Ekonomiese Stelsels Flashcards
Ekonomiese stelsel
Verwys na die manier waarop die regering van ‘n land hulpbronne toewys
Beantwoord ie vrae: vir wie, hoeveel en wat om te produseer
Vryemark ekonomie
Die markekonomie stel dat die basiese ekonomiese probleme deur die markmeganismes (vraag en aanbod) opgelos moet word
Vryemark ekonomie, ekonomiese kenmerke
1) privaat eiensaarskap
2) vrye ondernemerskap en keuses
3) mededinging
4) motivering (winsmotief)
5) regeringsinmenging
Vryemark ekonomie: eienaarskap
Bykans alle produksiefaktore word deur privaat individue besit en beheer
Mark ekonomie steen grootliks op privatiseering van staatseiendom
Vryemark ekonomie: vrye ondernemingskap en keuses
Eienaar van produksiefaktore het vryheid ten opsigte van alle ekonomiese keuses
Vryehandel vind plaas ( regering plaas min tot geen beperkings op handel)
Individue is vry om beroepskeuses uit te oefen en om eiendom te besit
Verbruikers kan besteebare inkomste bestee hoe hulle goed dink
Besluite word beïnvloed deur faktore soos: mededinging, vraag en aanbod
Vryemark ekonomie: mededinging
Bestaan wanneer ekonomiese eenhede vry is om hulle hulpbronne aan te wend soos hulle goed dink
Pryse dien as tekens in vryemark, dit help om surplusse en tekorte te voorkom
Vryemark ekonomie: motief
Verbruiker: word deur eiebelang gedryf, streef na die maksimalisering van hulle individuele welvaart
Produsent: streef na maksimum wins en sal in goedere spesialiseer wat optimale wins verskaf
Owerheid: gemeenskapsbelang
Vryemark ekonomie: regeringsinmenging
Geen inmenging van die regering in ‘n suiwer kapitalistiese stelsel
Besluitneming is gedesentraliseerde omdat ekonomiese agente eie keuse uitoefen
In praktyk sal so ekonomie nie kan funksioneer nie. Alle kapitalistiese ekonomieë het dus tot mindere mate inmeging van die regering nodig
Voordele van ‘n vryemark ekonomie
1) vryeheid van keuse
2) volhoubare gebruik van hulpbronne
3) welvaartskepping
4) vrye toetrede tot die mark
5) ekonomiese groei
6) risiko’s
Vryemark ekonomie: voordele, vryheid van keuse
Verbruikers het wye verskeidenheid van keuses
Vryemark ekonomie: voordele, volhoubare gebruik van hulpbronne
Individue gebruik hulpbronne vindingryk om optimale wins te verseker
Omrede individue self die produksiefaktore bestuur en besit, word skaars hulpbronne so verbruik om verkwisting tot minimum te beperk
Vryemark ekonomie: voordele, welvaartskepping
Individue kan winste aanwend om persoonlike welvaart te verbeter wat dien as aansporing vir ander om mark te betree
Vryemark ekonomie: voordele, vrye toetrede tot die mark
Gee aanleiding tot mededinging
Gee verbruiker groter vlak van keuses
Sake ondernemings is nie in staat om die mark te domineer nie
Verbruikers kan nie uitgebuit word nie weens die hoë vlak van mededinging
Vryemark ekonomie: voordele, ekonomiese groei
Mark is dinamies a.g.v. dryfkrag van winste en kontrolerende kragte van mededinging
Volgehoue ekonomiese groei is moontlik indien die regering in staat is om gunstige ekonomiese toestande te skep
Vryemark ekonomie: voordele, risiko’s
Individue neem berekende risiko’s wat gedek word deur versekering
Nadele van ‘n vryemark ekonomie
1) ongelykheid
2) keuses
3) eksternaliteite
4) ekonomiese groei
Vryemark ekonomie: nadele, ongelykheid
Daar is geen verband tussen behoeftes en die allokering van hulpbronne nie
Lei tot groot klasseverskille waar diegene wat welvaart kan genereer uitstyg bo mense wat nie daartoe in staat is nie (ongelyke verdeling van inkomste en welvaart)
Lei dikwels tot sosiale probleme (armoede, hongersnood)
Vryemark ekonomie: nadele, keuses
Individue word gedryf deur eiebelang, dikwels tot nadeel van ander
Hoë aanvraag na sekere goedere veroorsaak dat dit te duur is vir gemarginaliseerde groepe
Vryemark ekonomie: nadele, eksternaliteite
Produsente word gedryf deur eiebelang en neem nie die eksternaliteite van produksie in ag nie
Produsente produseer ook nie - meriete goedere wat skadelik is vir die gemeenskap
Vryemark ekonomie: nadele, ekonomiese groei
Gedurende ‘n afswaaifase in die sakesiklus word markekonomieë swaar belas met sosiale probleme (wekloosheid, armoede…)
Sentraalbeplande ekonomie
In die sentraalbeplande ekonomie word alle produksiefaktore deur die staat besit en die staat bepaal die basiese ekonomiese probleme (vir wie, wat, hoe)
Word verdeel in 2 katogorieë: sosialisme en kommunisme
Sosialisme
Privaat eienaarskao word toegelaat in die vorm van eiendom wat verbruikers mag aankoop
Prosuksiefaktore wat die grootste bron van inkomste verskaf word deur die staat besit en bestuur
Demokratiese verkiesing geskied om die regerende party te verkies
Kommunisme
Privaat eienaarskap word nie toegelaat nie. Eiendom word toegeken volgens behoeftes, soos geïdentifiseerd deur die staat
Gesentraliseerde regerings besit en beheer alle produksiefaktore in die land
Die landburgers kan nie die regerende party verkies nie, dit word beskou as ‘n outokratiese staat
Sentraalbeplande ekonomie: ekonomiese kenmerke
1) eienaarskap
2) motivering
3) beplanning
4) behoeftebeplaning en keuses
Sentraalbeplande ekonomie: ekonomiese kenmerke, eienaarskap
Produksiefaktore word ten volle (kommunisme) of gedeeltelik (sosialisme) deur die staat besit
Maak gebruik van die proses van nasionalisering
Staat is die enigste ekonomiese entiteit in die ekonomie en beskik oor die grootste arbeidsmag (staatsamptenare) om die ekonomiese beleid uit sentrale posisie uit te voer
Sentraalbeplande ekonomie: ekonomiese kenmerke, motivering
Produksiefaktore word deur gemeenskaplik voordeel gedryf
Alhoewel grond gemeenskaplik besit word, voer die staat die entrepreneurskap funksie uit
(Geen privaat onderneming mag geskep word nie)
Sentraalbeplande ekonomie: ekonomiese kenmerke, beplanning
Hulpbronne word d.m.v ‘n beplanningsproses toegeken
Die allokering van hulpbronne vin plaas vanuit ‘n sentraal beplande meganisme
Behoeftes aan arbeid en grond word vooruit beplan en lei dat die staat aan individue beroepskeuses voorskryf
Sentraalbeplande ekonomie: ekonomiese kenmerke, behoeftebeplaning en keuses
Staat bestuur die behoeftes en begeertes van verbruikers en voorsien noodsaaklike g&d in gelyke hoevelhede aan almal
Min surplusproduksie omrede daar nie winsmotief is nie
Hoewel individue toegang het tot g&d, word dit beperk tot noodsaaklikhede
Om tekorte te vermy, word die verdeling van goedere soms deur koeponstelsels beheer
Voordele van sentraalbeplande ekonomie
1) behoeftebeplanning
2) massaproduksie
3) vermorsing word beperk
4) volle indiensname
5) gelyke verdeling van inkomste en welvaart
6) langtermynbeplanning
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, behoeftebeplaning
Die stelsel poog om die behoeftes van die gemeenskap te bevredig en nie die van die individu nie
Die staat poog om maatskaplile en ekonomiese dienste gelyk te verdeel
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, massaproduksie
Weens die monopolistiese aard van die nywerhede, vervaardig een onderneming slegs een kommoditeit wat massa produksie moontlik maak
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, vermorsing word beperk
Hulpbronne word op sentrale en beheerde wyse bestuur, surplusse word nie geproduseer wat vermors nie
Hulpbronne word nie verkwis deur duplisering wat gepaard gaanmet mededinging nie
Eksternaliteite word beperk wat omgewingsverval voorkom
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, volle indiensneming
Daar is volle indiensneming aangesien die staat vir almal werk skep, selfs al sou dit nie winsgewend van aard wees nie
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, gelyke verdeling van inkomste en welvaart
Kommunisme is radikale vorm van sentrale beplanning wat totale gelyke verdeling van welvaart waarborg
Sosialisme poog die staat om gelyke verdeling te verseker
Sentraalbeplande ekonomie: voordele, langtermynbeplanning
Die ekonomie word ten volleyball beheer en in ‘n bepaalde rigting gestuur
Nadele van sentraalbeplande ekonomie
1) burokrasie
2) langtermynbeplanning
3) keuses
4) motivering
5) vryheid
Sentraalbeplande ekonomie: nadele, burokrasie
Amptelike reëls en tydrowende prosedures belemmer produktiwiteit en doeltreffendheid van ondernemings
Lei tot hoogs ondoeltreffende toewysing van hulpbronne
Sentrale beplanning vereis intensiewe administrasie deur staatsamptenare wat nie noodwendig opgelei is of oor die vaardighede beskik nie
Staatsamptenare gebruik dikwels die stelsel om hulself te verryk
Sentraalbeplande ekonomie:nadele, langtermynbeplanning
Maak die stelsel onbuigsaam en moeilik om op korttermyn behoeftes en veranderinge te reageer wat dikwels lei tot tekorte
Sentraalbeplande ekonomie: nadele, keuses
Verskeidenheid en gehalte van g&d is te beperk om aan die voorkeure en smake van die verbruiker te voldoen
Produkte is gestandardiseerd en luukse goedere word as onnodig beskou
Sentraalbeplande ekonomie: nadele, motivering
Die afwesigheid van privaat inisiatief lei dikwels tot lae produktiwiteit
Die gehalte van goedere is swak weens die produksie teiken wat dikwels in terme van volumes vasgestel word (en nie kwaliteit of gehalte nie)
Sentraalbeplande ekonomie: nadele, vryheid
Min tot geen vryheid word toegelaat wat aansporingsmaatreëls bemoeilik
Die gemengde ekonomie
Bevat voordele van beide die mark- sowel as sentraalbeplande ekonomie
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke
1) eienaarskap
2) vrye ondernemerskap
3) motivering
4) staatsinmening
5) mededinging
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke, eienaarskap
Meeste v.d. land se produksiefaktore is in privaatbesit
Die openbare sektor verskaf die infrastruktuur en openbare dienste aangesien daar min winsmotief hiervoor is
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke, vrye ondernemerskap
Die eienaars v d produksiefaktore het vryheid ten opsigte van alle ekonomiese keuses
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke, motivering
Produsente word deur eiebelang gedryf en vervaardig goedere na gelang van wins
Openbare sektor word deur gemeenskaplike voordeel gedryf en neem die welsyn van die gemeenskap in ag
Die mate waartoe ekonomiese bedryfwighede deur die mark gerig word, word deur die vlak van regeringsinmenging bepaal
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke, staatsinmenging
Vind plaas om te verseker dat sosiale en welsyn doelwitte realiseer en om die funksionering van die mark te verbeter (voorkom markmislukkings)
Gemengde ekonomie: ekonomiese kenmerke, mededinging
Ondernemings ding mee om groot verskeideneid van goedere te vervaardig
In SA word mededinging in stand gehou en bevorder deur die Wet op Mededinging
Voordele van die gemengde ekonomie
1) die privaatsektor
2) die openbare sektor
3) die optimale mengsel
4) vryheid van keuses en ondernemerskap
5) die omgewing en menseregte
Gemengde ekonomie: voordele, die privaatsektor
Privaat eienaarskap, die winsmotief en mededinging is die dryfkrag agter n groot verskeidenheid g&d
Uitvoere skep werksgeleenthede en dra by tot ekonomiese groei
Invoere verseker dat verbruikers se behoeftes bevredig word en aan verskillende smake en voorkeure voldoen word
Individuele skeppingsvermoë en die gees van entrepreneurskap stel die mark in staat om vinnig te reageer op veranderinge in smaak, voorkeure en behoeftes
Gemengde ekonomie: voordele, die openbare sektor
Minder burokrasie en meer doeltreffende toewysing van hulpbronne tot gevolg
Welsyn en voorsiening van maatskaplike goedere verseker lewenstandaard van gemarginaliseede groepe
Openbare sektor men in die mark in ten einde markmislukkings te voorkom, infrastruktuur te voorsien en stabiele ekonomiese raamwerk te skep
Gemengde ekonomie: voordele, die optimale mengsel
Verseker dat ‘n aanvaarbare lewenstandaard vir alle landsburgers verseker word
Die owerheid laat die privaatsektor genoegsame ruimte om sy doelwitte na te streef
Die privaatsektor speel ook ‘n belangrike rol in die toewysing van hulpbronne aan die owerheid ten einde sy sosiale en ekonomiese doelwitte na te streef
Gemengde ekonomie: voordele, vryheid van keuses en ondernemerskap
Eienaarskap van besittings is oordraagbaar (eiendomsreg)
Individue het die vryheid van keuses om ekonomiese besluite uit te voer (koop en verkoop)
Gemengde ekonomie: voordele, die omgewing en menseregte
Gemengde ekonomieë het beter omgewings- en menseregte rekords as onderskeidelik sentraal beplande en markekonomie
Nadele van die gemengde ekonomie
1) staatsinmenging in die ekonomie
2) belasting
3) skep armoede
4) omgewingsverval
Gemengde ekonomie: nadele, staatsinmenging in die ekonomie
Die staat meng in om die ekonomie te stabiliseer en geleenthede vir gemarginaliseerde groepe daar te stel
Die beleid wat die staat toepas kan nuwe werksgeleenthede ontmoedig en ekonomiese groei vertraag
Gemengde ekonomie: nadele, belasting
Afhangende van die vlak van inmenging kan belasting redelik hoog wees om openbare g&d te befonds
Kan mense ontmoedig om te werk
Aan die ander kant kan belasting te laag wees vir befondsing van welsyn
Dit sal tot die ontstaan van toenemende ongelykhede in die samelewing lei
Gemengde ekonomie: nadele, skep armoede
Die privaat sektor het beheer oor grond en kapitaal en daarom beskik dit oor die vermoë en neiging om werkers uit te buit en onvolmaakte markte te bedryf
Die ongelyke verdeling van inkomste en welvaart neem toe
Gemengde ekonomie: nadele, omgewingsverval
Markmislukking vind plaas wanneer skaars hulpbronne verkwis word weens die hebsug van die privaatsektor
Indien die rol van die staat te klein is lei dit tot arbeids uitbuiting en omgewingsverval