Ekonomiese Groei & Ontwikkeling Flashcards
Welvaart
Die geakkumuleerde bates vir die skep van inkomste
Finansiële welvaart
Monetêre bates wat deur die deelnemers in die ekonomiese kringloop besit word
Kom voor in die vorm van kontant, beleggings, bankdeposito’s, lenings en aandele
Fisiese welvaart
Reële bates wat deelnemers in die ekonomiese kringloop besit
Grond, geboue, handelsvoorraad, masjinerie, meubels en klere
Nasionale welvaart
Wanneer fisiese welvaart + finansiële welvaart
Word slegs deur regering, produsente en verbruikers besit
Hoe vind welvaartskepping plaas
Welvaartskepping is ‘n langtermyn doelwit
Welvaartkan nie oor die korttermyn versamel word nie tensy dit geërf / gekenk/ gewen word
Welvaartskepping
Die proses waarwelvaart versamel word
Determinante van welvaartskepping: welvaartskepping deur lande
1) navorsing wat lei tot produksie van unieke goedere
2) beleggings in gehalte onderwys en opleiding
3) toename in menslike kapitaal
4) beleggings in infrastruktuur
5) internasionale beleggingsgeleenthede
Determinante van welvaartskepping: welvaartskepping deur individue
1) verbeterde onderwys en opleiding
2) spaar vir die toekoms
3) investerinig (koop van aandele)
4) appresiasie van bates
5) entrepreneurs aktiwiteite
6) geluk (luck)
Verdeling van welvaart oor die wêreld
Indien ‘n land ‘n tekort het aan menslike kapitaal sal hulle nie in staat wees om welvaart te versamel nie
Produksiefaktore is ongelyk oor die wêreld verdeel
Lande met ‘n lae BBP per capita het dus nie die vermoëns om welvaart te skep nie
Faktore wat bydra tot ongelyke verdeling van inkomste en welvaart
1) onderwys vlakke en naskoolse kwalifikasies
2) geografiese gebiede (stedelik meer as landelik)
3) sektor waarin die ekonomie funksioneer en gewerk word
4) peil van diensbillikheid
5) die mag van vakbonde om beter lone te beding
Ongelykheid kan deur verskillende metodes gemeet word
1) Quintile verhouding
2) Lorenz-kurwe
3) Gini- koëffisiënt
Quintile verhouding
Die bevolking word in 5 gelyke quintiles verdeel, ooreenkomstig met die inkomste wat hulle verdien
Die inkomste groep wat die minste verdien is aan die onderpunt en die wat die meeste verdien is aan die bopunt
Formule van Quintile verhouding
% inkomste verdien deur die hoogste 20% / % inkomste verdien deur die laagste 20%
Hoe groter die waarde van die Quintile verhouding, hoe groter is die aard van die ongelykheid wat ervaar word
Lorenz- kurwe
‘n Grafiese voorstelling van die kumulatiewe verdeling van inkomste in ‘n spesifieke land
Die Gini- koëffisiënt
Word bereken uit die inligting wat deur die Lorenz- kurwe verskaf word
Die Gini-koëffisiënt meet die presiese graad van ongelykheid wat deur die Lorenz-kurwe aangedui word
‘n Waarde tussen 0 en 1
Indien die inkomste volmaak gelyk verdeel is, is die Gini-koëffisiënt = 0
In die geval sal die Lorenz-kurwe saam smelt met die lyn van absolute gelyke verdeling en die gebied van ongelykheid daal na 0
Hoe hoër die waarde is, hoe groter is die mate van ongelykheid
Gini-koëffisiënt formule
A / A + B
Gini- indeks
Gini- koëffisiënt word vermeningvuldig met 100
Wissel tussen 0 en 100
Gebruike van die Gini- koëffisiënt
1) dui die verspreiding van inkomste tussen verskillende groepe van die bevolking aan en maak dit moontlik om vergelykings te tref tussen hierdie groepe ( inkomste is ongelyk versprei ooreenkomstig verdeel soos ras, ouderdom, geslag)
2) dui die tendens van inkomste- verspreiding met die verloop van tyd aan
3) word deur reisigers gebruik om die stand can die ekonomie te bepaal
4) Die BBP dui slegs die totale inkomste aan wat deur die kand verdien is oor ‘n sekere tydperk en neem nie in ag hoe dit onder landsburgers verdeel word nie, waar die Gini- koëffisiënt meer akkurate weerspieëling van die lewenstandaard van die bevolking vir ons bied
Verhouding tussen die Gini-koëffisiënt en die Lorenz-kurwe
Die Gini-koëffisiënt word bereken deur gebruik te maak van die Lorenz- kurwe
Die Gini-koëffisiënt = die area van ongelykheid soos aangedui deur die Lorenz-kurwe, gedeel deur die totale oppervlakte onder die gelykeverdelingslyn
Die Gini-koëffisiënt is ‘n nommer wat bereken word ten einde die mate van inkomste ongelykheid aan te dui
Dit is die ratio van die area tussen die Lorenz-kurwe, die lyn van absolute gelyke verdeling en die totale area van absolute ongelyke verdeling
Ekonomiese groei
Verwys na die toename in die produksiekapasiteit van die land
Word gemeet in reële BBP
Maak slegs gebruik van nominale BBP om pryse van ‘n relevante tydperk uit te druk
Reële Bruto Binnelande Produk
BBP waar die invloed van inflasie op nominale BBP in berekening gebring is en die syfers verander deur die indeks te defleer
Word vanaf basisjaar bereken
Ook bekend as BBP teen konstante pryse
Basisjaar (Verwysingsjaar)
Waar min tot geen prysveranderinge plaas gevind het nie
Huidige basisjaar 2015
Pryse word so konstant moontlik gehou vir die doeleindes van vergelyking
Hoe word die effek van inflasie in berekening gebring
Inflasie word uitgeskakel deur gebruik te maak van ‘n indeks: BBP-deflator
Die BBP- deflator word gebruik as maatstaf om inflasie vanaf die basisjaar uit te skakel
Waarom word nominale BBP nie gebruik om ekonomiese groei te meet nie
Verskaf nie ‘n ware beeld van ekonomiese groei nie
Dit maak nie voorsiening vir verhogings in die algemene prysvlakke nie