Anaerobiese respirasie in die spiere tydens oefening Flashcards
Tydens strawwe oefening kry die spierselle nie genoeg suurstof nie. Wat is die gevolg daarvan?
Die spierselle moet anaerobies respireer
Watter fase van selrespirasie vind dan plaas?
Slegs glikolise
Wat gebeur tydens die fase?
Glukose word afgebreek tot 2 pirodruiwesuur molekules.
Hoeveel energie word tydens anaerobiese respirasie in die fase vrygestel?
‘n Klein hoeveelheid energie
Tot wat word die pirodruiwesuur omgeskakel?
Tot melksuur
Waar word die melksuur vrygestel?
In die spierselle
Wat word hierdie proses van melksuurvrystelling genoem?
Melksuurfermentasie
Wat aantal suurstof genoem wat nodig is om van die melksuur in die spierselle ontslae te raak?
Suurstofskuld
Wat is melksuur?
‘n Gifstof wat tot spierstyfheid en spierpyne lei
Wat is nodig om melksuur weer na pirodruiwesuur om te skakel?
Suurstof
Wat is nodig om ontslae te raak van spierstyfheid en -pyn?
Matige oefening met diep asemhaling
Wat gebeur indien die suurstof tydens die oefening genoegsaam is?
Aerobiese respirasie vind plaas en die pirodruiwesuur gaan die Krebssiklus binne.
Is hierdie proses van anaerobiese respirasie in spierselle ‘n omkeerbare proses?
Ja