Elastisiteit Flashcards
Elastisiteit
- Meet die gevoeligheid van ‘n afhanklike veranderlike op verandering in die onafhanklike veranderlike
- Kan grafies of wiskundig voorgestel word
- Dit toon aan dat daar ‘n oorsaak en effek verhouding tussen 2 veranderlikes ontstaan
Onafhanklike veranderlike
‘n Veranderlike wat ‘n ander veranderlike in die model beinvloed
Afhanklike veranderlike
‘n Veranderlike wat deur ‘n ander veranderlik in die model beinvloed word
Pryselastisiteit van vraag
- verwys na die gevoeligheid van vraag in die geval van ‘n verandering in prys
- Die wet van vraag bepaal die aanames wat gemaak kan word aangaande prysveranderinge en die hoeveelheid aangevra
Wet van Vraag
Daar is ‘n indirekte verhouding tussen prys en die hoeveelheid aangevra
Absolute waardes
- Weens die inverse verhouding tussen prysveranderinge en vraag kan dit aanleiding gee tot negatiewe waardes wanneer die pryselastisiteit van vraag (Ed) bereken word
- Maak slegs gebruik van positiewe waardes
- Word aangedui deur twee strepe in simbool Ed
IEdI formule
% verandering van Qd gedeel deur % verandering in P
Relatief elastiese vraag ( Elastiese vraag )
- Hoeveelheid gevra word grootlike deur ‘n verandering in prys geaffekteer
- As pryse toeneem sal vraag afneem
- IEdI > 1
Onelastiese vraag (Relatief onelastiese vraag)
- Die hoeveelheid gevra reageer nie sterk op ‘n verandering in pryse nie
- Indien pryse toeneem sal die hoeveelheid aangevra met ‘n klein hoeveelheid afgeneem
- IEdI < 1
Perfek onelastiese vraag
- Die hoeveelheid aangevra reageer glad nie op ‘n verandering in prysvlakke nie
- Ongeag of pryse toeneem of afneem die verbruiker sal steeds bereid wees om daarvoor te betaal of aan te koop
- gewoonlik in die geval van NOODSAAKLIKHEDE
- IEdI 0
Perfek elastiese vraag
- Die vraag na goedere en dienste verander soos wat die prysvlakke verander
- Indien die pryse toeneem sal die vraag daal na NUL
- IEdI infinity
Eenheidselastisiteit (vraag)
- Die hoeveelheid aangevra verander met prsies dieselfde hoeveelheid as wat die prysvlakke verander
- IEdI 1
Determinante wat prysverandering van vraag beinvloed
- Die beskikbaarheid van substituut goedere
- Die inkomste en welvaart van die verbruiker
- Die aard van die produk
- Duursaamheid van die produk
- Duursaamheid en uniekheid van produk
- Relatiewe belangrikheid van artikel in die totale uitgawes v. d. verbruiker
- Moontlike gerbuike van die produk
- Die noodsaaklikheid van produk
- Die verbruikers se afhanklikheid van produk
- Die invloed van tyd
Pryselastisiteit van aanbod
- Word omskryf as die aanduiding van die gevoeligheid van die hoeveelheid aangebied vir enige prys verandering van ‘n produk
- Es
- Dus wat gebeur met die hoeveelheid aangebied indien daar ‘n verandering in prys is
Wet van Aanbod
- Direkte verhouding tussen prysveranderinge en die hoeveelheid aangebied
Relatief elastiese aanbod (elastiese aanbod)
- Die hoeveelheid aangebied is groter as die persentasie verandering in die prys
- Produsente kan die uitset verhoog sonder ‘n toename in koste / vertraging in tyd
- As pryse toeneem sal die hoeveelheid aangebied afneem
- Es >1
Onelastiese aanbod (Relatief onelastiese aanbod)
- Die % verandering in die hoeveelheid aangebied is kleiner as die % verandering in prys
- Es < 1
- DIe onderneming vind dit moeilik om oor die kortermyn ( kort periode) produksievlakke te verander
Perfek onelastiese aanbod
- % verandering in hoeveelheid aangebied reageer nie op vernader in pryse nie
- Es 0
Perfek elastiese aanbod
- % verandering in die hoeveelheid aangebied is geweldig gevoelig vir die prys verandering
- Es infinity
Eenheidselastisiteit van aanbod
- Die hoeveelheid aangebied verander met presies dieselfde hoeveelheid as wat prysvlakke verander
- Es 1
Determinante van die elastisiteit van aanbod
- Tydverloop
- Prysverwagtinge
- Arbeid en tegnologie
- Voorraadvlakke van finale- en intermediere goedere
- Mobiliteit van substitute
Korttermyn (aanbod)
Produksietydperk waar slegs die veranderlike produksiefaktore verander
Langtermyn (aanbod)
Produksietydperk waartydens alle faktore kan verander hetsy veranderlik/ vaste faktore
Eenheidskoste (aanbod)
Koste per eenheid/ produk wat vervaardig word
Kapitaalintesiewe produksie (aanbod)
Produksie geskied hoofsaaklik deur gebruik te maak van masjienerie
Arbeidsintensiewe produksie
Produksie geskied hoofsaaklik deur gebruik te maak van hande arbeid
Kruiselastisiteit van vraag
meet die gevoeligheid van die hoeveelheid gevra na produk X in verander van prys van ‘n verwante produk Y
Ec
Verwante produkte
verwys na ‘n verhouding in die vorm van komplimentere en substituut goedere
Komplementere goedere
Goedere wat gesamentlik aangewend word om in die behoeftes van die verbruikers te voorsien
Verhouding van komplimentere goedere
indirekte verhouding tussen die prys van een produk en die hoeveelheid aangevra van die komplimentere produk
Nou verwante komplimentere goedere
‘n Klein afname in die verandering van prys van produk X lei tot ‘n groter toename in die hoeveelheid aangevra van produk Y
Swak verwante komplimentere goedere
‘n Groot afname in die prys van produk X lei tot ‘n klein toename in die hoeveelheid aangevra van produk Y
Substituut goedere
Goedere wat as alternatiewe aangewend kan word om dieselfde behoeftes van die verbruiker te bevredig
Verhouding in substituut goedere
direkte verhouding tussen die prys van produk X en die hoeveelheid aangevra van produk Y
Nou verwante substituut produkte
‘n Klein toename in die verandering in prys van produk X sal lei tot ‘n groter toename in die hoeveelheid aangevra van produk Y
Swak verwante substituut goedere
‘n Groot toename in die verandering van prys in produk X sal lei tot ‘n klein toename in die hoeveelheid aangevra van produk Y
Selfstandige goedere
goedere waar daar geen verwantskap tussen hierdie goedere is nie
Prysveranderinge van een produk het geen invloed op die aanvraag van ‘n ander produk nie
Ec formule
% verandering in die hoeveelheid aangevra van produk X gedeel deur die % verandering in prys van produk Y
Es formule
% verandering in die hoeveelheid aangebied gedeel deur die % verandering in prys
Kruiselastisiteit van vraag, ons maak nie gebruik van absolute waardes nie
- Positiewe waardes: substituut goedere
- Negatiewe waarde: komplimentere goedere
- NUL : selfstandige goedere
Inkomste elastisiteit van vraag
Toon die gevoeligheid van markvraag vir ‘n verandering in die reele inkomste van verbruikers aan
Ey
Veranderlike goedere
Word verdeel in normale goedere en minderwaardige goedere
Reele inkomste (Ey)
- Verwys na die verbruikers se besteebare inkomste
- weerspieel die hoeveelheid goedere en dienste wat hy/ sy kan aankoop met beskikbare fondse
Normale goedere
- Aanvraag hou direk verband met die reele inkomste van ‘n verbruiker
- Dus is normale goedere en inkomste van verbruiker direk verwant aan mekaar
Normale noodsaaklike goedere
- die % verandering in hoeveelheid aangevra is minder as die % verandering in inkomste
- basiese behoeftes waarsonder verbruikers nie kan lewe nie
- IEyI > 0 maar < 1
Normale luukse goedere
- Die % verandering in die hoeveelheid aangevra is meer as die % verandering in inkomste
- IEyI > 1