
Watter prosesse vind plaas tydens anaerobiese respirasie by plant- en dierselle?
Plantselle-Alkoholiese fermentasie
Dierselle-Melksuur fermentasie
By anaerobiese respirasie by plant- en dierselle, is die proses omkeerbaar of nie?
Plantselle-Nie omkeerbaar
Dierselle-Omkeerbaar
Wat veroorsaak anaerobiese respirasie by plant- en dierselle?
Plantselle-toksies by hoër plante
Dierselle-Moegheid, stram spiere