Die basiese Ekonomiese Probleem Flashcards
van graad 10
Skaarsheid
die hoof ekonomiese probleem
Absolute skaarsheid
wanneer iemand die middele en hulpbronne het om produk te koop, maar daar is geen voorraad van daardie produk nie
Relatiewe skaarsheid
Daar is genoegsame goedere beskikbaar om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien, maar die bevolking het nie die middele om die goedere te koop nie
Keuses
Hulpbronne is skaars of beperk en mense het onbeperkte behoeftes en begeertes, dit lei tot keuses
Verbruikers het beperkte middele en dus moet hulle keuses maak oor hoe om die middele op die beste manier te gebruik
Alternatiewe
Verbruikers het skaars middele en onbeperkte behoeftes en begeertes en moet dus tussen alternatiewe kies om optimaal in hulle behoeftes en begeertes te voorsien
Geleentheidskoste
Ekonomie gebruik geleentheidskoste om die ware koste daarvan om een alternatief in plaas van ‘n ander te kies, te meet
Die waarde van die produk wat opgeoffer word om ‘n ander produk te koop
Ekonomiese goedere
1) beperkte hoeveelhede beskikbaar, dikwels nie genoeg om in vraag te voorsien nie
2) Vereis ‘n prys, verbruikers betaal daarvoor
3) Het gebruik en ruilwaarde, om voorraad op te hoop is voordelig vir eienaar
4) Aanbod kan beheer word
5) Welvaart van mense word gemeet aan die hoeveelheid ekonomiese goedere wat in sy besit is
Vrye goedere
1) Is vrylik beskikbaar in onbeperkte hoeveelhede
2) Behaal geen prys, niemand is bereid om daarvoor te betaal nie
3) Het gebruikswaarde maar nie ruikwaarde nie, trek nie voordeel uit ophoop daarvan nie
4) Aanbod is buite beheer van die mens
5) Besit en gebruik van gratis goedere bepaal nie hoe ryk mense is nie
Ruilwaarde
‘n produk het ruilwaarde wanneer dit ‘n prys behaal en verbruikers bereid is om die produk vir geld te verruil
Gebruikswaarde
‘n produk het gebruikswaarde wanneer dit nut vir die verbruiker hou
Produksie
Die proses waardeur ‘n entrepreneur beskikbare hulpbronne kombineer ten einde g&d te produseer om in die behoeftes en begeertes van die verbruiker te voldoen
Produksiefaktore
Elemente wat gekombineer word om g&d mee te produseer
Kapitaal, entrepreneurskap, natuurlike hulpbronne, arbeid
Kapitaal
Alle hulpbronne wat in die produksieproses as ‘n inset gebruik word om g&d mee te produseer
Vergoeding: rente
Arbeid
Alle verstandelike en fisiese inspanning wat in die produksieproses aangewend word om g&d te vervaardig
Vergoeding: salaris of loon
Natuurlike Hulpbronne
Gawe uit die natuur wat gewoonlik skaars is en maklik uitgeput kan word
Natuurlike hulpbronne word negatief beinvloed deur besoedeling
Vergoeding: huur
Entrepreneurskap
Vaardighede wat benodig word deur die persoon wat al die faktore kombineer en die risiko neem om ‘n sakeonderneming te begin
Verantwoordelik om die regte produksiefaktore, op die regte plek, op die regte tyd teen die regte prys te produseer
Vergoeding: wins
Direkte produskie
Produsente en verbruiker is dieselfde persoon
Indirekte produksie
Produsent en verbruiker is verskillende persone
Informele sektor
Verwys na alle sakeondernemings wat nie geregistreer is nie
Daar is geen amptelike rekords van hulle produksie, uitgawes en inkomste nie en dus kan nie by BBP van die land berekend word nie
Formele sektor
Verwys na al die geregistreerde sakeondernemings in die land
Slegs produksie in formele sektor word in ag geneem wanneer BBP bereken word
Openbare sektor
Sluit alle nywerhede en ondernemings in wat deur die regering besit en bestuur word
Privaatsektor
Alle nywerhede wat deur die privaat individue of groepe besit en beheer word
Semi- staat
(parastatale ondernemings)
ondernemings wat gedeeltelik deur die staat sowel as die privaat sektor besit wotd
Privatisering
wanneer ‘n onderneming in die regering se besit verkoop word aan privaat eienaars
Nasionalisering
Wanneer die regering, ondernemings in die privaat sektor oorneem
Primere sektor
Produksie aktiwiteite: betrokke by die ontginning en insameling van natuurlike hulpbronne
Sluit nie die verwerking van grondstowwe nie
Bv) vissery, mynbou en bosbou
Sekondere sektor
Produksie aktiwiteite: die verwerking of verandering van natuurlike hulpbronne na finale goedere of intermediere goedere
Bv) fabrieke wat goedere omskakel na finale goedere
Tersiere sektor
Produksie aktiwiteite: verspreiding van goedere en die voorsiening van dienste
Ook dienstesektor genoem
Aktiwiteite in Tersiere Sektor
1) Regeringsdienste (vullisverwyderings en hospitale)
2) Professionele dienste ( tandartse, regsgeleerdes)
3) Finansiele dienste (banke, versekeringsmaatskappye)
4) Groothandel en kleinhandel ( winkels, supermarkte)
5) Ondernemings in gasvryheid (restaurante, kroee, gastehuise)
Intermediere goedere
Halfklaar of tussentydse goedere
Goedere word aangewend as ‘n inset in die produksieproses ten einde finale goedere te produseer
Finale goedere
Goedere wat nie verder verwerk kan word nie
Word aangewend om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien
Dienste wat deur owerheid voorsien word
1) Openbare goedere (Gemeenskapsgoedere)
2) Kollektiewe goedere
3) Meriete goedere
Openare goedere en dienste (Gemeenskapsgoedere)
Nie Uitsluitbaar of mededingend in verbruik is nie
Almal kan daarvan gebruik
Kollektiewe goedere
Uitsluitbaar, fooie word gehef om goedere te gebruik
Meriete goedere
Ondervoorsien deur die privaatsektor maar noodsaaklik is om basiese behoeftes mee te bevredig
Spesialisasie
Vind plaas wanneer ondernemings en ander organisasies in die produksie van een produk spesialiseer
Arbeidsverdeling
Vind plaas wanneer elke werker in die onderneming spesialiseer in ‘n spesifiek taak binne die onderneming
Arbeidsintensiewe produksie
Ondernemings maak staat op handarbeiders en beskik nie oor baie gereedskap of masjinerie nie
Kapitaalintensiewe produksie
Sekere ondernemings maak gebruik van masjienerie, toerusting en gereedskap om te produseer
Indien ‘n onderneming staat maak om goedere te vervaardig deur slegs masjinerie en paar werkers
Verbruik
As iemand ‘n spesifieke diens aanwend om behoeftes en begeertes mee te bevredig
Kapitaalgoedere
Word gebruik om verbruikersgoedere en dienste mee te produseer
Word nie direk deur finale verbruiker benodig of gekoop nie, maar hulle is noodsaaklik in die produksieproses vir ander goedere
Bv) toerusting, masjienerie
Verbruikersgoedere
G&D wat geproduseer word om verbruikers se behoeftes en begeertes te bevredig en wat algemeen deur huishoudings/ individue verbruik word
Nie- duursame, duursame, semi- duursame goedere sowel as dienste
Onmiddelike verbruik
Indien die produk opgebruik of vernietig word wanneer iemand dit gebruik
Uitgestelde verbruik
Produk koop om behoeftes te bevredig wat oor en oor gebruik kan word met min of geen skade aan die produk nie
Geinduseerde verbruik
Afhanklik van die besteebare inkomste van die verbruiker
(afhanklik aan verbruiker se vlak van inkomste)
Outonome verbruik
Vind plaas al verdien die verbruiker geen inkomste nie
word aanvaar dat verbruiker gebruik maak van spaargeld, toelaes, lening om aan die lewew te bly
Ruilhandel
Het plaasgevind met surplus produksie waar goedere vir goedere verruil was
Bestaansekonomie: lede voorsien hulle eie behoeftes
Kommoditeite
Eerder grondstowwe as algemene goedere en sluit o.a. tee, suiker, koffie, koper, goud en alimunium in
Word in grootmaat op internasionale kommoditeitsmarkte verhandel
Handel
Moderne ekonomiee: produsente produseer slegs goedere wat hulle die beste kan produseer
Produsente verkoop surplusse vir geld
Handel vind plaas wanneer goedere vir geld verruil word
Markte
“n plek waar kopers en verkopers bymekaar kom ten einde g&d te verruil
Ruol vind plaas wanneer g&d aan verbruikers beskikbaar gestel word, en verbruikers hierdie g&d koop
Hoef nie noodwendig ‘n fisiese plek wees nie, kan virtueel wees
Groothandelsmarkte
Markte wat produsente en kleinhandelaars met mekaar verbind
Sakeondernemings berg goedere in groot hoeveelhede wat by produsente aangekoop word, en verkoop dit weer in kleiner hoeveelhede aan kleinhandelaars
Groothandelaars: tussenganger/ middlepersoon, word beskuldig dat hulle pryse onbillik verhoog
Kleinhandelmarkte
Markte wat verbruikers en kleinhandelaars verbind
Verbruikers hetsy binneland of buiteland, is die vernaamste bevoordeeldes van hierdie markte
Staan ook bekend as verbruikersmarkte
Goedere wat vir eindgebruik gereed is, word verhandel
Verbruikers stuur seine
Produsente hou noukeurig dop wat die verbuiker koop en hoe hulle hul geld bestee
Kyk na vraag van verbruiker
Produsente kan hulle produksie na gelang van die vraag na hulle produkte aanpas
Verbruikers reageer
Verbruikers se invloed op prysvasstelling is minder ooglopend
Goedere se pryse is gewoonlik klaar vasgestel
Reageer deur minder te bestee indien g&d van swak gehalte of te duur is
Dienstemark
Dienste word binnelands sowel as internasionaal verkoop en aangekoop
Dienste word deur verbruikers, produsente en openbare sektor aangekoop
Grootlik dieselfde eienskappe as kleinhandelsmarkte wat vraag, aanbod en pryse betref
Dienstemarkte maak egter eerder op doeltreffende kommunikasienetwerke as vervoernetwerk staat
Menseregte
Daardie regte waarop elke lewende mens geregtig is
Fundmentele regte
Sluit burger-, politiek-, en ekonomiese regte in
Burgerregte
Sluit regte soos gelykheid voor die reg en vryheid van spraak in
Politiek regte
Sluit regte soos om aan ‘n politieke party te behoort en die reg op gereelde en vrye verkiesings in
Ekonomiese regte
Sluit regte soos die reg om enige beroep, ambag of proffesie te beoefen en die reg om vaste eiendom te besit in
Suid- Afrikaanse Grondwet
Die oppergesag van die land. Niemand kan die wette soos hierin vasgele is, verander nie en niemand is bo die gereg geag nie
Grondwet omsluit die Handves van Menseregte, met aanvaarding van die Grondwet, het Suid- Afrikaners regte verkry wat voorheen van hulle weerhou is
Die reg op bevrediging van basiese behoeftes
Alle mense het ‘n basiese behoefte vir kos, skuiling, gesondheid, sonder hiervan kan hulle nie lewe nie
Hoofdoel van alle ekonomiese aktiwiteite moet dus wees om soveel moontlike mense te voorsien van hierdie basiese oorlewingsbehoeftes
Selfbeeld
Alle mense het die reg om respek, erkenning, waardighede en ‘n toekoms
Vryheid
Alle mense het ‘n basiese menslike reg om vry van armoede, onkunde en slawerny te wees
Reg tot billike arbeidpraktyke
Ons mag nie onbillik onslaan word nie en daar mag nie teen ons in die werksplek gediskrimineer word op basis van ras, geslag, ouderdom of nasionaliteit nie
Reg tot onderwys
Alle SAners het die reg op basiese onderwys, om vaardighede aan te leer en opleiding te kry, wat hull sal help om werk te kry en produktiewe lede van die ekonomie te word
Reg op gesondheidsorg en veilige lewensomstandigehede
Almal het die reg op veilige lewensomstandighede, goeie polisiemag en ‘n veilige onbesoedelde omgewing om in te leef
Toegang to ‘n basiese lewenstandaard
Die regering het hom verbind tot die verbetering van die lewensomstandighede en lewenstandaard van alle landsburgers en probeer om huise, pensioene, kos en gesondheidsorg aan almal te voorsien wat nie toegang het daartoe nie
Besoedeling
Die vrystelling wat in die natuurlike omgewing invloei as gevolg van menslike aktiwiteite, bo die vermoe van die omgewing om dit te absorbeer
A.g.v die word voedselproduksie benadeel, omdat die onstabiele weertoestande nie bevordelik vir gewasverbouing is nie
Buitensporige verbuik
Die mens se verbuik van die aarde se hernubare hulpbronne is omvangryk
Die natuurlike omgewing en die mense se ekonomie is 2 onderling verwante stelsels. As iets verander in die een, beinvloed dit die ander een
Berade om die omgewing te beskerm
Doel van Rio-beraad was om ooreen te kom oor strategiee en maatreels om die gevolg van omgewingsagteruitgang stop te sit en te keer
Doel van die Johannesburgse Beraad was om bindende oplossings vir volhoubare ontwikkeling te vind wat lande sou help om ekonomies te ontwikkel sonder om die planeet onherstelbaar te besoedel
Maniere om omgewingsprobleme te verminder, Groensbelasting
Die regering hef belasting op die produksie van g&d op die mate waartoe hulle die omgewing beinvloed
Maniere om omgewingsprobleme te verminder, Regeringsinmenging
Maatreels word in gestel om hoeveelheid besoedeling in lande te stop of te verminder
Maniere om omgewingsprobleme te verminder, Openbare optrede
Na gelang meer mense bewus word van die skade aan die omgewing begin hulle optree en deelneem aan programme om die skade wat gedoen is te herstel en om die omgewing om hulle te verbeter
Maniere om omgewingsprobleme te verminder, Nuwe tegnologie
Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die oog op die omgewing