Nut, waarde en prys Flashcards
Keuses van ‘n verbruiker word deur 3 veranderlikes beinvloed
- Die eienskappe wat die produk benodig ten einde behoeftes te bevredig
- Die waarde van die produk in terme van ‘n ander produk
- Inkomste tot verbuiker se beskikking
Wanneer die 3 veranderlikes gekombineer word…
sal di erasionale verbruiker totale nut maksimeer en dus maksimale behoeftesbevrediging ervaar
Nut
- Beskryf die kapasiteit van produkte om in die behoeftes van verbruikers te voldoen. Meet dus die mate van bevrediging wat die verbuiker ervaar
- Word gemeet in utils en word deur die letter U aangedui
Kenmerke van nut
- Nut is ‘n abstrakte en subjektiewe konsep
- Dit is moeilik om nut te meet
Vormnut
- WOrd verky deur: vervaardiging / produsie
- Die vorm ban grondstowwe verander
- Bv) hout na meubels
Pleknut
- Verkry deur: Vervoer
- Fisiese verskuiwing van goedere
- Bv) spoor/ pad/ lug/ water
Tydnut
- Verkry deur: Opberging
- OOrskot wat verberg word vir ‘n latere staduim
- bv) kos wat geberg word in pakhuise
Eienaarsnut
- Verkry deur: eienaarskap
- Oordrag van eienaarskap van een persoon na die volgende
- bv) huise, karre
Nuttige vorm
- DIe item moet in die regte vorm wees dus moet di eproduk verwerk word tot ‘n diensbare of verbruikbare toestand
- ten einde papoer te verkry moet hout eers verwerk word
Nuttige plek
- Die artikel moet op die regte plek wees sodat dit gebruik word
- ‘n selfoon wat by die huis gelos word as jy uitgaan, bevredig nie jou behoeftes nie
Nuttige tyd
- Die artikel moet op die regte tyd beskikbaar wees
- Om roomys in die middel van winter te verkoop sal onprakties wees
Nuttige besit
Die artikel is slegs vir die gebruiker van nut as dit in die verbruiker se besit is
Ordinale meting van nut
- Volgens rangorde
- Nut het nie spesifieke waarde nie, maar plaas goedere in rangorde van hoog tot laag
Kardinale meting van nut
- Werklike waardes
- Werk volgens utils wat aan elke produk toegeken word
- Subjektief van aard omrede elke persoon verskillende waardes aan produkte sal koppel
Totale nut (TU)
Verwys na die somtotaal van die nut wat verkry word deur die opeenvolgende gebruik van ‘n produk om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien
Totale nut Formule
TU = U1 + U 2 + Un…
Marginale nut (MU)
(grensnut) bykomende nut wat ‘n verbuiker kry uit die verbruik van een bykomende eenheid van ‘n produk
Marginale nut formule
MU = verandering in TU gedeel deur die verandering in hoeveelheid gebruik
Die wet van dalende gresnut (wet van Gossen)
- Die verbruiker se behoeftes aan die produk sal met elke addisionele eenheid wat hy verbruik meer bevredig word, totdat optimale nut verkry word
- Die gresnut van ‘n produk neem af namate meer en meer van die produk agtereenvolgend gebruik word
- Dus sal die gresnut met elke eenheid wat gebruik word verminder
Utilitere waarde (gebruikswaarde)
- Die doeltreffendheid van ‘n produk/ dien om behoeftes en begeertes te bevredig
- dis subjektief en verskil van persoon tot persoon
Ruilwaarde (monetere waarde)
- Die waarde van goedere gemeet in terme van ander goedere en dienste
- of die monetere waarde van goedere
- Dit weerspieel wat ‘n persoon bereid is om daarvoor te ruil
- Die ruilwaarde van goedere styg indien goedere skaars is
Faktore wat nut beinvloed
- Vraag
- Aanbod
- Skommeling
Absolute prys
(nominale prys)
word opgestel vir spesifieke produk
Relatiewe prys
Verwys na die verhouding tussen die prys van ‘n produk en di epryse van soortgelyke produkte
Verhouding tussen nut, waarde en prys
- Die waarde van ‘n produk word uitgedruk as di eprys wat vir daardie produk betaal gaan word
- Geld maak dit moontlik om die waarde van goedere in ‘n gemeenskaplike eenheid te meet. Maak dit makliker om waarde van artikels met mekaar te vergelyk
- Nut is noodsaaklike vir enige artikel om ruilwaarde te he, maar dit is nie die faktor wat die artikel se uiteindelike ruilwaarde bepaal nie