Die ekonomiese kringloop Graad 12 Flashcards
Ekonomiese kringloop (def)
Beskryf die voortdurende vloei van produksie, inkomste en besteding tussen die verskillende deelnemers in die ekonomie
Verskil tussen oop en geslote ekonomie
Oop ekonomie:
* Die buitelandse sektor is ‘n deelnemer in die ekonomie
* Uitvoere en invoere vind plaas in die ekonomie en buitelandse valuta word verdien
Geslote ekonomie
* Die buitelandse sektor is nie ‘n deelnemer in die ekonomie nie
* Land is selvoorsienend
* Uitvoere en invoere vind nie plaas in die ekonomie nie
Deelnemer (def)
‘n Sektor in die ekonomiese kringloop, ‘n ekonomiese entiteit, waar tussen inkomste, besteding en produksie vloei
Mark (def)
‘n plek waar kopers en verkopers bymekaarkom, hoef nie ‘n fisiese plek te wees nie, kan virtueel wees
Verskil tussen faktor mark en goedere mark
Faktor mark:
* Die mark waar huishoudings hulle produksiefaktore beskikbaar stel en waar produksiefaktore verhandel word
Goedere mark:
* Die mark waar produsente finale goedere (verbruikersgoedere) beskikbaar stel vir ander deelnemers en waar die verbruikersgoedere verhandel word
Komponente van ‘n ekonomiese kringloop
- Markte: sluit in die goedere-, faktor-, buitelandse valuta- en finansiele mark
- Vloeipatrone: Reele vloei: vloei van produksie ; Nominale vloei: vloei van inkomste en besteding
- Deelnemers: sluit in huishouding, produsente, owerheid en buitelandse sektor
2 sektor model (def)
beskryf die vloei van inkomste, besteding en produksie tussen slegs 2 deelnemers, naamlik huishoudings en produsente
Markte in die 2 sektor model
Goedere mark
Faktor mark
Finansiele mark
Hoof- en sub vloeie van 2 sektor model
- Nominale vloei: produsente vergoed huishouding d.m.v produksiefaktorvergoeding, huishoudings gebruik die inkomste om goedere en dienste aan te koop
- Reel vloei: huishoudings bied produksiefaktore aan op die faktormark, produsente neem die produksiefaktore in diens om goedere en dienste te vervaardig wat op goederemark beskikbaar gestel word en huishoudings koop produkte aan om in hul behoeftes te bevredig
Huishoudings (def)
groep mense/ individue wat saam ekonomiese besluite neem om hulle behoeftes te bevredig
Produsente (def)
vervaardig goedere en dienste in die ekonomie
Owerheid (def)
regering van ‘n land wat wet en orde handhaaf en verseker in ‘n land
Buitelandse sektor
ander lande wat deelneem in die land se ekonomie waar goedere en dienste ingevoer en uitgevoer word
Inspuitings (J)
vermeerder die totale geldvoorraad in sirkulasie
Die finansiele mark
die indirekte betrokke by die produksie van goedere en dienste, maar dien as ‘n verbintenis tussen deelnemers waar surplusfaktore sowel as tekorte aangegaan word
Verskil tussen kapitaalmark en geldmark
Kapitaalmark:
* Die mark waar vraag en aanbod van langtermynfondse onstaan
Geldmark:
* waar vraag en aanbod van korttermynfondse en -sekuriteite, gewoonlik minder as drie jaar onstaan
Direkte belasting
belasting op inkomste en welvaart en dus gehef op die inkomste van individue en die wins van produsente
Indirekte belasting
belasting wat gehef word op goedere en dienste
Besparings
inkomste wat deelnemers verkies om nie te bestee nie, maar op sy sit vir toekomstige gebruik
Bruto kapitaalvorming
geld wat besighede bestee wat hulle by verskillende finansiele instellings leen, of vorige besparings en lenings, en/ of ‘n nuwe uitgifte van aandele om kapitaalgoedere aan te koop
Buitelandse valuta mark
Die mark waar goedere en dienste uitgevoer en ingevoer en een geldeenheid vir ‘n ander verruil word
Dienste
‘n nie- tasbare aktiwiteit wat gelewer word, sodat individue hul behoeftes kan bevredig
Duursame goedere
hierdie produkte word oor en oor gebruik en kan jou behoeftes meer as een keer bevredig
Ekonomiese ewewig
die totale inspuitings in die ekonomie is gelyk aan die totale lekkasies uit die ekonomie uit
J=L (S+T+M=I+G+X)
nominale vloei
vloei van produksiefaktor vergoeding, besteeding en inkomste in die ekonomie (geldvloei)
Invoere (M)
goedere wat vanaf die buiteland na die binneland ingevoer word
Kapitaalgoedere
enige mengemaakte hulpbronne wat gebruik word in die produksieproses om nuttige g & d te produseer
Lekkasies (L)
veroorsaak dat die totale geldvoorraad in sirkulasie afneem
Nie - duursame goedere
goedere word saam met die verbruik daarvan vernietig
oop ekonomie
sluit die buitelandse sektor in en staan ook soms as die ‘n vier- sektor model bekend
Oordragbetalings
vind plaas sonder enige ekonomiese teenprestasie
(subsidies en toelaes)
Openbare goedere (gemeenskapsgoedere)
goedere wat gratis deur die owerheid voorsien word, verbruik hiervan is nie- mededingend en nie- uitsluitbaar
Owerheid
die deelnemer wat wet en orde handhaaf en verseker in die land en voorsien openbare goedere
Owerheids besteding (G)
vir die indiensname van produksiefaktore wat deur huishoudings besit is of aan goedere en dienste wat deur produsente geproduseer word
Produsente
vervaardig goedere wat op die goederemark aangekoop kan word
Produksiefaktore
die basiese insette wat gebruik word om goedere en dienste te vervaardig
arbeid, entrepreneurskap, kapitaal en natuurlike hulpbronne
Reele vloei
Vloei van goedere en dienste (fisiese goedere) en produksiefaktore
Semi- duursame goedere
goedere wat ‘n rukkie hou, maar na ‘n kort tydperk vervang moet word
Subsidies
betalings wat deur die owerheid uitgereik word na produsente en verbruikers, sonder enige teenprestasie, ten einde pryse van goedere te verlaag
Uitvoere (X)
goedere wat vanaf die binneland na die buiteland uitgevoer word
Verbruikers besteding (C)
Besteding van verbruikers aan goedere en dineste om hulle behoeftes te bevredig
Verbruiker
‘n enkele besluitnemingseenheid wat geld op verbruikersgoedere spandeer om in hulle basiese behoeftes te voorsien
Wat is dubbeltelling
Vind plaas wanneer die waarde van intermediere gpedere by die finale goedere gevoeg word, wat veroorsaak dat die nasionale rekeninge ‘n verkeerde hoër somtotaal weerspieël
Bruto Waarde Toegevoeg (BWT)
die waarde wat by elke stadium toegevoeg word
die som van al die items bo dit
Indirekte belasting vorme
Aksynsbelasting
BTW
Doeanebelasting
Omskakeling van basiese pryse na mark pryse
om basiese pryse na markpryse om te skakel word belasting op goedere bygetel en subsidies op goedere afgetrek
Hoekom word belasting bygetel by markwaarde
dit verooraak dat die markwaarde van goedere MEER word
Hoekom word subsidies by markwaarde afgetrek
dit veroorsaak dat die markwaarde van goedere MINDER word
dus goedkoper om te produseer/ aan te koop
Uit wat bestaan netto bedryfsurplus
wins, huur en rente
verwys na syfers wat voorkom voordat aftrekkings gemaak is
Faktorpryse
vergoeding van arbeiders + Netto bedryfsurplus + verbruik van vaste kapitaal
Omskakeling van faktorpryse tot basiese pryse
belasting op produksie bygetel word terwyl subsidies op produksie afgetrek word
Omskakeling van bruto binnelandse besteding tot nasionale syfers
inkomste verdien deur Suid Afrikaners in ander lande bygetel terwyl inkomste betaalbaar aan ander landsburgers afgetrek word
Die nasionale rekeninge
meet die BBP deur gebruik te maak van 3 metodes en dit is ‘n belangrike bron van inligting aangaande die toestand van die ekonomie van die land
Waar & wie word die nasionale rekeninge gepubliseer
Die nasionale rekeninge word deur die SARB voorberei en in die Kwartaalikse Bulletin van die reserwebank gepubliseer
Gebruike van die nasionale rekeninge
1) word as ‘n aanwyser gebruik ten einde die vlakke van ekonomiese aktiwiteite binne ‘n land te meet
2) Bepaal die lewenstandaard van ‘n spesifieke land deur te bepaal hoeveel g & d aangekoop word
3) Word gebruik om die welvaart van verskillende lande met mekaar te vergelyk
4) word gebruik om ekonomiese groei van een jaar tot ‘n volgende te meet
BBP (bruto binnelandse produk)
verwys na alle finale goedere en dienste wat binne die grense van ‘n land vervaardig word, oor ‘n sekere tydperk, gewoonlik een jaar
Verskil tussen Nasionale BBP en Reële BBP
Nominale BBP:
* Inflasie is nog nie in berekening gebring nie
* maak gebruik van pryse wat gedurende die jaar voorkom
Reële BBP:
* waarde is aangepas vir prystoenames en inflasie is dus in berekening gebring
* Reële BBP word uitgedruk in terme van die basis jaar
Basisjaar
‘n jaar waar min fluktuasies of prysveranderinge plaasgevind het
BBP deflator
‘n maatstaaf wat gebruik word om die waarde van die BBP te bereken sonder dat inflasie ‘n invloed daarop het
Basiese pryse
verwys na die suiwer produksiekoste wat deur produsente aangegaan word om ‘n uitset te produseer
Belasting op produkte
Indirekte belasting wat op goedere gehef word
Belasting op produksie
Belasting op produksieproses gehef, sonder enige verbintenis met ‘n spesifieke produk
Bestedingsmetode
die totale geldwaarde van besteding aan finale goedere en dienste binne die grense van ‘n lande oor ‘n sekere tydperk, gewoonlik een jaar
Bruto Nasionale Produk (BNP)
Die geldwaarde van alle finale goedere en dienste wat deur permanente inwoners van ‘n land vervaardig word, oor ‘n sekere tydperk, gewoonlik een jaar
Inkomste metode:
meet die totale geldwaarde van vergoeding wat eienaars van produksiefaktore ontvang, in ‘n bepaalde tydperk vir produksiefaktore wat aangewend word in die produksieproses
Residuele items
(resitems) balanseerde item bygelas om alle foute en weglatings voorsiening voor te maak
Produksiemetode
meet die BBP deur die volume wat geproduseer is in geldwaarde te bereken
Die makro ekonomiese vermenigvuldiger
stel dat ‘n toename in aanvanklike besteding aanleiding gee tot ‘n groter toename in nasionale inkomste
herbestedingseffek
op die beginsel dat die besteding van een persoon die inkomste van ‘n ander persoon is, die proses herhaal homself
die huishoudings neem self ekonomiese besluite
- wat om te verbruik
- wat om te spaar
produksie = inkomste = besteding
- produksie het die vermoe om inkomste te skep indien goedere verkoop word
- aangesien produksie inkomste skep, kan daar aangeneem word dat inkomste altyd gelyk sal wees aan produksie
ewewig in die ekonomie
- as al die inkomste van verbruikers spandeer word, sal daar geen aansporing wees om meer te produseer nie
- indien die ekonomie nie meer in ewewig is nie is daar aansporing vir verbruikers om gedrag te verander
- ekonomie is in ewewig as inkomste (Y) = besteeding (E) of as lekkasies (L) = inspuitings (J)
- word aangedui deur ‘n 45 grade lyn
ekonomie is nie in ewewig nie
- indien Y>E of Y<E
- indine besteding meer is as inkomste sal daar geen surplusvoorraad beskikbaar wees en produsente sal dus meer moet produseer
- aanleiding gee vir gedrag om te verander
doel van die vermenigvuldiger
om te verduidelik hoe nasionale inkomste bereken word
* model fokus slegs op 2 sektore
Basiese aannames wat gemaak kan word oor die vermenigvuldiger
- di ekonomie bestaan slegs uit huishoudings en produsente
- daar is nie ‘n owerheid nie, daarom kan die model nie gebruik word om belasting te meet nie
- daar is nie ‘n buitelandse sektor nie daarom kan die model nie die wisselkoers of handelsbeleide analiseer nie
- pryse word gegee, daarom word inflasie nie gebruik nie
- lone word gegee daarom kan die model nie die arbeidsmark bestudeer nie
Verbruikersfunksie (C)
die verhouding tussen verbruikersbesteding deur huishoudings en die totale inkomste
- dui die vlak van besteding by elke inkomste vlak aan
eienskappe van verbruik (C)
- verbruik neem toe soos wat inkomste toeneem
- verbruik is positief al is die inkomste nul
- wanneer inkomste toeneem sal verbruik ook toeneem maar die toename in verbuik is minder as die toename in inkomste
verbruik word verdeel in 2
- outonome verbruik (C met kappie) onafhanklik van inkomste
- geinduseerde verbruik (cY) afhanklik van inkomste (aangedui deur helling) (c simbool verteenwoordig mvg)
die marginale verbruikersgeneigdheid
(mvg) dui die proporsie waarmee verbruik sal vermeerder indien daar ‘n toename in inkomste is
mvg = verandering in C / verandering n Y
kan nooit meer as een wees nie, want toename in verbruik nie meer kan wees as die addisionele inkomste nie (tussen 0 en 1)
marginale spaargeneigdheid (msg)
- alle inkomste word of spandeer of gespaar
- spaargeld kan gedefinieer word as geld wat nie bestee word nie (Y= C+S)
- msg dui die gedeelte aan wat verbruikers sal spaar van alle addisionele inkomste wat verdien word
- msg + mvg = 1
- msg = verandering in S / verandering in Y
Investeringbesteding (I)
- totale besteding = fianle C en I (investeringbesteding deur produsente)
- I is meer onvoorspelbaar en varier meer
- I is dikwels oorsaak van fluktuasies in ekonomie
- I is nie primer afhanklik van die inkomste nie
- dus is I outonoom van aard
die vermenigvuldiger
- toename in aanvanklike besteding in ekonomie lei tot ‘n groter toename in nasionale inkomste
- word gebaseer op beginsel dat besteding van een persoon die inkomste van ‘n ander is
- dui die bedrag waarmee die verandering in aanvanklike besteding vermenigvuldig word om die verander in inkomste in ekonomie te verteenwoordig
- alfa simbool
- direkte verhouding tussen K en mvg
- indirekte verhouding tussen K en msg
die vermenigvuldiger effek
- die effek van aanvanklike besteding lei tot ‘n groter toename in nasionale inkomste van die land
- meet dus die laaste uitwerking van die aanvanklike besteding wat plaasgevind het
formules vir K
- alfa simbool = 1/ 1-mvg
- alfa simbool = 1/msg
- K= verandering in Y/ verandering van J