Die sakesiklus Graad 12 Flashcards
Sakesiklus
die voortdurende verandering in ekonomiese aktiwiteite en word gekenmerk deur ‘n aanhoudende patroon van inkrimping en uitbreidings in produksie, inkomste en besteding
Die aard van sakesiklusse
- verandering in ekonomiese aktiwiteite is herhalend maar nie periodies nie
- aanstekers of gebeure wat uitbreidings en inkrimpings in elke sakesiklusse inisieer is nie presies dieselfde nie
- die duur of lengte en die amplitude is verskillend in elke sakesiklus en daarom is 2 sakesiklusse nooit presies dieselfde nie
kenmerke van die sakesiklus
- 2 periodes; opswaai en afswaai
- 4 fases; herstel, voorspoed, resessie, depressie
- 2 draaipunte; trog en piek
Inkrimpingsfase
dui daarop dat daar ‘n afname in ekonomiese aktiwiteite is
Daar word dus aangeneem dat die ekonomie stagneer
Uitbreidingsfase
dui daarop dat daar ‘n toename in ekonomiese aktiwiteite is
Dus kan daar aangeneem word dat die ekonomie herste
Piek
- die boonste draaipunt van die sakesiklus. Die punt waar ekonomiese uitbreiding op sy hoogste is
- word gevolg deur ‘n periode van inkrimping
Trog
- die onderste draaipunt van die sakesiklus. Dit is die punt waar ekonomiese inkrimpings op sy laagste is
word gevolg deur die periode van uitbreiding
Voorspoed fase
- dis waarskynlik dat die ekonomie volle indiensname van geskoolde arbeiders ervaar (lone, invoere en winste neem vinnig toe)
- oorverhitting word aangedui deur inflasie wat teen ‘n snel pas toeneem
- verbruik en investering in hoof en so is belastinginkomste
volg herstel fase. - ‘n fase van voorspoed of oplewing waar ekonomiese aktiwiteite vinnig begin toeneem
Herstel fase
- nasionale inkomste neem toe wat in ruil weer nasionale besteding aanmoedig
- werkloosheid onder geskoolde werkers neem af
- C, I, en M begin toeneem
die verwagting raak positief - die gedeelte van die uitbreidingsfase wat direk na die trog voorkom, ekonomiese aktiwiteite begin stadig toeneem
Resessie fase
- die produkdie, inkomste, investeringbesteding en belastinginkomste daal
- looneise is matig en inflasie neem geleidelik af
- die eerste periode van die afswaaifase, waar die land se ekonomie vir 2 opeenvolgende kwartale negatief groei
Depressie fase
- die sentiment is negatief en bankrotskappe is hoër gewoonlik
- ekonomiese aktiwiteite daal tot lae vlakke, werkloosheid is baie hoog en verbruik, investering en invoere is laag
- deflasie kom sigbaar voor
- die ekonomie groei vir 4 opeenvolgende kwartale negatief
Reële sakesiklus
- word verkry wanneer die uitwerking van die seisoene, ongereelde gebeure, en die langtermyn groeitendens uit die tydreeksdata wat gebruik word om die sakesiklus te beskryf
- die punterige styl van die sakesiklus dui ‘n werklike sakesiklus aan
- die felheid van die sakesiklus word gemeet deur die amplitude
Kitchin sakesiklus
- duur tussen 3-5 jaar
- word veroorsaak deur aanpassing van die onderneming se voorraadvlakke
Juglar sakesiklus
- duur tussen 7 - 10 jaar
- word veroorsaak deur verandering in netto investerings van die onderneming en owerheid
Kuznets sakesiklus
- duur tussen 15- 20 jaar
- word veroorsaak deur verandering in die bou - en konstruksiebedryf
Kondratieff sakesiklus
- 50 + jaar
- word veroorsaak deur tegnologiese innovasie, oorloë, ontdekking van nuwe neerslae hulpbronne
Ekstrapolasie
data uit die verlede wat gebruik word om vooruitskattings te maak oor die toekoms, gebaseer op aannames verwant aan die neigings
word soms gebruik om aandeel pryse in toekoms te voorspel
Amplitude
die verskil tussen die waarde van totale uitset tussen die piek en trog gemeet van die tendenslyn tot die piek en trog
Amplitude toon 2 dinge
- die krag van onderliggende magte, bv) rentekoerse, uitvoere/ verbuikersbesteding. (‘n groter amplitude gedurende die opswaai toon sterk onderliggende magte wat lei tot langer siklusse)
- die omvang van verandering ( hoe groter die amplitude, hoe groter die verandering)
Tendenslyn
- toon die algemene rigting waarin die indekse beweeg wat gebruik word in die sakesiklus
- het normaalweg ‘n positiewe helling omdat die produksiekapasiteit van die ekonomie toeneem oor tyd
- kanale word gevorm as produksie - uitset voortdurend hoër draaipunte bereik
Lengte
- word gemeet van piek tot piek of trog tot trog
- langer siklusse toon sterkter
- siklusse mag verbyskiet wat die effek het dat sommige saamgestelde aanwysers toeneem bo sy normale vlak
Bewegende gemiddeld
- metode bereken herhaaldelik ‘n reekd verskillende gemiddelde waardes saam met ‘n tydreeks om ‘n gladde kromme te lewer
- word gebruik om die veranderinge in ‘n tydreeks te ontleed oor ‘n sekere tyd periode
- om die effek van skerp fluktuasies in die sakesiklus te elimineer, kan ekonome bewegende gemiddeldes gebruik om sakesiklusse glas te stryk sodat dit as ‘n reguit of effens geboogde lyn lyk
bewegende gemiddeld formule
data reeks / aantal jare
leidende aanwyser
- verander voordat die ekonomie verander
- die aanwyser gee verbruiker, produsente en beleidmakers ‘n aanduiding van waarheen die ekonomie op pad is
voorbeelde: vakatures, advertensiespasie, voorraadvlakke, verkoopsverhouding
Sloerende aanwyser
- verander van rigting nadat die sakesiklus verander het
- bevestig die gedrag ban die samevallende aanwyser
- voorbeelde: waarde van groothandel van masjinerie
Samevallende aanwyser
- beweeg saam met die ekonomie
- dui die werklike stand van die ekonomie aan
- voorbeelde: die waarde van kleinhandelverkope
Saamgestelde aanwyser
- die samevallende aanwyser is ‘n groepering van verskeie aanwysers van dieselfde soort tot ‘n enkel waarde
die enkelsyfer verteenwoordig die norm van ‘n land se ekonomiese prestasie
eksogene benadering (monetaristiese)
verwys na faktore buite die ekonomie wat aanleiding gee tot fluktuasies
Wat glo monetariste?
-Die klassieke monetariste glo dat markte inherent (natuurlik) stabiel van aard is.
-Die benadering word ook die sonvlektoerie genoem.
-Hierdie ekonome over aan dat eksogene redes aanleiding gee tot periodes van afswaai en opswaai.
-Hierdie faktore is afkomstig van gebeure buite die ekonomie
-Hulle beskou fluktuasies in ekonomiese aktiwiteite as tydelik weens die eksogene
-Hierdie fluktuasies kom gewoonlik voor weens oneffektiewe owerheidsbeleide.
-Ondersteuners van die monetaristiese beleid glo daarin dat die ekonomie oorgelaat moet word aan markkragte.
-Dit gee aanleiding daartoe dat daar ‘n toename in geldvoorraad is, wat in ruil weer aanleiding gee tot veranderinge in pryse, produksie en besteding.
-Indien die ekonomie in disekwilibrium is sal markkragte die ekonomie terug bring na ewewig
Hoe werk die monetaristiese benadering?
• Wanneer die totale geldvoorraad in sirkulasie toeneem kan daar aanvaar word dat rentekoerse verlaag het.
-Dit beteken dat die bank teen ‘n laer koers by die sentrale bank geld kon gaan leen
-Die bank het dus meer geld om te leen en vra laer rentekoerse aan verbruikers.
-Verbruikers leen meer geld om te bestee (C) aan verbruikersgoedere
rentekoerse verhoog het.
-Wanneer die totale geldvoorraad in sirkulasie afneem kan daar aanvaar word dat rentekoerse verhoog het
-Dit beteken dat banke teen ‘n hoer koers by die sentrale bank geld geleen het
-Die bank het dus minder geld om te leen en vra ‘n hoer rentekoers (om hulle skuld te delg en om wins te maak).
-Verbruikers word ontmoedig om lenings aan te gaan en bestee (C) dus minder aan verbruikersgoedere.
Oorsake van die monetaristiese benadering (weerpatrone)
in Veranderinge in weerpatrone het ‘n negatiewe effek op die landbousektor en sal daarom die totale vlak van ekonomiese aktiwiteite beinvloed.
In die geval van droogte/koue sal die totale uitset vlakke inkrimp wat aanleiding gee tot
‘n afswaaifase in die ekonomie.
Gedurende reen/somer sal die totale uitset vlakke uitbrei wat aanleiding gee tot ‘n opswaaifase in die ekonomie.
Oorsake van die monetaristiese benadering (strukturele verandering)
Strukturele veranderinge kom voor wanneer daar oor die langtermyn ‘n verandering is in die ekonomiese struktuur van die land.
Die grootste strukturele verandering wat in Suid-Afrika kan plaasvind is om meer klem op die sekondêre sektor en die groei daarvan te plaas en daarna te beweeg na in tersiêre sektor.
Oorsake van die monetaristiese beleid (Rampe)
Sommige rampe het die uitwerking om alle lande negatief te beinvloed.
Onder andere: die September 11 terreur-aanval op die World Trade Center in New York; Tsunami (2004).
Covid19 sal ook as ‘n ramp beskou word omrede dit ‘n negatiewe uitwerking gehad het op alle ekonomiee in die wereld.
Oorake van die monetaristiese benadering ( onvanpaste regeringsbeleide en inmenging)
aanleiding gee tot fluktuasies.
Die monetariste glo dat die owerheid nie in die mark moet in meng nie omrede dit
Oorsake van die monetaristiese benadering (verandering in geldvoorraad in die land)
n Toename in geldvoorraad sal oor die korttermyn aanleiding gee tot ‘n opswaar in die ekonomie: oor die langtermyn gee hierdie toename aanleiding tot inflasie.
‘n Afname in geldvoorraad gee aanleiding tot in inkrimping in ekonomiese aktiwiteite.
Oorake van die monetaristiese benadering (skokke)
Skokke affekteer buitelandse direkte beleggings en ook die bestedingspatrone van verbruikers en produsente.
Skokke sluit o.a. die volgende in: oorloe: politieke verkiesings; drastiese toename in die prys van olie.
Oorsake van die monetaristiese benadering (tegnologiese innovasie)
Dit gee aanleiding tot grootskaalse investerings (kapitaalvorming).
Die produksievlakke van die produsente neem toe wat aanleiding gee dat hulle meer produksiefaktore in diens moet neem.
Huishoudings se besteebare inkomste neem toe wat aanleiding gee dat daar n uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite is.
Oorake van die monetaristiese benadering (psigologiese redes)
Die maniere waarop die sakesiklus die mense affekteer.
Wanneer mense ‘n opswaai verwag sal meer geld spandeer en geleen word.
Dit veroorsaak dat produsente ‘n toename in produksie ervaar en meer produksiefaktore in diens neem.
In vrees van ongunstige omstandighede sal mense minder begin koop en probeer om hulle skuld af te betaal.
Sakesiklus van monetaristiese beleid
Die dik tendenslyn dui aan dat die ekonomie inherent stabiel is.
Die tendenstyn toon die normale vooruitgang van “n groeiende ekonomie aan.
Beweging weg van die fendenslyn word deur eksterne faktore veroorsaak.
Wanneer eksterne kragte die ekonomie vanat die natuurlike roete dwing, bring markkragte dit terug na die natuurlike roete.
Wat is die endogene/keynesiaanse benadering?
Die endogene benadering verwys na faktore BINNE die ekonomie wat aanleiding gee tot fluktuasies (opswaai/afswaai).
Wat glo die Keynesiaanse?
Die Keynesiaanse glo dat die markte inherent (natuurlik) onstabiel is.
Die oortuiging wat hier gehandhaaf word is dat ekonomiese groei primêr die gevolg van die endogene oorsake en nie eksterne kragte is nie.
Die vlak van ekonomiese aktiwiteite oorskry en onderskry gereeld, maar onreelmatig, die “potensiële” groeipad van die ekonomie.
Die ekonomie neig om gedurig bo of onder sy potensiaal te presteer.
Prysmeganismes faal daarin om vraag en aanbod van goedere en dienste te koordineer nie en gee aanleiding tot opswaaie en afswaaie.
Pryse is nie buigsaam genoeg om afwaarts aangepas te word nie.
Hierdie fluktuasies gee aanleiding tot n sakesiklus
Die owerheid behoort in te meng ten einde die sakesiklus glad te stryk (effening van die sakesiklus)
Die sakesiklus is ‘n inherente eienskap van die markekonomie en indirekte verbintenisse (diskoers) tussen vraag en aanbod is normale eienskappe van die ekonomie.
Hoe werk die Keynesiaanse benadering?
Die Keynesiaanse ekonomie is gebaseer daarop dat die owerheid die vraag moet aanvuur ten einde ekonomiese groei te bewerkstellig.
Hulle glo dat verbruikersvraag die primère dryfkrag in die ekonomie is.
As ‘n resultaat ondersteun hulle die uitbreidende fiskale beleid.
Die nagevolg daarvan is dat dit aanleiding gee tot inflasionère druk.
Oorsake van die Keynesiaanse benadering
Monetére oorsake
Kommersiële (handels) banke en die Suid-Afrikaanse Reserwe bank speel ‘n belangrike rol in die hoeveelheid geld wat in sirkulasie voorkom.
Banke maak ‘n wins deur geld uit te leen.
Wanneer banke meer geld beskikbaar stel teen ‘n laer rentekoers kan hulle mense aanmoedig om meer geld te leen en bestedingsvlakke sal dienooreenkomstig toeneem.
Oorsake van die Keynesiaanse benadering
Regte redes
Entrepreneurs soek voortdurend vir nuwe, meer koste effektiewe metodes om goedere en dienste te produseer wat meer winsgewend van aard sal woes.
Nuwe tegnologie word dikwels bekend gestel as nuwe metodes wat mededinging gretig is om aan deel te neem
Dit veroorsaak “n kettingreaksie wat vraag, hoer pryse en meer mededinging in die mark
Oorake van Keynesiaanse benadering Veranderinge in Bruto Kapitaalvorming (I)
in Toename in investerings veroorsaak n toename in die reele BBP.
Dit veroorsaak dat die ekonomie in ‘n uitbreiingsfase in beweeg
in Afname in investerings gee aanleiding tot ‘n afname in produksie wat aanleiding gee dat die ekonomie in ‘n inkrimpingsfase in beweeg.
Oorsake van die Keynesiaanse benadering (verandring in aggregate vraag)
‘n Groot toename in enige komponent van aggregate aanbod sal aanleiding gee dat die ekonomie uitbrei
Bv) die ontdekking van nuw minerale sal elke sektor in die ekonomie stimuleer
Oorsake van die Keynesiaanse benadering (tegnologiese verandering en innovasie)
Die daarstelling van nuwe tegnologie en innovasie veroorsaak dat die totale vlak van ekonomiese aktiwiteite toeneem (uitbreidingsfase)
Die Keynesiaanse benadering (as sakesiklus)
*markte is inherent onstabiel en onewewig word veroorsaak weens faktore in die ekonomie self en word aangedui dur die dik sakesiklus
*die owerheid behoort in die mark in te meng
*afwyking van die tendenslyn word veroorsaak weens endogene faktore
*die tendenslyn dui stabiele ekonomiese groei aan
*deur direkte inmenging van die owerheid moet uiterste fluktuasies in die ekonomiese aktiwiteite uitgestryk word
Regeringsbeleide
*word geimplimenteer om te probeer verseker dat die sakesiklus gestabiliseer is en die boonste draaipunt en die onderste draaipunt nie te ver strek nie
* 2 maniere: monetere beleid en fiskale beleid
*regering se primere doelwit met die sakesiklusbeleide is om die beste moontlike groeikoers te behaal
* die gevaar om egter legs op groei alleen te fokus is dat inflasie kan insluip. Om inflasie teen te werk, sal indiensneming afgeskaal moet word
*die regering moet gevolglik beleid implimenteer ten einde sikliese skommeling glad te temper
Die monetere beleid
*verwys na die besluite wat geneem word deur die regering om die inflasiekoers en die hoeveelheid geld in sirkulasie te beinvloed
* die doelwit van die monetere beleid is om pryse te stabiliseer, totale indiensneming te verseker en groter ekonomiese groei te bewerkstellig
Komponente van die monetere beleid (repokoers)
- die koers waarteen die SARB geld aan kommersiele banke uitleen
*as banke ‘n algemene tekort aan fondse in die geldmark ondervind kan hulle deur die SARB geakkommodeer word waar hull toegelaat word om geld van die reposisiteem te leen
*Deur die repokoers te verhoog, word geld duurder vir kommersiele banke at dit weer by hulle kliente verhaal deur ‘n verhoogde rentekoers te hef
Komponente van die monetere beleid (Kontantreserwevereistes)
- die minimum reserwes wat banke verplig is om by die SARB te stoor
- die SARB word deur die Bankwet bemagtig om van tyd- tot - tyd die minimum kontantsaldo’s wat die banke moet hou aan te pas ten einde die geldskeppingsaktiwiteite van die bank te manipuleer
*handelsbanke moet ‘n sekere persentasie (2% minimum) by die SARB as reserwes behou om daaglikse ontrekkings te finansier
Komponente van die monetere beleid (Morele oorreding)
*die SARB kan gesprekvoering en oorreding gebruik om banke te oorreed om op ‘n gewenste wyse op te tree in terme van die heersnde ekonomiese omstandighede
Komponente van die monetere beleid (Morele oorreding)
*die SARB kan gesprekvoering en oorreding gebruik om banke te oorreed om op ‘n gewenste wyse op te tree in terme van die heersnde ekonomiese omstandighede