Globalisering Flashcards
Handelversperrings
Tariewe en kowtas wat deur die regering ingestel word om handel te voorkom of bemoeilik
Handelsblok
Groepering van lande om meer beheer oor die wereld se ekonomie te verkry
Internasionale Monetere Fonds (IMF)
Die IMF vergemaklik internasionale handel en bevorder ekonomiese samewerking veral t.o.v betalingsbalansprobleme
Wereldbank
gee finansiele hulp aan ontwikkelende lande
Algemene Oreenkoms oor Tariewe en Handel (AOTH)
is in 1947 deur 23 lande onderteken en is in 1995 opgevolg deur die WHO
Wereldhandelsorganisasie
Die WHO monitor internasionale handelsooreenkomste
Daar word van lidlande verwag om alle handel versperrings te verwyder
Absolute voordeel
‘n Land het ‘n monopolie op produkte of kan dit teen die laagste moontlike koste produseer
Hierdie lande is ook gewoonlik meer produktief as ander lande
Vergelykende voordeel
‘n Land is beter toegerus om ‘n produk te produseer as ander lande
Regionalisering (streekvorming)
Die hedendaagse tendens om ekonomiese integrasie deur die vestiging van ekonomiese samewerkende streke te bevorder
Globalisering
die afbreek van handel versperrings om die vrye beweging van g&d, arbeid en kapitaal te bevorder om globale ekonomies te vorm
Globalisering is die ekonomiese, politieke, maatskaplike, kulturele en omgewingsuitwerking op die wereld
Kenmerke van globalisering
1) die integrasie van globale ekonomiese aktiwiteite
2) ‘n wereldmark waar g&d vryelik tussen lande geruil word
3) handel is vryer na handelsversperrings soos tariewe en kwotas verwyder is
4) maatskappye word reuse multinasionale maatskappye (MNO’s) met takke regoor die wereld
5) die produksieproses van g&d vind op meer as een plek plaas
6) omdat hierdie reuse korporasie plaaslike ekonomiee kan beinvloed kan regerings nie meer in isolasie beleide vorm nie
7) toenemende samewerking tussen lande en streke waar handelsblokke gevorm word
Oorsake van globalisering
1) massa produksie & massa bemarking
2) ontwikkeling van IKT en globale inligtingstelsels
3) skaarsheid van hulpbronne
4) ontwikkeling van vervoer
5) vrye beweging van kapitaal, handel & beleggings
6) multinasionale onderneming (MNO’s)
7) internasionale kapitaalmarkte
8) regstreekse buitelandse investering
Oorsake van globalisering: massaproduksie & massabemarking
Soos lande geindustrialiseerd geraak het, het groot hoeveelhede produkte weens massaproduksie in die markte oorstroom
Dit het tot die ontwikkeling van massabemarkingstrukture gelei
Aspekte van massabemarking sluit die ontwikkeling van massiewe winkels, advertensies deur uitsaaitegnologie en gedrukte media in
Oorsake van globalisering: ontwikkeling van kommunikasietegnologie en globale inligtingstelsels
Die ontwikkeling van nuwe tegnologie, wat IKT insluit, het die manier waarop die wereld kommunikeer en sake doen verander
Die rekenaar, vinnige internetverbinding, e-pos en selfone het kommunikasie verbeter
‘n Geintegreerde wereldwye telekommunikasienetwerke wat ‘n belangrike rol speel om inligting te versprei, veral omdat die koste daaraan verbonde voortdurende goedkoper word
Internasionale reise wat verbruikers kennis oor wat beskikbaar is, uitgebrei het en gehelp het om wereldwye handel te bevorder
Oorsake van globalisering: skaarsheid van hulpbronne
Wereldhandel is die verkoop van g&d deur regerings, maatskappye en individuele regoor die wereld
Die rede vir wereldhandel is dat hulpbronne nie eweredig versprei is nie en ‘n enkele land is nie in staat om alles plaaslike te produseer nie
Oorsake van globalisering: Ontwikkeling van vervoer
Nuwe tegnologiee het oor die afgelope eeu op die gebied van vervoer ontwikkel en sluit snelwee regoor die wereld in
Oorsake van globalisering: Vrye beweging van kapitaal, handel & beleggings
As daar vryehandel is, is daar geen deoaneregte, subsidies of regulasies nie
Dikwels wil daardie nasies wat vryehandel vir almal bevorder, steeds hulle eie handel beskerm deur subsidies aan hulle eie nywerhede te gee
Oorsake van globalisering: Multinasionale ondernemings (MNO’s)
is groot sake ondernemings wat g&d in meer as een land en gewoonlik regoor die wereld produseer of versprei
Voordele van multinasionale ondernemings (MNO’s)
1) Dit is meer kostedoeltreffend om goedere naby jou mark te produseer as om ‘n voltooide produk in te voer
2) Goedere kan aangepas word om te voldoen aan die behoeftes van plaaslike markte
3) MNO’s kan werksgeleenthede verskaf aan plaaslike inwoners
4) G&D is goedkoper omdat sommige insetkoste laag kan wees
5) MNO’s dra by tot ekonomiese groei van gasheer lande
Oorsake van globalisering: Vrye beweging van kapitaal
Die gemak en spoed waarmee geld regdeur die wereld beweeg kan word, het dit moontlik gemaak om die wereldekonomie uit te brei deur byvoorbeeld nuwe vervaardigingstegnologie in ontwikkelende lande te finansier
Oorsake van globalisering: Ontwikkeling van tegnologie
Moderne tegnologie het gelei tot ‘n verandering in die manier waarop produksie plaasvind en vervaardiging bestuur word
Dit het ‘n direkte uitwerking op die mededingingendheid van sakeondernemings
Gevolge van globalisering
1) liberisering van handel
2) multinasionale ondernemings
3) standaardisering
Gevolge van globalisering: Liberalisering van handel
Beteken die verwydering van beperkings soos tariewe en kwotas
Drie ontwikkelings het tot die werklike vrymarking en stimulering van wereldhandel bygedra, naamlik
1) Die Algemene Ooreenkoms insake tariewe en handel(AOTH): het na 2de wereldoorlog begin. Daar was stelselmatige afskapping van internsionale handelsbeperkings en sruikelblokke ten einde handelsvolumes te vergroot. Die WHO het die rol in 1994 oorgeneem, hulle verseker dat ooreenkomste eerbiedig word en tree op as bemiddelaar in handelspute
2) Uitvoerbevordering: land het besef dat invoervervanging nie op sigself tot die gewenste peil van nywerheidsontwikkeling sou lei nie, omdat binnelandse koopkrag beperk was. Sedert dien het baie lande uitvoergerigte industralisasie sonder uitsondering op owerheidsbetrokkenheid begin toepas
3) Vryehandelsgebiede: dit is ‘n vorm van handelsintegrasie waarvan ‘n aantal lande alle handelsperkinge op g&d wat hulle onder mekaar verhandel, afskaf. Elkeen behou egter sy eie handelsbeperkinge met die res van die wereld. Vryehandelsgebiede het die effek gehad dat die totale volume handel in die wereld toegeneem het. Dis voordelig om vryehandel toe te pas omrede dit die produksiekapasiteit van ‘n land vergroot en aanleiding gee tot ekonomiese ontwikkeling